× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

12 years 8 months ago #245651 by sexy~hexy
Baie baie geluk Debs, hy is te pragtig!!!!!!!! Ek weet jy gaan hom geniet, en dat hy julle lewe so gaan verander dat dit gaan voel asof hy maar net altyd daar was :) :)

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #245650 by sexy~hexy
Middag almal :)

Jooste!!!!! Ek het nogals vir jou 'n pm gestuur toe ek weer hier ingelog het, jy het dit seker nie gekry nie? Stuur my 'n pm, dalk kan ons email adres of so iets uitruil :cheer: Na 3jr het niks verander nie, nog nie weer swanger nie :( Het mos probeer vir 'n tyd, toe als gelos. Was op Fertomid, want gynie het nog laaste gese ek ovuleer nie. Maar ja, gebruik niks en daar gebeur ook niks. Het weer 'n afspraak by die gynie die 26ste Feb, so sal sien wat se hy :)

Jayden het nie veel nuus oor die eerste dag gehad nie :lol: Net gese dit is warm, sy gevriesde botteltjie water skoon leeg gedrink. So mamma het maar vandag twee botteltjies ingesit. Die week gebeur daar nie veel, en van volgende week af oefen hulle vir twee weke lank vir die kleure-atletiek, wat die 31ste Jan is...ek het verlof ingesit om te gaan kyk :)

Gesels al hoe meer met dames hier in my omgewing, wat babas verloor wat al redelik ver swanger is/was of amper op die einde. Laat mens net wonder, wat veroorsaak dit...is dit maar ons manier van lewe deesdae? Kosse wat ons eet? Laat mens nogals dink...

Anyway...geen vars nuus of klagtes aan my kant nie. Ek en hubby was ook nie gister lekker vir mekaar nie, want hy het Jayden se eerste skooldag gemis agv werk. Toe se ek hom, more as ek en hy iets oorkom, word ons dadelik vervang, so sy baas moenie kom met jy kan nie gaan nie want dan staan die werk. Ek verwag nie hy moet elke liewe dingetjie bywoon nie, maar ek het hom gese mens kies wat is belangrik en mens maak 'n punt daarvan om dit by te woon, want dis wat kinders gaan onthou. Ek is seker verkeerd, maar soveel eerstes wat nie weer daar gaan wees nie, en werk is nie die alfa en omega nie!!!

Ok, daar het ek ook stoom afgeblaas LOL :blush:

Lekker daggie verder!

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #245649 by Debs
Ontmoet Aiden Alexander Crous!!! Gebore vanoggend 9:30 2.85kg en 51cm. Als lyk goed en hy is gesond!!! Foto onder!

Me: 30
DH: 32

Nov 2012 - Off Yasmin (8.5 years on BC)

Nov 2012 - Feb 2013 Not TTC

Mar 2013 - TTC BFN

April 2013 - TTC BFN

23 May 2013 - BFP!!!!! 4w1d
EDD 29 Jan 2014
C-section date 16 Jan 2014
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #245647 by Twinkle
Dankie Jooste vir al die baie inligting!!! Wardeer hoe op dees aarde gaan ek kan knyp vir so lank en nog met min vloeistof ook ... ek het reeds vanogend n liter water gedrink so om tussen 12 en 2 te toets is maar moeilik vir my juis oor die baie vloeistof wat ek in neem en dan nou nog die 4ure geknyp... Sal dit nie werk as ek se na middag minder drink en dan 4ure probeer wag nie?

Ai man dis niks lekker om na n rusie te moet gaan werk of "kwaai" weg gaan van mekaar nie maak mens sommer sleg voel die hele dag... Hoop jy voel gou gou beter (drukkie vir jou)

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #245645 by joo~ste
Lynkie!
Dankie - dit is 'n groot seen en verassing vir ons! Ek voel nederig dankbaar - (het nie beter woorde om dit te beskryf nie).
Jy onthou dat ek swanger geword het net EEN ou embie'tjie!!! (My geld is op jou!!!!!!)
:woohoo:

Bell
'n Positiewe OPK is gewoonlik 24 - 36 uur voor jy OV. Dus as jy op CD19 gaan OV, behoort jy enigiets vanaf CD17/18 se kant 'n positiewe OPK te sien. Onthou, dat jy nie te veel vloeistowwe vooraf moet inneem nie, minstens moet knyp vir 4 ure en die LH hormoon spike rondom middagete. So beste tyd om te pieps op 'n OPK is rondom 12hr - 14hr se kant. Clicks se OPK's het regtig vir my goed gewerk. Dit is goedkoop en akkurraat. Daar is 4 in 'n pakkie. (Die enigste nadeel is dat jy jou urine moet opvang in 'n glasie of iets en dan met 'n drupper net 4 druppels gebruik. Ek het later so goed geraak met dit - ek het sommer so op die druppertjie gepiepie en so die 4 druppels opgesuig!! :blink: :silly: :lol:

Naomi
Het heerlike geslaap -

AFM
Dink ook dit sal wonderlik wees as almal hulle signatures op datum kan hou. Dan weet ons presies wie waar is. Ek voel altyd effe simpel om te vra (Veral omdat ek so lank terug hier was). Ek en DH het vanoggend 'n rusie gehad. Ek voel niks lekker nie.... :cry:

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #245642 by Lynkie
Hallo julle,

'n Baie voorspoedige 2014 met hope BFP's :)

Ek wat so lanklaas hier (moes net 'n breuk neem) en sien hier is baie verwikkelinge nuwe gisiggies en ou bekende's.

Baie Geluk aan die BFP's

Jooste baie geluk met jou natuurlike BFP, wat 'n lekker verassing!!

Ek is tans besig met my vierde IVF en het net een gesonde embie aan boord. Ek moet Dinsdag beta doen en is nogal gestress.

Hoop julle almal het 'n lekker dag. :)

2008 - Blighted Ovum, D&C
2009 - 6 cycles 50mg Clomid = BFN
2010 Aug - 1 cycle 100mg Fertomid = BFP
Baby girl born (28 weeks) on 4 Feb 2011 premature, died 8 Feb 2011
2011 Aug - 100mg Fertomid = BFN
2011 Sept & Dec - 100mg Fertomid & Ovidrel = BFN
2012 Feb - IVF # 1 = BFN
2012 Mrt - Fertomid, Accupuncture = BFN
2012 May - Low AMH = 0.16, - DHEA for 7 months. AMH improved = 0.2
2012 Oct/Nov - IVF # 2 = BFN
2013 Mrt - IVF # 3 Started stimming, Follies stopped growing ....cancelled
2013 May - Dec Various medicated cycles ... all BFN AMH Level : 0.53 2014 Jan - IVF # 4 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #245641 by Bytjie
More al julle pragtige dames.

Debs, tick-tock Aidin is amper hier!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Hexy, jou groot meneer lyk pragting in sy skoolklere. Bly dit was 'n droê koebaai. Hoe was sy eerste daggie toe?

Jooste, het jy lekker gerus.

Bell, ek kan ongelukkig nie help nie. Hoop jy kom reg.

Die nuwe maatjies, ek kan almal se name onthou nie, maar dankie dat julle ons gejoin het en voorspoed met julle TTC-pad.

Bea, geniet jou vakansie, in die woorde van Vaatjie (of een van hulle) - jou gelukkige bliksem.

Aan al die ou maatjies, hoop dit gaan goed met julle almal. En moet asseblief nie so stil wees nie ons mis julle.

'n Lekker dag vir julle almal.

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account