file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 3 months ago #39210 by kittycat
Replied by kittycat on topic Re:*** Maart/April 2009 Mammas***
Kimi.. arghh! Nou voel ek eers sleg oor daai rimblock!! ek gaan vandag kyk of ek 'n clip kan kry by Baby City.. Ek is die enigste een wat onthou om die deur toe te maak, so dis nie genoeg nie..

Kimika, wel vat alles net kalm en relax ;)
My neef en sy vrou probeer nou al vir 3 jaar baie hard om swanger te word. Toe hulle ophou probeer, toe gebeur dit!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #39190 by Delucey
Ja Bianca is net so woelig en aan die gang... moet ook net heeltyd dophou. Ek oorweeg dit nou nogal baie sterk om met Eben se ou dagmoeder te praat en te hoor of sy na haar kan kyk 'n paar dae 'n week. Ek het ook nog moontlike fotosessies in die pyplyn en kan haar nie juis saampiekel nie.. dis te onprofessioneel...

Ons is nou klaar met kiddies. Twee is genoeg. Kitty ek het na Eben ook gese ek wil nie nog kinders he nie - hy was (en is!!) 'n moeilike kind! Maar nou ja along the line het ek obviously van plan verander hehe Maar nou ja by twee stop ek beslis. En hulle is 3 jaar 2 maande uitmekaar en dis ook maar erg :) Maar ten minste verstaan Eben as ek se ek kan hom nie optel ens nie. En hy kan vir my goed aandra ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #39174 by Kimika
Kitty, hulle het net noudie dag op een van daai baba programme gepraat oor veiligheid in die huis en gese toilette is baie gagga oor al die kieme en veral die rimblock :) Mens kry sulke oulike clips wat jy oor die toe toilet clip. Pietertjie is lekker bederf met njammies.. so die oomblik as hy iets in sy mond sit en dit proe nie lekker nie dan spoeg hy dit gougou uit.. so dit werk goed vir my want ek weet whatever hy in sy mond prop wat nie eetbaar is nie kom vinniger self uit as wat ek dit moet uithaal :)

Ek kroek bietjie met sy slapie in die dag, ek trek die gordyne amper heeltemal toe sodat dit donkerder is. Ek meen hy kan mos nie nou meer dag en nag omruil nie? ;)

Ja ons is probeer al, maar ek moet se die laaste 2 maande het ons dinge rustig gevat en sal dalk weer Junie of Julie ernstiger inklim. My siklusse is nosteeds baie deurmekaar en nou het ek nog thrush ook :( Dis asof my liggaam maar net nie kan normaal wees na swangerskap nie!! Gynae se darem dis normaal :) Maar as dit kom by 2kids onder 2, jip baie scary gedagte!! Ek probeer nie te veel daaroor dink nie, ek weet as dit so sou uitwerk sal ek leer cope :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #39149 by kittycat
Replied by kittycat on topic Re:*** Maart/April 2009 Mammas***
Sjoe julle, ek is bly die naweek is verby...! Ons het mense gehad, en dit het vir my gevoel of ek net die heel naweek skottelgoed gewas en gewerk het!!! :ohmy:
Alex was ook gister 'n handvol.. julle hy raak erg.. hy eet alles, grou in alles, klim op alles, in alles, druk sy vingers in alles..!!
Ek moet net heeltyd keer! Gister toe het een van ons vriende wat hier was vergeet om die badkamer se deur toe te maak.. die toilet is natuurlik sy gunsteling uithangplek, hy was skaars daar binne, toe hardloop ek soontoe. Dit was seker nie langer as 8 sekondes nie. Toe het hy alklaar die toilet rimblock begin eet!! :blink: , en die hele toiletrol omtrent in sy mond gestop...! Ek was nogal bekommerd oor daai toiletrimblock.. maar ek dink hy het net bietjie in sy mond geproe, en toe seker besluit dit lekkerder om die toiletpapier te eet...
Sjoe julle, dis vir my regtig moeilik om heeltyd kop te hou om alles te bere vir hom! Hy het gister ook my laptop van die tafel afgegooi, wnat ek het vergeet om dit iewers te bere.. aai...!

Kimi, hoop jy voel sommer vinnig beter! Ek is SO bang Alex raak nou siek voordat ons weggaan, want dan gaan ek dit nie geniet nie, en net heeltyd aan hom dink en worry oor hom!

