file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 4 months ago #21207 by Kimika
Delucey, hoop jy kry darem bietjie werk gedoen!! Shame jy mis jou man seker baie!! Vrou alleen is ook maar nie te lekker nie :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #19953 by Delucey
Ja laat hulle maar eerder kyk. Toe Bianca mos haar tandjie so stukkend geval het het ek haar ook gevat toe het die tandarts gese hy verkies om so klein nie iets doen nie, ek moet net die tand dophou en as dit swart word moet ek haar bring. Maar sover darem nog nie...

Hy het saterdag aand terug gekom en vanoggend weer gery. Sal dalk woensdag of vrydag terug kom hy is darem nie landuit nie maar nogsteeds... ons laat hom maar deur die week by my ouers bly sodat hy nie elke dag in die verkeer moet ry kantoor toe nie. Nou ja weereens ek wat aan die kortste end trek ;)

Sjoe ek dink ek moet gaan inkruip... het nou wragtig niks gewerk vanaand nie...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #19952 by Kimika
Aai tog ek hoop hulle kan jou help met jou seuntjie se vel!

Jou man moet maar vadersdag opoffer ;)

Pietertjie het nou sy 8 voorste tande en dan is hy besig om sy 4 kiestande te sny, 2 is heeltemal deur en die ander 2tjies is so semi deur... dit voel asof hy heeltyd tande sny! Ek wil juis kyk of ek hom by 'n tandarts kan kry, sy een voorste tandjie het gesny met so merkie op wat lyk soos 'n chip, maar nou verbeel ek my of hy word groter, net bang dis 'n gatjie :)

Wanneer is jou man dan weer terug?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #19948 by Delucey
Kimika, Bianca het al seker 12 tande... indien nie meer nie... sy sny hulle teen 'n woeste tempo!

Ai ek moet se hierdie enkelouerskap van my begin my nou regtig te irriteer... en my moedersdag was nogal crappy. My man het 'n maagkwaal ontwikkel en was basically heeldag in die bed toe los dit my om vir skoonma te entertain heel middag. Ek se netnou vir my man hy skuld my 'n ander dag vir moedersdag :P

Ek gaan Eben na 'n ander dr toe vat. My ma het my pa se spesialis oor hom gevra toe se sy hulle sal moet na hom kyk en gee toe vir my 'n nommer. so ja nou het ek 'n referral brief en moet een of ander tyd afsit Wits toe...Dink dis die Wits Donald Gordon Medical centre (so iets...) sal maar sien want my kiddie bekommer my. Hy lyk party dae nogal sleg (bleek, rooi onder die oe ens) ander dae is hy weer reg. en hy kry mos gereeld pitswere (boils)...

verder niks nuus...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #19939 by Kimika
Hi outjies

Wel Pietertjie het vannaand al 4keer wakker geword so ek is super frustreerd.. het hom nou maar Calpol gegee, weet nie of dit tande is of wat nie? Hierdie verdomde kiestande vat forever om te sny!!

Enigiets nuuts by julle girls?

Junita, wanneer sien ons nou fotos? ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #18893 by Kimika
Ja Kitty, KOM CHAT!!!!

Jy is lucky oor die deurslaap, dis seker nou al meer as 'n maand wat Pietertjie NIE deurslaap nie.. zzzzzzzzzzzzzz

:P

Hoop julle het almal 'n lekker moedersdag gehad!!

xxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #18850 by kittycat
Hello julle
Eks regtig jammer dat ek so stil is. Ek is by my mahulle terwyl my man eksamens in JNB skryf.
Ek het net my Vodafone mobile modem hier, en dit werk nie so lekker nie...! :huh:
Dit gaan baie goed met Alex. Hy slaap nou al deur vir 3 weke!! (van 6 tot 6:30! :)))
Hierdie keer het die sleeptraining goed gewerk!
Hy begin nou al baie op sy eie loop, maar val nog baie om.
Ek sal seker weer einde van die week terug wees, en dan sal ek weer lekker saam chat! :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account