× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

12 years 8 months ago #245640 by Twinkle
Debs - vandag is dit D - day , ek se solank baie baie geluk met Aiden se geboorte ! Geniet elke oomblik van hom en koester al die mooi dinge! xxx

Sjoe julle dit gaan nou moeilik raak om personals te doen ons is darem nou n stewige getal dames wat mekaar dag in en dag uit ondersteun - *blessed*

Sexy-Hexy - Baie mooi foto van Jayden - hy lyk sommer baie gelukkig

TinkTinkie, CarlavN, MOmmyMe en elke liewe ander nuwe dame baie baie welkom hier ek glo julle gaan baie vinnig tuis voel!

Bea - lyk vir my jy is sowaar di eeerste een! Sterkte met jou scratch en geniet julle naweek weg - rus lekker uit so voor jou #4 IVF

Dellie so bly omte hoor dit gaan beter met die infeksie... Het jy my epos gekry?

StellaK ja wat van nog n foto....

Al die ander dames hallo - ek hoop en vertrou dit gaan baie goed met elkeen...

Aangesien niemand gevolunteer het om vir ons n lys te maak van al die dames en wie nou wat doen nie - KOM ONS PROBEER almal ons signatures te update met waar ons nou staan en wat die volgende PVA is dit sal fantasties wees om te sien wie waar is en net n update te sien as die persoon post aangesien ons nou so baie is en nog werk ook is dit moeilik om soms die naam by die pva te sit maar as jou signature geupdate is sien ons dit die "hele tyd" of elke keer as jy post!

AFM wil gou hoor indien mens n opk gebruik wanneer sal jy n positiewe opk kry n dag of twee voor ovulasie / paar ure voor ovulasie? Ek het dit baie baie lank terug gebruik en ook net 3 toetsies (moed opgegee) en nooit n positief gekry nie aangesien ek ook nooit n idee gehad het van wanneer ek ov nie. Nou weet ek (vlgs Dr) is dit op CD19 (sonarwat amper is so wil nou graag weer toets om te kyk of ek dalk n positiewe opk kry ... ek moet bieg het gister aand en vanogend ook weer een gedoen en dalk verbeel ek my maar dit lyk of daar n bitter bitter fyn ligte strepie was ek het sommer clicks sin gekoop want wil nie teveel spandeer nie.

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #245631 by joo~ste
My liefste SEXY HEXY!!!!
Hoe het ek nie al gewonder wat van jou geword het en hoe dit met jou gaan nie. Of jy nie dalk weer swanger geword het nie en of jy dalk weer probeer. En en...en en...en...
so baie oor jou gewonder. (Pragtige foto van jou aapstert!)

Dankie! Ja, ek het self al baie gehoor van mense wat swanger raak vanself - maar nooit in 'n miljoen jaar gedink dat ek een van daardie dames sal wees nie. My hart voel so geseend hieroor. Ek dink nie dit het al lekker ingesink dat ek swanger is nie. Dit sal seker eers as ek daardie 1e scan gesien het.

Hallo aan al die nuwe mense (sjoe ...hier is nou heelwat!) Hartseer oor die baba'tjies wat julle verloor het- :unsure:

Bea:
Ek hou duimvas vir hierdie IVF. En.....dit kan net help om daardie inspuitings te doen met 'n lekker naweek wegbreek.

NaomiB:
Ha ha!!! Okay - ek gaan vanaand vroeg gaan doeks.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #245628 by sexy~hexy
Hi almal :)

Jooste...baie baie geluk met jou BPF!!! Mens hoor al hoe meer gereeld van mense wat net normaal swanger word met hulle 2de baba, nadat hulle jare gesukkel het met nr 1 :heart:

Wil maar net gou kom post...Jayden is mos vandag Graad 1 toe...en nie ek of hy het 'n traan gestort nie :rock: Was moeilik, maar ek het skotvry daarvan afgekom hehe...

Ek gaan weer 'n foto try post, Mamma moet darem so bietjie "brag" :lol:



File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #245627 by Tinktinkie
Hi Julle almal!

Ek is ook nuut hier rond... Ek lees al so rukkie julle posts, was nogals senuweeagtig om jul te join, maar nou dat hier so baie goeie nuus is, en ek sien hoe lekker julle mekaar ondersteun is ek sommer opgewonde!