Alex het vandag verbasend lank geslaap.. 'n uur vanoggend en 'n uur vamiddag!!!Gewoonlik slaap hy net 45min die heel dag.. thats it!
Kimi, hehe, ja.. alex wil ook mos nie slaap in die middae nie (well, meeste van die tyd anyway) dan doen ons ook maar die "battery recharching " .. Ek sit hom maar in sy bed, dan le hy daar en maak geluide vir 'n half uur, dan gaan haal ek hom weer as hy begin huil en te kere gaan na 'n half uur, maar dis tog asof dit hom help om dan bietjie beter te kan uithou tot 6uur vir slaaptyd.

Julle, wie van julle is van plan om nog 'n kind te he in die nabye toekoms? Kimi, ek dink jy mos ne? Ek wil nogsteeds defnitief net een kind he! ;) My skoonsussie se dogtertjie is net so handvol ,sy is amper twee, en haar 2de baba word volgende maand gebore. Sjoe, ek weet nie hoe handle mens 'n newborn EN 'n woelige 2jarige kind nie!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #39098 by Kimika
Ek is net so jaloers.. ons wat 'n jaar laas weg, en dit vir mense wat elke 2 - 3 mnde vakansie gehou het!! Ons gaan darem vroeg Julie bietjie seetoe.. uit eindelik!!

My stem is nog weg, maar stadig aan besig om terug te kom.

Kitty, Pietertjie slaap so teen 11uur die oggend dan slaap hy enigiewers tussen 'n uur en 2 ure, vanoggend weer 2 ure geslaap. Dan so teen 3uur probeer ek maar as hy niks wil weet nie sit ek net iewers rustig met hom of le saam hom op die bed met sy dummy en doedoe.. dan sal hy vir so halfuur net so le en staaaaar... dis asof hy recharge dan hou hy beter tot 7uur slaaptyd. Maar hy het nou weer gister en dag voor dit 2 slapies gedoen, maar andersins slaap hy al 'n rukkie net 1 keer per dag.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #39014 by Delucey
Kitty ek probeer maar nogsteeds Eben se inname van suiwel en witmeel beperk. Maar met die wat hy in die kleuterskool is het ek nie juis volle beheer daaroor nie. En toe ons hom op daai geen eiers, suiwel, wheat, ens eetplan gehad het het hy vir my regtig baie sleg gelyk. Dis hoekom ek nou maar hoop die antihistamiene werk.

ai ek is sommer jaloers op jou wegganery! Ek het regtig 'n break nodig. en vandag is ek so in 'n mood mens kan met my toor. Die agent het met my man gereel hulle bring vandag half 6 iemand... wel ek wag nou nog! Ten minste is my huis nou netjies ;)

Bianca slaap ook nog twee naps. Die oggend nap - so by tien uur of elf uur - is maar kort maar die middag een (so kort voor drie uur) slaap sy so uur en 'n half na twee ure toe. Ook nie altyd nie partykeer is dit ook maar 'n powernap.

Kimika voel jy darem al beter?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #38847 by kittycat
Replied by kittycat on topic Re:*** Maart/April 2009 Mammas***
Weet julle wat irriteer my grensloos??? Mense wat raas as my baba probeer slaap!!! :angry:

Ek moet net heeltyd vir my man en my ousie se Shhh shhh shhh shhh.. ek meen, is dit so moeilik om nie 'n geraas te maak vir 45minute 'n dag nie? Ek meen, hy slaap net een keer 'n dag, dan raas iemand hom wakker...

Anway.. Delucey, Alex was ook al 'n paar keer op die antihistamien goed (celestamine) Ek weet nie eers meer vir wat alles nie, maar ek weet dit het hom vrek moeg gemaak en dit het gehelp!! Hy was ook mos maar 'n allergiese outjie hier voor een jaar. Hy kry nog so nou en dan so bietjie van 'n uitslag op sy wange.. ek sal nogal gelike het om te weet wat dit veroorsaak..

Julle, ek en Alex gaan Maandag Franschhoek toe tot Woensdag, en dan Vrydag is ek oppad Europa toe.. jippie!!! :woohoo:

Wil gou by julle hoor.. hoe lank en hoe laat slaap jul babas in die dag? Alex is nou tussen die een en twee slapies.. ek sukkel my vrek om hom vir 'n tweede keer in die dag aan die slaap te kry, maar as hy nie slaap nie, is dit 'n gekners van tande vanaf 4uur tot 6uur omdat hy heeltemal vodde van moegheid is! Ek is nie seker wat ek moet doen nie!
:huh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account