AG nee outjies hoekom is julle so stil??
Vrek, maar ek gaan hierdie winter nie maak nie!!! Sit en bibber hier net om klaar te chat op moomie, dan gaan ek bad!
Wel, my strategie het noudie dag toe mooi gewerk.. hy het goed geslaap, net homself wakker gehoes heeltyd maar dan raak hy gou weer aan die slaap. Hy het nog nie weer 'n party gehou nie
Ek word nou by die dag meer en meer seker dat dit een of ander ontwikkelings fase is waardeur sommige babas gaan.. Ek het nou al van heeltemal te veel kids gehoor wat dieselfde doen so tussen 12 en 16mnde! Klein wettertjies!
Maar ek moet se ek het ook maar bietjie gechil daaroor.. van dit noudie aand so vrek koud was, toe dog ek vir myself hoe unfair dit moet wees... ek het my man om my snoesig warm vas te hou en my arme babie moet maar self cope.. so nou worry ek nie so baie as hy in die bed eindig nie!
Ek het by Clicks vir Pietertjie Pediashure gekry. Dis soos 'n shake aanvulling! Dis great want dit kan hulle melk vervang want dit het meer voedingswaarde en meer kilojoules as formule melk in... en dit kos dieselfde! Nou meng ek maar helfde melk en helfde shake

hehe..