file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 5 months ago #4118 by Melinda_K
Ja-Nee Kimika die klein rakker is te vinnig vir sy mamma. Hy probeer deesdae op die koffie tafel te klim...jong my hart gaan staan elke keer as ek daardie beentjie sien oplig om op te klim.

My seuntjie is verskriklik pa vas, as hy seer kry soek hy pappa, as hy wakker word soek hy sy pappa, as pappa werk toe gaan huil hy verskriklik hy wil net saam gaan.

Kimika hulle het my gewys hoe om die ding op te slaan so jip ek kan hom self opslaan en afslaan, gaan nog so bietjie oefen waneer manlief by die huis is sodat hy my kan help as ek nie weet nie, net sodat ek die "hang of" dit het.

Dit is vir my weird om so te voel met my ex-man kon ek nooit wag vir 'n verskooning om weg te gaan alleen nie, met Derick is dit anders ek wil nie dinge doen sonder hom nie, so ek weet nie hoe gaan ek die 5 dae maak sonder hom nie...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #4103 by Kimika
Ag shame Melinda! Ja ek weet nou hoe jy voel want ek het my man Do oggend laas gesien en hy sal seker eers laat vanmiddag hier wees. My seuntjie se papa as sy oe oopgaan in die oggende so ek dink hy mis hom net so baie :)

Al raad wat ek jou kan gee is om seker te maak jy kan die campcot op en afslaan sonder jou man! Ek het sooo gesukkel en toe het my kind maar in die halfopgeslaande ding geslaap tot hy in die kante ingerol het :S Van toe af slaap hy maar in die bed! Ek was naderhand so kwaad vir die blerrie ding dat ek op hom wou spring!!

Ek kan nie glo jy se jou seuntjie bring al 'n stoeltjie om op iets anders by te kom nie!! Hy is darem rerig slim vir sy ouderdom!! :lol:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #4071 by Melinda_K
Ja nee, Kyle het nog net 6 tandtjies 4 bo en 2 onder, nie seker waneer die ander gaan kom nie.

Ek het gister my skoon ma-hulle se Camping Cot geleen vir die trippie Ricardsbaai toe, kan amper nie meer wag nie, die enigste ding wat my nou onderkry is die feit dat ek my DH moet agter laat.

Dit is vir my verskriklik moeilik ek gaan hom baie mis :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #4061 by Kimika
ooo ek is nou uit my vel uit opgewonde toe ek julle almal hier sien :) :)

Dis sommer fantasties!!! Kan nie glo hoe geheg mens raak aan jou forum buddies nie..

Junita, sterkte vir jou boobies!!! Onthou die before and after fotos..

Delucey, geluk met haar loop!!! Shame, hulle word nou soooo groot!!

Jodon, ek dink amper Kitty se seuntjie het ook nog min tande. Maar hoe stadiger hoe beter hoor ek. Myne het nou al 8 voorstes en die 4 kiestande is so te se deurgesny.. dis bietjie vroeg vir hulle maar hopenlik help dit hom eet :)

Lekker week vir almal!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #4040 by Jo.Don
Bly om julle hier te kry!! My blom begin nou so stadig maar seker op haar eie loop! Nog maar skrikkerig maar sal daar kom! Sy het nog net die 2 onder tande! Enige ander van julle wie se kinders so stadig is met die tandjies??

Ai julle, moet nie eers praat van snot neus nie!! Het gisteraand by vriende gaan braai. Net vir madam neergele toe gooi sy al haar melk op van die snot!! Gelukkig net in die camp cot en nie op die matte nie! Sy slaap darem goed so met die snot en al. Voorspoed aan al die mammas met die siektes!!

File Attachment:


File Attachment:


MC June 2010
Positive Thoughts = Positive Results

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #4036 by Delucey
hi julle.. ek is ook uiteindelik hier hehe

Sal nou eers weer moet leer hoe die site werk :)

Julle Bianca het vrydag begin loop! Sy loop maar nog baie wankelrig en ook nie heeltyd nie. Kruip nog meer maar dis so oulik as sy loop. Ek wil more probeer 'n video neem as sy loop en op facebook sit. Ai ek dink sy en ouboet gaan my mal maak as sy eers kan hardloop!!!

Klink my ons sukkel maar nog almal met die snotneusies en krap borsies. Ag julle en Eben se bene lyk nou al weer of hy in die oorlog was... sy ekseem het nou weer met 'n vengeance terug gekom. Sy bene het nou so lank regtig goed gelyk. Ek dink dis nou die winter weer en die langbroeke wat die probleem is... sug...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #3927 by Melinda_K
Hi julle,

Dankie vir die laatweet op facebook, was al so geiriteerd op pampers met die dat ek nie on thread kon kry nie!

Gaan goed hierso, ek gaan van donderdag af 'n bietjie Richardsbaai toe en dan Mtubatuba toe My oupa trou, jip op 75 jaar gaan hy nou weer trou na my ouma se dood 4 jaar terug, ry vrydag oggend vroeg en dan kom terug maandag.

Gaan Kyle 'n bietjie strand toe vat kan nie meer wag nie!

Dit gaan baie goed met die kiddies Angelique is nou weer terug van die skool kamp en dit is lekker om haar weer by die huis te he.

Met Kyle gaan dit net so goed is net baie baie woelig bly my muis steel!

Hy raak nou slim hy wou nou die dag by DH se keyboard uit gekom het maar is te kort toe gaan haal hy Angelque se stoeltjie en staan bo-op hom om by die Keyboard uit te kom gelukig was manlief daar....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account