Aai shame Kimi, Luan doen ok mos dit, maak hom nog elke aand aan die slaap, weet dit my eie skuld, maar sien nie kans vir die histeriese geskree nie

.
Toe word ons spesiale dag gister weereens gespoil deur 'n inbraak !! Ek en my ma het net vinnig apteek toe gegaan om vir Luan te gaan weeg, ens en toe ons terug kom was daar iemand in die huis, moes hulle afgeskrik het, nie veel gesteel nie, net meer skade as iets anders aangerig....voel nou so onveilig, dit voel of ons getarget word, het mos aangebou en die kamer het nog nie alarmstelsel in nie en ook nie diefwering nie, so hulle bly net in ons kamer. Die ou wat die diefwering moes insit sou dit al 2 weke terug gedoen het en nou kom hy darm more maar ons maar 'n onrustige aand gehad aangesien die venster nie ordentlik kon toe maak nie en ons verbeel ons die heeltyd ons hoor iemand

.
Ons mure is ekstra hoog gelig maar dit keer hulle nie !!!
Anyway, ek moet Luan se koek begin versier en allerhande goed doen vir more maar die lus is nie eers daar nie, ek eetlus verloor en voel sommer net sleg

.