file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 5 months ago #9700 by kittycat
hehe Junita, dis wat ek wou tik -- "adno" in plaas van Adeno, en toe tik ek sommer adco! :)
Ja, adeno virus. Dis die siekste wat hy nog was, en wat my die moeilikste maak is dat ek weet hy het dit gekry by die speelgroepie...! Ek was mos die enigste ma wat my kind uithaal as hy siek is.. Ek het hom nou uitgehaal, en hy gaan nie weer terug nie!!!
Hoe lank was Luan siek? Alex is nou al vir amper 10 dae siek.... hy is SO moeilik, my kind huil die heel dag, en hy huil NOOIT nie!!!! :(
Kan jy onthou watse medisyne jy vir hom gegee het? Ek gee vir Alex "zithromax" (hoop ek het die naam hierdie keer reg! :)) , celestamine, en sulke neusdruppels... die arme kind is heeltemal gedrug... :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #9542 by junita
Replied by junita on topic Re:*** Maart/April 2009 Mammas***
Ag shame kitty so dit net so rof by jou gegaan !!! Die verdompte siektes, het hy nie die adeno gehad nie ?? Toe Luan so 6 maande was het hy dit mos gehad en toe die dr nog gese dit is een van die ergste virusse, gee gastro en boonste/onderste lugweginfeksie en die siekste kindertjies indie hospitaal is gewoonlik daai kindertjies !!!
RSV net so erg maar dr vir my gese kleiner babas beland in die hospitaal en Luan se ouderdom 25 % kans, gelukkig het Luan mooi herstel, nou net slymerig maar nie meer daai droe benoude borsie nie.

Sjoe dit is darm duur vir daai restaurant en dan is dit nog 'n teleurstelling ook :blink: .

Vandat Luan mobile is is hy darm woelig julle, moet nie kla nie ek moet dankbaar wees, maar hy kom die heeltyd na my toe en dan kerm hy omdat ek hom nie wil optel nie, voel soos 'n hond, wat moet hy nou dink van sy mamma :( .

Ek wil vir my vriendin in die UK 'n pakkie pos, het nog nooit nie, sy verwag en nou wil ek ietsie stuur, kan ek die posdiens vertrou ?

Lekker naweek vir julle

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #8970 by kittycat
Replied by kittycat on topic Re:*** Maart/April 2009 Mammas***
Hello Julle
Ag, uiteindelik het ek ook "bygekom"!! (agteros kom ook in die kraal.. ;)

Ek het nou net deur al die posts gelees, so laat ek begin:
Junita, jy beter vir ons foto's stuur!! Miskien wil jy dit nie hierop sit nie, maar dan moet jy maar solank begin emails tik vir ons almal! :):) Jammer dat ek jou nie eens sterkte toegewens het nie... , maar die laaste 2 weke in hierdie huis was nag!!! (sal nou nou vertel)
Kimi, ag uiteindelik join ek weer! Ja, dit is baie sleg om nie met julle te kan chat nie! Die one&only was vrek nice..! Net die restaurtant was 'n groot teleurstelling. Ons het R700 vir aandete betaal, en dit was regtig nie die moeite werd nie...!!! (nobu - die Japannese restaurant daar) Verder was dit great. Nice groot kamers!! :woohoo:
JoDon en Stephanie, lekker om julle hier te sien , en Tina, ek is jammer om te hoor Nathan was siek met sy verjaardag, maar hy lyk tog te cute op sy foto's op Facebook! :) Geluk met die lopery! :) Alexander het ook nou begin loop, maar hy val nog baie!! Dit het regtig gehelp om vir hom een van hierdie waentjies te koop wat hy moet stoot. Vandag hy dit het, het hy sommer self begin loop in a week! (dink dis goeie oefening gewees vir die self vertroue:))
Melinda, janee, jou seuntjie is 'n klein pasaangewertjie :cheer: !! Hy is sommer baie oulik en slim hoor!
Delucey, bly om te hoor jou funksie was lekker, maar jammer oor Eben se ekseem. Sjoe, ek net indink dat dit nogal erg is...! Alexander het net so een kol hier op sy ken gekry (so skurwe kol) en ek het al klaar nie geweet wat om te doen nie!!)
Julle, Alexander is vrek siek. Hy het middeloorontsteking en die "adco" virus. Dis amper soos die bleddie RSV virus, maar dit gee vir hulle nog gastro ook!! Die arme kind "wheeze" so erg, eks bang hy kry nie asem nie! Dr het nou vir hom so 'n klomp medisyne gegee, ek dink die goed "drug" hom vreeslik, want al is hy so siek, slaap hy nogsteeds deur! Ek moet hom volgende week weer vat, want die dr se sy oor lyk baie erg... shame.... :(
Julle, ek gaan Junie maand Europa toe! My eerste vakansie sonder my klein terrorissie! My man moet werk. My skoonpa het my genooi vir een of ander award funksie, en hulle bly mos helfde van die jaar in Belgie, so ek gaan eers bietjie soontoe (saam met my man se niggie) en dan UK toe... Ek sien SOOOO uit, maar dink dit gaan vir my baie erg wees om my mannetjie vir 'n week te los! Hy gaan darem saam met my Namibia toe in Augustus. En hopelik my man ook. Okay, laat ek eers bye se.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #8716 by junita
Dankie julle, maar ek in my noppies met hulle, mense moet nie eers vra nie, want ek is eager om te wys hehe :lol: .

