file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 5 months ago #6067 by Kimika
Weereens sterkte Junita!!!!! xxxx

Julle my man wil weer gaan swot.. ons is redelik in tweestryd oor dit. Hy het 6jaar terug meganies opgeskop met net 3 vakke oor. Nou oorweeg hy om dit klaar te maak of van voor af te begin met Siviele engineerswese.. ons is onseker oor die besluit. Aaii.. Hy het baie tyd om te swot en ons besigheid doen goed.. hy se net hy voel hy moet sy kwalifikasie klaarmaak terwyl ons nog jonk is. Hy is nou 32.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #6060 by Jo.Don
Junita, wat en waar laat jy dit doen? Betaal jou medies vir die operasie?? My medies betaal vir verkleining maar ek is te skytbang! :blink:

File Attachment:


File Attachment:


MC June 2010
Positive Thoughts = Positive Results

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #6058 by junita
Replied by junita on topic Re:*** Maart/April 2009 Mammas***
Luan maar moeilik maar lyk darm beter :).

Ja julle outjies die gewag is verby, kan dit nie glo nie :woohoo:

Sal miskien julle die after foties wys maar weet nie so mooi van die before nie :silly:

lekker aand vir julle, sal julle kom vertel hoe als afgeloop het.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #5978 by Kimika
Junita, sterkte met jou boobies.. jy gaan suupperly HOT lyk :whistle:

Die dr het vir my ook gese dat Pietertjie so tipe van RS virus gehad het.. blykbaar kan dit nogal gou omsit in longontsteking.. scary!!! Geluk met sy kruip/seil :) :)

Delucey, ja dis amazing dat sulke klein vroeggebore babies oorleef.. tegnologie is darem amazing!!

Ag.. ek moet seker gaan kosmaak.. chat is darem baie lekkerder as kosmaak... hmm

Chat later weer!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #5092 by Delucey
Ai tog Junita... ek hou duim vas dat hy sommer vinnig herstel

Sjoe toe doen Luan sommer 'n hele paar goed op een dag... hy vat nie nonsens nie haha

Julle ek wou nog se. Ek was mos na daai twee groepe moms and tots toe laas week en by die een was daar 'n vrou met 'n klein seuntjie. Hy is (of se mens nou was?) een van 'n tweeling. Hulle is op 24 weke gebore!!!! Shame die boetie het net drie weke geleef. Maar sy se dis so amazing dat hy dit gemaak het want die dokters het gese die kanse is basically 0. Ag en hy is so cute. Hy het Januarie een geword maar sy corrected age is hy vandag 1. Sy se hulle werk blykbaar met die corrected age tot hy twee is dan behoort hy op die regte standaard te wees met al die mylpale inhaal ens... Ek glo nie ek sal so iets kan handle nie.. shame hy was 4 maande in die hospitaal en vir baie lank kon sy hom nie eers vashou nie... :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #5079 by Marijke
Delucy, as jy kyk na die post heel bo aan Forum help, sal jy al die antwoorde daar vind

Married for 13 years

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #5077 by junita
Het toe maar vir Luan by die dokter gehad. Dr vermoed hy het die verdompe RSV virus. Hom nou maar net behandel vir die virus, celestamine, nebulise, ponstel en neussproei en dan kyk of hy in 48 uur verbeter. As dit erger raak dan antibiotika. Gelukkig vang ons dit in die begin :)

Delucey geluk met die loop...ek ook goeie nuus, Luan Vrydag vir my getatta, geda (goeietjies aangee dan sê da en so speel ons) en wragtig die middag toe kruip hy ook. Te cute, meer seil maar wil hom net opvreet :cheer: .

Julle die senuwees knaag nou behoorlik, nog net more en dan is die GROOT dag :laugh: .

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account