file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 4 months ago #35074 by Delucey
Kimika ons gaan more weer kliniek toe so ek hoop dan kry ons al die uitslae en sommer paar antwoorde ook!

oulike idee van die blik maar ek het nie want ek koop dit mos nie... :( Sal by vriendinne moet hoor om vir my te gee

Melinda ek stem saam met kitty.. ek doen wat vir my reg voel. Ek borsvoed nog vir Bianca so ek kan nie se hoeveel sy drink nie maar sy drink nog ook so in die middel van die nag (my ma gese ek moet dit skip) en ek het gese nee want dit werk vir my so... sal met 'n skreeuende kind sit wanneer ek haar afhaal einde van die winter. So as Kyle nie erg oorgewig is of iets nie kan ek nie sien hoekom jy hom minder moet laat drink nie en Kimika as Pietertjie tevrede is met minder is dit ook reg.

Kitty bianca se prevenar wat sy nou gehad het dink ek was 'n booster shot. sy het in totaal vier gehad (Eben ook toe hy klein was) hoeveel het Alex gehad?

Haha skies ek lag maar ek sien al hoe gooi hy al daai doeke af! Bianca sal dit ook doen... sy wil alewig self loop in die winkels en dan wil sy aan alles vat!

Ek is nou doodmoeg... het huis skoongemaak vandag... als blink nou! Kom vandag en more potensiele kopers na ons huis kyk... so hou duim vas!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #34574 by kittycat
Replied by kittycat on topic Re:*** Maart/April 2009 Mammas***
Sjoe Kimi, Pietertjie se al baie goed!!!?!!
Alex se gunsteling woord is broem-broem... enige ding wat roer is 'n broembroem..
Dan se hy daan maar hy bedoel eintlik "maan" . hy is heeltemal mal om na die maan te kyk! Ons het 'n maankyk sessie elke aand voor slaaptyd! :lol:
Dag se hy "da" soos as ek vir hom vra waar is die bal, dan se hy "da!" en wys vir my, en obviously se hy bal... :)
Delucey, sjoe ja ek kan net dink dat hierdie toetse 'n fortuin moet kos!!?
Ag Melinda, moenie worry nie. ;)
Ek voel al van Alex se geboorte af dat ek alles verkeerd doen.. Ek het nou besluit ek luister na niemand meer nie...!
Alex drink ook 800ml melk 'n dag. Hy is nie oorgewig nie, en hy like sy melk, so ek sal vir hom nog soveel melk gee totdat ek voel dis nie meer nodig nie. Hy eet al sy kos. So, ek sien nie 'n probleem met die melk nie.
Het toe vanoggend Dischem toe gepiekel vir die intentings. Nadat ek 'n uur moes wag, en Alex omtrent die hele Dischem ontwrig het (hy het al die "adult diapers" van die rak af gegooi...) toe se die suster die waterpokkies is uit voorrad uit, en hy het al klaar sy Prevenar op 9mde gekry?!! Huh??? :huh:
SO, lekker waste of time!
Kimi, hehe, Alex sal ook net blokkies speel en stacking doen as ek dit saam doen. Sodra ek ophou, dan hou hy ook op...!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #34361 by Kimika
Melinda ja ons kan seker nooit wen nie! :P

Pietertjie drink nou weer heeltemal te min.. soos gewoonlik! Die paed het gese hy moet vir sy ouderdom nie meer of minder as 600ml 'n dag drink nie. So hy kry 150ml so 11uur voor doedoe tyd (drink dit meestal nie op nie) Dan kry hy weer voor slaaptyd 150ml en weer iewers in die nag of vroeg oggend 150ml. So dis in totaal maar net 450ml! Maar sy se die melk oor sy pap en die kasies en yoghurt tel ook darem vir kalsium en hy love kaas en yoghurt :) Dis hoekom ek vir hom die Pediasure koop want dit het bietjie meer *volume* as net die gewone formule.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #34344 by Melinda_K
Hi daar,

Jong julle outjies praat al mooi, Kyle se nog net ta so ons het nog so entjie om te gaan.

Heh Kimika Kyle sit ook gereeld my computer af en ek het nie 'n laptop nie so ek moet heeltemal re-boot elke keer en wag vir die computer om weer aan te sit.