Ek is vd pill af van Okt 2011, het lean pcos en manlief lae counts ens. Hy het laasjr n variicocelectomy gehad en al die syfertjies en persentasies het verdubbel na dit. Alles is nog nie great nie, maar dit lyk al baie beter as wat dit was... Ek is nou op 2de siklus Femara, more gaan ek vir dag 12 follicle scan.

Sien n paar van julle eet ook Paleo? Hoe ervaar julle dit? Ons 'leef' dit, en Tim Noakes se Meal Revolution al van Aug af en love dit! Ons altwee voel soveel beter en baie van my pcos simptome is beter, so sal dit defenitief aanbeveel.

Sterkte aan almal en hoop vir sommer nog baie BFPs die jaar...

Xxx

Me: 30 lean pcos
DH: 33 male factor
Married 7yrs

Ttc since Oct 2011

DH had varicocelectomy Sept 13
Jan - May 14 - Femara =BFN
March 14 - Move to FS
May 14 - Hysteroscopy
June 14 - IUI 5mg Femara = Canceled
July 14 - IUI 5mg Femara, menopur and ovitrelle = BFN
Aug -Sept 14 - IVF with IMSI and ICSI - Hyperstimulated - no transfer.
6 frozen blastocysts
30 Oct 14 transfer 1 5BA blastocyst
6 Nov - 1st Beta 55
8 Nov -2nd beta 130!
We are so thankful

Daughter born at 33 weeks

File Attachment:




.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #245619 by Bea
Sjoe julle, ek is twee dae uit die kantoor en hier is BAIE nuus!

Jooste, wow, die lewe is net ongelooflik - baie geluk met jou natuurlike BFP.

Debs, baie, baie sterkte vir die keiser more - ek gaan die heeltyd aan jou dink! Môre hierdie tyd hou jy jou bondeltjie vas.

Zarah, dankie vir die deel, dit is 'n ongelooflike storie. Dit gee my terselfdertyd hoop en maak my moedeloos, maar ek weet ek moet nie so dink nie. Dit KAN gebeur en dit is al wat tel - kyk dan nou weer met Jooste.

Dellie, bly om te hoor jy voel beter.

Hallo aan al die ander en welkom aan die nuwes en die wat terug is van vakansie - jammer ek doen nou nie personals nie, daar is bietjie baie en ek moet weer hardloop.

AFM: Gaan môreoggend vir scratch en gaan dan my medikasie kry vir iVF #4. Môremiddag ry ons lekker Breederivier toe vir die naweek - hopelik ontspan ek lekker en help dit sommer met die spuite en als.
Ek het vanoggend gaan stap met die honde en drink al heel week elke oggend spinasiesap (darem gemeng met lekker vrugte en wortels, maar dis GROEN).
So is ek die eerste een in 2014 se IVF-treintjie????

ME: 40 - stage 4 endo, left tube removed
DH: 42

4x laparoscopies
5x hysteroscopies
4x IUI - BFN
12x IVF/ICSI/PICSI - BFN
Planning our next step: donor eggs, adoption or living happily ever after with an only child

May 2016: Lucky nr 13 IVF (own eggs) - BFP! First beta 253, second beta 1100.
First and second ultrasound: one perfect little heartbeat.
10 week scan: identical twins in one sac!!

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #245617 by Bytjie
Welkom Carla, jammer oor jou verlies. Hoop jy kry gou weer 'n BFP. Ek drink ook maar net folic acid, ek seker van die ander dames kan jou bietjie meer raad gee oor vitamien aanvullings.

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #245616 by CarlaVanN
Hi-Hi,

Wel ek is heel nuut op die blad so wees maar geduldig met my.
Ek: 29
DH: 31

Dit is ons 2de probeer slag die jaar, die eerste keer het ek op 14 weke die baba verloor en nou eers weer guts om weer te probeer. Is daar enige raad wat julle kan gee vir vitamines vir my om te gebruik. Ek is op die gewone Folic A en net normale vitamines, maar gedink daar is dalk iets beter om my liggaam te gee noudat ons weer probeer sodat ek so gesond as moontlik is. Ek is nou maar onlangs van die pil af.

Carla ~ Durban

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account