file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 5 months ago #10048 by kittycat
aggenee Kimika, nou is ek nuuskerig wat jy in jou post gese het! :huh:
Sjoe julle, die naweek is verby, en ek is heel uitgeput.. Alex nogsteeds siek, maar darem al bietjie beter.. hierdie virus is regtig erg hoor..
Hy is nog so beneuk soos tien ook daarby... voel seker nie lekker nie..!
Ek hoop Alex slaap vanaand nog so goed, want al sy meds is nou klaar!!! Ek moet hom weer Woensdag Dr toe vat..
Aai, ek is nou glad nie lus vir hierdie bleddie vakansiedae nie... mens geniet net vakansiedae as mens voltyds werk!! As mens nie werk nie, is dit 'n pyn in die dingis! :angry:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #9987 by Kimika
Hi julle

Snaaks, ek het nou die dag gepost en my post is weg? :huh:

Anyway, sorry vir die outjies wat se babies siek is.. ek is nou net daardeur .. *sug*

Kitty, Pietertjie is ook nogal rof.. hy gryp my hare en dan se hy "eina" en lag so lekker as hy sien dis seer.. Ek probeer nie reageer nie maar partykeer is dit darem vrek seer!

Junita, hoe lank voordat jy 100% herstel is?

Delucey, jy moet lekker kuier! Sal vannaand weer bietjie kom inloer.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #9841 by junita
PS en natuurlik fisio baie daardie tyd in die hospitaal.

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:

File Attachment:
File Attachment:

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #9839 by junita
Hy was ook lank siek, was omtrent 6 dae in die hospitaal, rosevan (?sp) antibiotika binneaars daardie tyd, celestamine, saline druppels in die neus en vibrocil sproei in die neus vir 5 dae...baie nebuliseer daarby...dit was aaklig en dit was regtig op sy siekste :( .

Van vanoggend af gooi Luan sy melk op, hou nie sy melk in nie, hou gelukkig kos en tee in, nou weet ek nie of dit hom net meer slym gee en dalk hoekom hy opgooi nie, gaan maar vir so dag of wat melk stop en kyk wat gebeur ? Gedog hy ook nou gesond maar blykbaar nie ?

Het vir 5 dae vibrocil, celestamine gegee en geneb so nou weet ek nie wat ek volgende moet doen nie, aai toggie ..... boonop is my boobies vandag sommer ekstra seer :(.

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:

File Attachment:
File Attachment:

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #9763 by kittycat
Delucey, ja toemaar , ek ken die gevoel van manloos-wees.
My man gaan seker binne die volgende maand weer oorsee werk vir 2 maande.. great...
Ek hoop net Alex is al gesond teen dan!

Is julle babas ook so rof?? Sjoe, Alex is vreeslik rof! Hy ruk lampe van die tafels af, gooi die TV met sy blokkies, het amper nou die dag so 'n harde balletjies van hom deur die venster gegooi, trek my hare, gooi goed om etc etc... !! Hy byt darem nie, maar verder gaan dit maar rof, en ek kan nie glo dat so 'n klein outjie so sterk is nie! Ek het omtrent gister gesukkel om die lepel by hom te vat.Hy wil mos nou self skep en eet.. met die gevolg dat ALLES vol kos is, dan wil ek die lepel vat om dit skoon te maak, maar daai handjies klou aan daai lepel!!! :ohmy:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #9762 by kittycat

16 years 5 months ago #9703 by Delucey
ek is home alone :( Moet se ek wens partykeer ek het 'n man gehad wat 'n kantoorure werk gehad het! Nou met die nuwe vennootskap sal ek seker vir eers nog meer enkelma wees... gaan nou more na my ma toe ry op die oos rand en daar gaan kuier. My man is ook nou aan die oos rand besig met hul nuwe kantore so ek sal hom seker so vlugtig sien more...

Lyk of dit gaan koud en nat wees more brrr...

Bianca begin nou al hoe meer waaghalsig raak met die lopery. Vandag op 'n stadium so bietjie spoed gevang hehe

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account