hehe.. Delucey ek het vergeet jy koop mos nou nie blikke nie.. maar Milo of koffie blikke sal seker ook werk, solank dit 'n plastiek deksel het.
En oor die melk, ek wens hy wil meer drink!! Maar dis 'n mission.. hy het vandag 'n totaal van 90ml ekstra gedrink.. woohoo
Sterkte met die kopers.. hoop die eerstes vat sommer die huis want dit raak lateraan sommer irriterend om heeltyd vir hulle skoon te hou

Ons moes elke keer die honde iewers toemaak sodat kopers nie kan sien die honde bly in die huis nie
Kitty, lekker lag ek nou vir Alex wat die goed so gooi! Dit kan nogal gevaarlik wees.. Pietertjie het nou die aand my lip raak gegooi met sy broem broem.. dammit
Ek is nou nie seker oor die prevenar nie, ek weet net sy het gese dis nou klaar. sal in sy boekie moet gaan kyk hoeveel het hy gekry.
Die Camomilla of die Rescue Rest. En sy moet sy slapies korter maak in die dag, maar sy moet net begin deur die laast 15min of wat van sy dagslapies af te knip en seker maak die dag is dit lig in sy kamer en in die aande is dit donker. Pietertjie het dit so bietjie gedoen maar ek dink dis redelik normaal vir babas om een of ander tyd die roetine bietjie deurmekaar te gooi
Junita, ek het jou mos gese dat Luan nog voor Pietertjie gaan loop! hehe As my kind minder wil bol praat heeldag en meer sal fokus op sy lopery sal dit seker ook beter gaan.. hehe