file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 5 months ago #8608 by Kimika
Hi Junita!!! Bly als het goed verloop :cheer:

Ek wou nou se ek kan nie wag om hulle te sien nie toe besef ek dit gaan dalk snaaks klink.. hehe.. hoop maar hulle lyk goood !!

Ja Kitty, ons het nog nie die inside info gekry nie!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #8593 by junita
Terug by huis en gaan goed !! Dit is vrek seer maar ek dose my die heeltyd, amper so erg soos 'n keisersnit :( , maar hulle lyk pragtig !!

Kimika Luan seil ook mos, maar te cute en hy laat wiel hoor, en ja nou bly die klere vuil :( .

Anyway wou net gou vir julle laat weet hoe ek voel.

Kitty kan nie onthou nie....het jy vir ons al vertel hoe was julle hotel aandjie ?? Gelees op FB jy gaan oor die waters...lekker jong :cheer:.

Groete vir eers

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #7377 by Kimika
Hey Delucey, ons gaan jou def mos mis!!!

Ek wonder hoe gaan dit met Junita? Shame, ek het ook al gehoor dis nogal eina eina.. hoop hulle dose haar lekker!

Julle ek wou nog kom se: Pietertjie het oor die naweek toe ons by my skoonma is skielik normaal begin kruip :) yeeehhhaaaa!! hy seil nou gladnie meer op sy maag nie.. so dit spaar my baie vuil klere. Maar hy skuif nog so op sy boude maar elke nou en dan gaan hy oor na regte kruip, dan skielik weer op die boude skuif skuif... dis vrek snaaks en super cute!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #6087 by Delucey
Dankie vir die link Melinda... sy dagmoeder waar hy laasjaar was het my gebel net na sy die program gesien het en my vertel van die dokter. Ek is bly ek het nou ook die insetsel gesien want ons het nie mnet of dstv nie. Maar toe was sy bene 100% so ek het nie verder ingegaan op die saak nie. Die dokter is in kaapstad maar ek sien op sy website hy doen online consultations ook... nogal pricey R500!! Dan stuur jy 'n foto van hoe die kind lyk ook dan besluit hy daarvolgens die hoeveelhede ens.

Ek sal seker eers weer donderdag hier kom chat.. so julle moet my nou nie te veel mis nie! hehehe

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #6081 by Melinda_K
Replied by Melinda_K on topic DELUCEY - ECZEMA
Hi Delucey,

Jong ek het so rukkie terug op Carte Blanche Medical gesien van die dokter in johannesburg wat kinders help wat met Eczema sukkel, blykbaar is hy briljant!

Hier is die link na die Carte Blanche web address sy "clip" is die tweede een van bo af gaan kyk daarna dit is miskien iets wat vir Eben kan help.

beta.mnet.co.za/carteblanche/search.aspx?ShowId=3&search=Eczema

Junita sterkte met die operasie hoop alles gaan goed gaan daar.

Kyle het so 'n sirkelrigge skurwe polka dots uitslag nou weet ek nie of dit van die Waterpokkies inspuiting was of omdat sy pa hom nou die dag in 'n Radox Bubble Bath gesit het nie, en dat sy Eczema nou weer opflare, sal maar dop hou en kyk.

Kimika ek is iemand wat glo dat jy ten minste drie nuwe goed moet leer 'n jaar, al is dit net 'n nuwe resep wat jy gereeld kan maak, ek het een jaar beginners Frans gedoen, Besigheids Engels en twee kurses in Microsoft Excell geloop. Sou weer graag terug kom en dit weer doen maar met Kyle het ek nie tyd nie.

So vir my doen jou man die regte ding, ondersteun hom baie en moedig hom aan om sy kwalifikasie klaar te maak of die nuwe rigting te loop.

Delucey geniet die funksie, my eks-man was ook "baas" gewees op 'n stadium en ek het dit gehaat, almal kyk altyd wat jy dra hoe jou hare lyk is jou naels mooi, en o - ja kan jy jou drank hou of nie....

en na die tyd praat hulle of hou oulik jy is of watter tipe snob jy is....maar jy moet dit geniet! :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #6079 by Kimika
Delucey, geniet die funksie.. dis goed om so nou en dan te social met die werksmense.

Die ding is nou juis dat hy nie die meganies geniet nie.. maar hy kort net 3 vakke so sal dit binne 2 semesters kan klaar kry en dit gaan gladnie baie kos nie. Maar hy het gese hy sal die Siviel baie meer geniet maar gaan heelwaarskynlik 3jr moet spandeer daaraan. Hy het baie tyd om dit te doen want ons besigheid kan hom eintlik net nauurs besig hou.

Shame, jammer om te hoor van Eben se velletjie.. dis nou sleg :( Wens ek kon jou raad gee maar weet absoluut niks daarvan nie..

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #6072 by Delucey
Sterkte Junita!!!

Kimika wil hy doen wat hy geswot het of is dit net om iets agter sy naam te he? As hy dit nie gaan gebruik nie is dit baie geld om uit te haal vir 'n "vir ingeval"...

Ag julle vanaand was nou weer 'n tranedal - Eben se vel lyk nou weer regtig sleg... ai wens net iemand kan my help!!!! Hy het nou nogal vir lank baie goed gelyk. ek dink die droe winterlug affekteer hom en die E45 werk seker nie goed genoeg vir dit nie.

More aand slaap ons bietjie by my ouers oor. My man gaan in partnership met 'n ander ou (hul smelt hul besighede saam) en more is die "launch" en ook om die personeel in te lig van al die nuwe verwikkelinge... nou moet ek seker my lyf gaan "baas se vrou" hou haha ai...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account