file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 4 months ago #10728 by Kimika
Hi Junita, dis 'n baie oulike idee!!! Jy kan al die cupcakes so versier dat dit 'n wurm maak.. ons het dit baie vir die bakkery gedoen.

Wat jy ook kan doen is om mariekoekies met versiersuiker te smeer, en dan suurwurmpies or liquorice bene te maak vir 'n spinnekop. Jy kan dan smartie ogies in die middel sit of 'n balletjie swietie vir 'n kop... Ek het partytjieboeke en ek weet daar is gogga temas in, sal bietjie loer of daar iets ouliks is!

Geniet die kaas en wyn!!! *groen van jaloesie!!*

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #10713 by junita
elke keer laai ek die verkeerd koek vir julle op, hier is hy nou ;)

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #10712 by junita
Gedog ek wys wat ek ingedagte het :)

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #10711 by junita
Gelukkig is my goggie beter en slaap goed :cheer: ! Een ding waarvoor ek baie dankbaar is is dat hy goed slaap in die aand, behalwe siek of iets pla.

Ek voel ook al beter maar kan hom nog nie optel nie, gaan more na dr toe vir steke ens en dan sal ek hom vra hoe lank nog, wil my baba optel !! Die opofferings ... maar julle ek love dit, en wonder hoekom ek nie al lankal dit laat doen het nie, maar moes seker maar eers wag vir die kiddies en ek love hulle meer :)

Besig om vir Luan 'n partytjie te reel saterdag...gaan 'n gogga partytjie hou, aangesien hy 'n wurpie is en seil soos een :lol:. As julle enige idees het...help.

gaan muffin pannetjie gebruik en die koek daaruit maak. So 5 sirkels en dit geel en groen versier. Rice krispie koekies maak, stokkies met skoenlappers en blommetjies so hier en daar insteek, natuurlik nog cupcakes wat ek gaan versier soos goggas of sommer net suurwurpies of plastiek goggas bo-op sit. Jellie vorms maak met goggas binne-in, ag die kop gaan mal, maar as julle enige voorstelle het ek sal dit waardeer. Een probleem ek het net 2 seuntjies wat ek kan nooi en dan klomp dogtertjies !!! maar wil nie he pienk en pers moet oorneem nie.
Gevra dat nie mammas die seuntjies groen of geel sal aantrek en die dogtertjies pienk of pers.

Gaan netnou kaas en wyn fees toe...wou gehad het ouma moes babycit maar sy wil saam...so die hele kroos gaan saam en weet nie hoe dit gaan afloop nie, so bly my ma by my, sy help baie en moet se Luan huil nie meer vir my nie hy huil nou vir ouma !!

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #10696 by Kimika
:P Ha! Toe het ek nou gisteraand te gou gepraat!! Hy het perfek maklik gaan slaap so net na 7 maar so 9:30 begin hy huil.. daar sukkel ek mos nou om hom aan slaap te kry en hy is naderhand heeeeltemal wakker.. tot 12uur!!!!! :angry: Eventually toe weer aan slaap gekry en toe word hy omtrent elke uur wakker tot so 7:30 vanoggend vandaar af geslaap tot net voor nege.. klein wetter... ASB kan dit net vannaand beter gaan???? *sug*

Dis rerig al wat ek te se het .. voel heel depro.. vandag skoon ongeduldig met hom gewees (nes jy se Delucey) en hom so een hou gegee op sy boud.. toe word ek kwaad omdat ek dit gedoen het en trap my man uit omdat hy my nie help nie, toe se ek hom dis sy skuld dat ek nou lelik is met my goggie omdat hy my nie help nie :dry: So nou vannaand as hy wakker word.. raai wie gaan hom vat? :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #10689 by Delucey
ek is weer by die huis... maar manloos... :(

het nogal lekker by my ouers gekuier en my hubby darem ook gesien. Hy se hy kom more terug en sal seker volgende week weer vir 'n paar dae weg wees. Ek hoop maar net dis alles vir my ook op die ou end die moeite werd... ek raak maar goed ongeduldig met die kiddies as ek so moet sukkel... en dis ook nie regverdig teenoor hulle nie.

het vandag bietjie by 'n vriendin in PTA gaan kuier en dit was nou nogal lekker. Shame sy sukkel nogal die pa van haar kind dreig nou met hofsake om hom weg te vat. Hy is al van die begin af difficult. Wil nie onderhoud betaal nie ens ens. Lang storie. Ek ken die ou ook al jare en moet se ek is BAIE teleurgesteld in hom. Ek kry die idee hy gebruik die kind nou basically om haar by te kom/seer te maak ens. Die kleintjie is nog nie eers twee nie. En met die nuwe kinderwet se my vriendin is die moontlikheid nogal groot dat hy die kind sal kry. Sy se sy sal dit nie oorleef nie. Ai julle... ek is regtig bly ek is nie in so 'n situasie nie... mens het nie nog sulke stres ook nodig nie!

Wel dis nou laat dink ek gaan maar inkruip!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #10056 by Kimika
Ek stem 100% saam op daai ene.. dit voel vir my maar soos enige ander dag behalwe dat die blerrie winkels dubbel so besig is! :silly:

Ek kan gladnie onthou wat ek in die post gese het nie?!! Miskien het ek dit gedroom? hmm..

Kitty ek hoop maar Alex is beter.. ek het sooo gesukkel met Pietertjie se slaap vandat hy siek was.. voel asof ek weer 'n 8wke oue baba het wat so baie in die aand wakker word en huil en huil en huil en dan huilend aan die slaap geskud moet word.. grrr...

Laaste 2 aande bietjie beter (dankie sister lilian ;) ) Maar hy word nog so 5uur wakker en dan sit ek hom maar in die bed.. en dis tog lekker om die ou lyfietjie vas te hou :kiss:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account