Die naweek was Luan weer baie moeilik, hy huil die heeltyd, wil net in die arm wees anderste gooi hy sulke lelike vloermoere

.
Die skooltjie sê ok hy gooi dit so by die skool, en wil glad nie by hulle slaap nie. Julle ek wonder of ek tog nie maar arbeidsterapie weer moet oorweeg nie, net my te wys hoe om hom te hanteer as hy so moeilik raak, ek is al raadop !
Ek is net bly hy is gesond, ten minste het die immuuniteit sterker geraak

, seker maar die belangrikste.
My dogtertjie se skool gevra dat ons vir Telitha sal stuur vir kunsklassies hulle dink sy doen goed, maar die ure pas my nie, aangesien ek nie maandae en donderdae kan ry vir netbal ...dinsdae, woensdae en vrydae vir die kuns nie, aai..voel so jammer vir haar, het gelukkig vir haar plek gekry by die skool se nasorg, maar gaan haar eers vlg kwartaal stuur, aangesien sy nog in 'n ander nasorg is en ek maand kennis moet gee en dan is dit ook al weer vakansie

, en ek dink die kunsding is vir nou, iets van die Eistedfodd ?
Oja julle sal my nie glo nie, maar ek het nog nie 'n foto van die boobies nie

, en after all is hulle glad nie groot nie, as iemand daarvan weet nie sal hy/sy nie eers weet ek het dit laat doen nie. Maar dit pas by my liggaamsbou en ek is doodgelukkig daarmee, net ons mansvriende spot my en vra nou hoekom het ek nou nie groter gemaak nie hehe.