Hi julle, skuus so skaars, maar was maar rof

.
Ai Delucey weet hoe jy voel, my man is hier en hy help eintlik baie maar ek cope nie...ons kom so laat by die huis en dan skarrel dit met kos maak, kinders bad, huiswerk doen, as ons ons weer kry is dit 10 uur en ons behoorlik flou en dan begin als weer van vooraf, en om als te kroon het ek en my hoofontvangs meisie ook vas gesit...vir 'n slag het ek my sê gesê, dat ek die arme vrou in trane gehad het...ek soos 'n regte b.i.t.c.h gevoel, anyway, opgekropte emosies. Maar als weer cool by die werk.
Luan slaap ook nie veel deur die dag nie, dan raak hy so mislik, eintlik van moegheid maar die wettertjie wil net nie slaap nie. Saans stoei dit voor hy slaap, hy erg klouerig, sy ou nukke weer van vooraf, huilerig en sommer net moeilik.
Delucey laat weet ons wat sê die bloedtoetse, hoop julle kry antwoorde jong, ek kry Eben so jammer, 'n vroutjie wat ek ken se dogtertjie 4 en sy sukkel ook so met haar, ook nog nie antwoorde nie, die ekseem kom en gaan net.
Ag julle nou wil ek julle iets hartseer vertel, by ons in die hospitaal lê baba dogtertjie ook 1 jaartjies oud, mangels laat uithaal en toe kry sy die RSV virus, sy omtrent al 'n maand in ICU en die longetjies word nie beter nie....ek kan nie ophou dink aan die dingetjie nie, BID vir haar dat sy sal herstel, dit breek my hart !