file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 4 months ago #11778 by Kimika
Ek het nie te veel om te se nie.. gisteraand weer maar 'n rowwe nag gehad.. hoop weereens vir 'n beter ene.. aaiii!!!

Hoe gaan dit met al julle outjies??? Kitty.. wanneer verjaar Alex???

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #10894 by junita
Kitty ja die een by Franschoek.
Gisteraand toe my meisiekind lekker siek...te veel kaas geeet :( en wragtig toe my ma siek vanoggend (ok te veel kaas !!!), sy moet my nog dr toe vat so nou sal ek seker maar self moet ry :unsure: .

Luan was toe stroopsoet!!! Vlg jaar bly ouma en Telitha by die huis ;).

Stem saam met die slapery....Luan slaap 2 maar net so vinnige 2 en dan is hy ge"charge" :).

lol vir die warmwatersakkie....op die oomblik wil ek nie eers naby my man le nie, net soggens sodat hy my kan uithelp uit nie bed, soggens is ek vrekseer, spiere natuurlik koud en dan kom ek nie op nie !!

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #10846 by Kimika
Delucey, ek het hierdie link gekry.. dalk help dit.. volgens die info is Pietertjie beslis nog nie reg vir 1 slapie nie! :lol:

www.justthefactsbaby.com/baby/article/ch...-two-naps-to-one/107

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #10845 by Kimika
Shame Delucey.. mens raak ook natuurlik so gewoond dat iemand jou warm hou in die bed :) Sit maar 'n warmwatersakkie saam jou in bed!

Dis presies hoe ek voel oor sy 2 slapies.. Hy raak super misluk as ek hom stretch! :dry:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #10843 by Delucey
kitty ek weet nie, klink my met die nuwe kinder beskermings wet is enige iets moontlik. Die pa's het ook mos nou meer regte... Sy is bekommerd dat hy dalk die kind sal kry omdat sy enkelma is van twee kinders met 'n halfdagpos en dus nie so vreeslike salaris verdien nie. Hy is getroud en het 'n stiefdogter wat ek dink nou 13 of 14 is.. ek het net vir my vriendin gese ek hoop sy hou rekord (en al die smse en emails) van wanneer hy nie sy kind wou sien nie - verskonings gehad het ens..

Ek is nie seker wanneer hul net een nap nodig het nie maar dit is vir my asof Bianca nou een van haar naps wil begin los. Maar ek voel sy is nog klein en het nog twee naps nodig so ek probeer haar nog dwing om haar 10 uur en 3 uur naps te vat... al moet ek dit nou maar doen deur bors te gee ;) Bianca sal nie so in haar bed sit nie.. sy sal keel opsit haha

Julle dis vriesend koud!!! Ek drink nou cuppacino en dan gaan ek maar bed toe gaan (manlief nogsteeds weg :( )

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #10834 by Kimika
*sug* stem Kitty, maar kan jou nie raad gee nie .. hehe :dry:

My man het gisteraand *probeer* om goggie weer aan die slaap te kry, dit het uitgedraai in 'n totale gemors en die kind het toe soos 'n regte ou koliek baba vir 'n uur aanmekaar geskree.. so nou doen ek dit eerder maar self! My man sal seker se ek weet nie wat ek wil he nie!!

My kind is onmoontlik moeilik!!! Hy kan homself nie aan die slaap kry nie (kon altyd) en dit lyk net gladnie asof hy moeg is nie!!?? Van wanneer af moet 'n baba net een keer 'n dag doedoe?? Shame, kry hom so jammer, ek kan sien hy is moeg maar vanoggend het hy vir 'n totale 55minute lank regop in sy bedjie gesit, dummy in die mond, doedoe olifantjie in sy handjie. Hy was tjoepstil maar kon net nie slaap nie! Sy ogies was naderhand bloedrooi van die moeg :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #10798 by kittycat
net gou... Junita, is dit die kaas en wyn fees in Franschhoek? Ek dink jy het laas so iets gese.. Ek was ook vandag in Franschhoek, maar net by my skoonpa vir 'n rukkie...

Sjoe Delucey, hoekom dink jou vriendin dat sy haar kind kan verloor??? Hoekom sal hulle vir die pa toesig gee eerder as vir die ma, of is dit shared custody?

hehe, kimika, ek weet presies hoe jy voel.. my man kan sy sterre dank dat ons mannetjie nie meer in die aande wakker word nie, want hy verbeel hom mos die afgelope paar maande dat hy nie meer in die nag hoef te help nie.. Hy snork net harder sodra die monitor afgaan.. flippet, ek verstaan mans partykeer glad nie.. hoekom het hulle sulke bleddie hoe verwagtinge van mens? My man het vanoggend weer gemoan omdat ek 'n paar skottelgoed op die kombuis blad gelos het, en die ligte bo in sy kamer aan vergeet het... Ek is die een wat ELKE liewe bleddie oggend 6uur vir hom opstaan, pap maak, hond kos gee, bottels was etc etc terwyl hy snork... :angry:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account