Is maar nog seer en natuurlik wil Luan heeltyd opgetel wees en dit is die moeilikste vir my want ek kan nie !!!! Hopelik is ek gou reg en dan kan ek my kinders weer liefde gee !

Die naweek is daar 'n kaas en wyn wees by bienne donne (naby Franschoek), ek wil baie graag gaan, sal maar sien hoe ek voel. Kitty dit is die moeite werd hoor ;).

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #8662 by Delucey
Tina dis te cute as hulle so begin loop.. Bianca is baie in haar skik met haarself as sy so loop giggel.. dis te cute...

Bianca praat ook nie veel nie se net hallo en gee haha Sy het op 'n stadium toe sy kleiner was mamma en dada gese maar glad nie meer nie. As ek vir haar se om mamma te se dan se sy nanna haha

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #8661 by Delucey
Junita ek is nou bly dis gedoen en jy is tevrede :)

Julle die funksie was 'n sukses en almal was vriendelik. Ek kon nie veel met mense kuier nie want ek was maar 90% van die tyd besig om agter my kiddies aan te hol (manlief het genetwerk so ja...) My rit soontoe was 'n nagmerrie! My man het mos vroeer gery en ek is eers twee uur die middag hier weg. Staan toe in woeste verkeer by die een oprit highway toe en besluit toe ek gaan maar reguit ry die GPS sal my seker na die volgende afrit vat... vat my toe deur die stad!! My senuwees was gedaan.. almal ry soos hooligans en dis buslane in die middel en ek is links en die GPS se draai regs... ai maar nou ja ek het darem daar uitgekom...

Het Eben vandag by die dokter gehad. Het vir hom sterker room voorgeskryf. Ek sal kyk hoe lyk hy nou oor 'n week en as dit nie verbetering toon nie sal ek maar daai ander dokter in die kaap se online konsultasie diens gebruik. Ek is maar skepties want ek wil he hulle moet fisies sien hoe hy lyk...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #8637 by tinadb
Hello julle! Long time to chat :) Anyway, ek ly af dat Junita nuwe (-)(-) gekry het. Ek kan maar net wens :blush: Anyway, Nathan het 1 jaartjie oud geword Dinsdag. Maar hy is siek, so was nie 'n lekker verjaarsdag nie. Maar hy het darem begin loop, probeer al 'n paar weke lank, maar kry dit nou uiteindelik reg. Dit lyk te vrek oulik. Hy konsentreer so hard. Nog net 5 tande, 3 bo en 2 onder. En praat nog nie, net dadada en elke nou en dan mamma.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account