file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 4 months ago #32690 by kittycat
Replied by kittycat on topic Re:*** Maart/April 2009 Mammas***
Hello Julle
Aai, ek moes nou my hele post oortik, want Alex kom hammer mos altyd hier op my keyboard..!

Sjoe Kimika, dis duur!! Ek moes eintlik vandag vir Alex gevat het, maar ek is GLAD nie lus nie.. Ek het besluit 'n Maandag gaan te veel choas by Dischem wees...! So, maar weer uitgestel tot more.... :huh:

Ja, ek het gesien daai penthouse is so duur.. belaglik....!!

Hi Misha, lekker om van jou te hoor! :) Hoop dit gaan goed. Alex hardloop die hele huis vol. Ek hardloop soos 'n mal ding agter hom aan die heel dag.. Hy is 77cm en 10.8kg.

Delucey, sjoe nog bloestoetse!! Laat maar weet hoe dit gegaan het.

Aai julle, my mannetjie stel net nie belang in enige ander speelgoed as sy karre/treine/vliegtuie en balle nie.. Ek wil so graag he hy moet bietjie met sy blokkies of puzzles speel.. maar nee.. dis mos boring!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #32608 by Kimika
Goggie loop nog nie, ek dink hy sal eers op 15mnde :) Hy is nou 74cm en 8.65kg so hy is nou weer 'n maeretjie!

Delucey, ek betaal ook vir die goet.. nogal duur, die prevenar plus die ander ene wat ek gegee het was oor die R700. Ek weet gladnie wat die ander ene is nie, sal moet gaan lees op die papiertjie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #32604 by Misha
Hello Almal,

Ek is bly om soveel bekende name te sien! Ek dink ek het laas oor kersfees op PF iets gepost en toe hou ek mos op om voltyds te werk...

Dis nou die eerste keer dat ek weer asem skep en toe dink ek dat ek julle moet kom opsoek...

Hoe was almal se eerste verjaarsdae?

Xavier het darem sy waterpokkies inspuiting gehad en geen newe-effekte nie.

Hy is maar 'n klein / kort outjie. Almal dink hy is so 8 maande en kan nie glo hy is al 13 maande nie!

Loop julle outjies al?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #32547 by Delucey
Ag tog Kimika... ek moet se ek is met altwee my kinders nogal gelukkig - nie juis enige siek wees na die tyd nie. Maar ek gee nie die government inspuitings nie... dis die waarvoor mens betaal... weet nie of dit 'n verskil maak nie hehe ;)

Klink my nie almal spuit volgens dieselfde skedule in nie... al wat Bianca op een gekry het was die laaste Prevenar... en ek wag ook nog al die tyd vir die waterpokkies vir Bianca en dan moet sy mos nou op 15 maande gaan vir die MMR. Die suster het gese as ons nie die MMR wil gee nie moet sy die masels booster kry.

O en my vriendin se babatjie wat 'n week oud was het ook inspuitings gekry?? Bianca het haar eerstes (na die hospitaal se goete) gekry toe sy 6 weke was..

Ai julle hou duim vas dat ons na woensdag weet wat gaan vir wat... Eben lyk op die stadium of hy in die oorlog was so sleg is sy vel nou weer...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #32534 by Kimika
Ok so Pietertjie het mos nou Woensdag sy 1jaar inspuitings gekry. Behalwe die waterpokkies wat landwyd uit voorraad is. En hy was fine na die tyd en toe gister toe kry hy sy inspuiting simptome.. Shame, slap doek, koors, krampe en opgooi!! Terrible!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #31154 by Kimika
Delucey, ek het al gehoor van die teenliggaampies storie, maar ken nie die details nie... wag maar tot hulle jou regte antwoorde kan gee. Sterkte met die kids wat jou so besig hou!

Kitty, het jy ook 'n mail gekry oor One&Only se penthouses te koop? Ek en my man het soo lekker gelag! Die goed is groter as 'n paar van ons house saam.. omtrent 1000 viekante meter en gaan vir iets soos R150miljoen.. :blink: eish..

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #29633 by Delucey
Hallo julle!!!

Ai ek het saam met die kids aan die slaap geraak op die bed so ek het niks gewerk vanaand nie....

Sjoe dit gaan bietjie dol hier met my - die dat ek so stil is.

Ag nee Junita dis sooo hartseer... ek weet regtig nie hoe sal ek so iets hanteer nie. My seun se vel goete is al klaar vir my erg - en dis nie eers "life threatening" nie.

Ons was toe weer by die kliniek en sover is al die bloedtoetse normaal. Wag nog vir een toets se uitslag en hulle het weer bloed getrek en gaan nog twee ander toetse doen. 'n IgE toets en iets anders om te kyk hoe sy selle bakteriee afweer (of so iets!) Blykbaar as dit baie hoog is beteken dit hy maak te veel antibodies... alles grieks vir my maar nou ja. Ons gaan volgende woensdag weer en dan hopelik sal ons al die uitslae he.

Ek gaan nou weer verder slaap ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account