Se my hoeveel melk drink julle kleintjie nou. Kyle drink 800ml en ek was onder die indruk dat solank dit nie meer as 'n liter is nie is ons ok. Wel vanoggend met die suster by stork's nest gepraat en dit is blykbaar WAYYYY te veel.

Hy moet 500ml suiwel produkte inkry en die sluit in melk, yogurt en kaas. Ek gee nie vir kyle gereeld yogurt nie, so ek neem aan dit gaan gou verander!

dan se hulle ek moet sy middernag bottle vervang met water (hoeveel slaap dink julle gaan ek kry as ek dit doen....sug)

so sy oggend en middag bottle moet nou na 125ml toe gaan in plaas van 200ml...sug

Ek is so moedeloos voel as ek bly goed verkeerd doen waneer dit by my kiddie kom.

lekker dag vir julle.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #33960 by Kimika
Wanneer kry julle die resultate Delucey??

Pietertjie het vanoggend raas gekry oor die tik tik storie, hy het 2 keer my rekenaar afgesit terwyl ek bestellings plaas en oorbetalings doen!! En eenkeer die prop by die muur afgesit en ek het nie gesien die ding is pap nie !! :angry:

My sussie het my oulike idee gegee vir home-made speelgoed. Vat jou ou melkblikke (verkieslik die kleintjies). Sny dan 'n gat in die plastiek deksel en gee vir babie goedjies wat deur die gaatjie pas. Dit hou hulle lekker lank besig om die goedjies deur die gaatjie te manoevre en dit weer uit te kry!

Goggie babbel heeldag lank.. partykeer is dit heeltemal onverstaanbaar en klink asof hy sing :) Vandag het hy DIE HELE DAG LANK net biebie en miemie herhaal.. eish.. Maar anders as dit se hy al heelwat woordjies. Hy het nou verlede week appel en kaas begin se, en vra dan daarvoor as hy dit sien. Hy kan ook al blom en boom se en 'n paar van die honde se name :) En bad, uit, aan en bo. Ek leer hom die goedjies soos ons dit doen. En hy het nou tata vervang met baai :) baie snaaks! En as mens hom iets gee se hy da (dankie) Hy het nog nooit ta gese as hy iets wil he nie en ek het nogal gedink dis 'n redelike algemene ding :) O en hy het vanoggend 6uur dummy gese.. wil nog sien of hy dit weer regkry!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #33317 by Delucey
hallo Misha! Ja Bianca loop al so van 13 maande af... moet se sy vang nou lekker spoed. Te oulik.

ja Kimika die inspuitings kos mens 'n fortuin... maar my man wil niks weet van die government inspuitings nie... is tien teen een dieselfde ;)

Kitty ek het daai selfde probleem Bianca wil net op my skoot as ek hier sit en dan wil sy nog saam tik ook!

Ons weet nog nie wat die hele spul ons gaan kos met Eben se besoeke en toetse nie... wil liewer nie eers daaraan dink nie!!! :unsure:

Bianca speel ook maar min met wat ek wil he sy moet speel. Is baie lief vir haar beertjies en gee hulle drukkies en hou van papier. Probeer teken maar dit werk nog nie so lekker nie. En sy hou ook nogal daarvan om haar boekies deur te blaai. Hoeveel praat julle kiddies al? Bianca se nou nog net nee, mamma, hallo, tatta en klaar. (dan wys sy ook so met haar handjie) Sy probeer blom en blaar se maar kry dit nie heeltemal reg nie :) Boetie het op hierdie ouderdom al baie gepraat hehe

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #32754 by Kimika
Snaaks Kitty :) Ek en my man het net nou die dag 'n woordewisseling gehad toe ek se ek wil vir hom bietjie ander badgoed koop as net balle! Die kind moet darem bietjie bloodgestel wees aan diertjies en goggatjies en dinge ook! My man was gladnie beindruk nie ;) En hy broem broem ook net heeldag... maar ek moet se dat as ek met hom gaan sit en hom wys van blokkies en goedjies deur gaatjies druk dan sal hy dit doen, net nie baie lank nie en DEF nie op sy eie nie !

Hy het toe gisteraand 9:30 wakker geword en toe weer so 12uur en weer so 5:30 toe speel hy vir omtrent 'n uur, val langs my neer (ek ignoreer hom nou as hy so maak) en nou slaap hy nogsteeds .. ?? hehe

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account