× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

12 years 8 months ago #245730 by Chrizzie
Hallo dames!

Jammer ek is so stil! Die skole het mos weer begin en dit gaan maar dol met ons onderwysers!

Nunukie, ek is ook by Dr Slabbert en hy is wonderlik. Het al 3 KI's by hom gehad en 2 IVF's. Hy is ook uitstekende chirurg en het my Laparoskopie en Histeroskopie ook gedoen. Ek het ook PCOS, maar geen gewigsprobleme ens nie. Al simptoom wat ek regtig het is dat ek nie self ovuleer nie.

AFM: Ons het GEEN planne op die oomblik nie en dink ons gaan nou eers bietjie weer "leef" sonder bekommernisse van scans en inspuitings en en en... En natuurlik spaar vir IVF nr 3!

Ek lees egter elke dag nog almal se nuus en bid vir almal! (Bietjie jaloers op die dames hier wat so lekker maklik swanger raak :P ) Ons is nou omtrent 'n klomp en dit help as almal se signatures onderaan is.
Iemand het vroeër die week hier genoem van hoe moedeloos sy raak party dae? Ek voel ook deesdae so... Veral vriendinne wat so vertel hulle "probeer" swanger raak en is so bekommerd en dan raak hulle binne 3 maande swanger. Mense wat nog nie deur is wat meeste van ons is nie, verstaan nie lekker nie- en ek blameer hulle nie. Dis net sleg as mense so ongevoelig kan wees.

Ek hoop almal het 'n heerlike naweek!

:heart:

TTC since January 2011
Me -30, PCOS - not ovulating
DH- 30, everything fine
#1 IUI June 2012 BFN
Hysteroscopy and Laparoscopy March 2013
#2 IUI June 2013 BFN
#3 IUI July 2013 BFN
#1 IVF ICSI September 2013 BFN (4 frosties)
#2 IVF FET - December 2013 BFP, early mc
#3 IVF FET - December 2014 BFP! Praying for our miracle!
EDD: 31 August 2015
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #245729 by LizzieJvr
Nunukie

Baie dankie vir die inligting. Ek sal beslis bietjie daarna kyk, ek is ook al raadop. Is baie nuuskierig om te weet of dit werk. Is dit Vit. B12 wat jy moet inspuit?

Sal die blad dop hou om te sien hoe jy vorder. ;)

Me: 35 PCOS
DH: 38

TTC: Since Jan 2011
Nov 2012 - Jun 2013 - Fertomid, Menopur, Glucophage +- 5 Cycles
Jun 2013 - Laparascopy and Ovarian Drilling
Jul 2013 - Laradex
Still No Ovulation
POA: Trying to loose weight and then IUI in Mei/June
Still not pregnant. Took a gap for 5 years.
Oct. 2018 - Want to start TTC Journey again.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #245721 by Nunukie
Hi Lizzie

Ek is by Boland Welness Clinic. Sy gee vir jou 'n gepaste eetplan met 'n inspuiting en pille. Sy stuur jou ook vir bloedtoetse om jou insulien vlakke ens te toets. Sy het my verseker die pille en inspuiting sal nie 'n effek om my fertiliteit he nie, inteendeel dit sal dit net aanhelp. Sy het vir my die hele proses verduidelik en hoe mens se eetgewoontes jou hormoon, insulien en glukose vlakke beinvloed....Mens kan gewig verloor, maar dit beteken nie dit verander jou "vlakke" nie. Wat beteken jy kan probeer tot jy blou is, maar jy gaan nooit daai BFP kry nie.....Ek was heel in my skik met haar verduideliking.
Sy het my ook die "bestandele" van die pille en inspuiting gegee wat ek vir my FS vanoggend aangestuur het. Die suster het teruggebel om te se dat die FS het na "bestandele" gekyk en bevestig dit is 'n klomp vitamienes en minirale en hy sien niks gevaarlik of verkeerd wat die IUI proses kan belemmer nie. Gewigverlies kan my net help!!! Die FS het net genoem dat hy nie verantwoordelikheid vir die pille neem nie en dat ek op die woord van die dieetkundige kan gaan, wat ek verstaan. Ek gaan egter voort met die dieet. Die dieetkundige het my oortuig...

My eerste afspraak by FS is eers 24 Februarie. Ek sal dan by FS hoor of mens dit kan aanhou gebruik terwyl jy besig is met die IUI....

Ek begin Maandag op die dieet, pille en inspuiting. Ek sal dit dus nou monitor vir 1 maand en sien hoeveel gewig ek kan verloor en wat die FS dan se op die 24ste....

Ek voel vir die eerste keer in 'n baie lang tyd daar daar HOOP is en dat ek nou op die REGTE pad is....

Daar is ongelukkig baie FS daar buite wat net geld wil maak en mens nie reg help nie!!!

ME: 33, PCOS
DH: 31, Low Morphology
TTC since 2006
Clomid & Natural Remedies
2011
IUI #1: BFN
IUI #2: Cancelled
BREAK
2012-2013
Natural remedies - No luck
2014
New FS
March: LAP - Romoval of Pollyp & Endio
June: IUI #1 -Fertomid (100mg) - BFN
July: IUI #2 - Clomihexal (100mg) - BFN
Aug: IUI #3 - Clomihexal (100mg) & Gonal F (450 IU/0.75ML) - BFP
Beta #1: 154
Beta #2: 390
M/C 9 weeks - Heartbroken
Taking a break :)
2015 - Let's try again
May: IUI#4 - Fertomid 100mg & Gonal F 450 IU/0.75ML
The following user(s) said Thank You: LizzieJvr

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #245720 by Dellie
Hallo almal

Debs – Aidan is pragtig! En kyk net die bos swart haartjies – dis gorgeous. Geniet hom vreeslik.

Lynkie – baie sterkte met jou IVF – ek hoop 2014 is die jaar dat jou grootste droom waar word! Dis soos Jooste se – dit vat net een Embie.

Bell my maatjie – ek kan jou nie help met OPK nie. Omdat ek PCOS het, werk dit nie en is die resultaat altyd onakurraat. Ek het ‘n saliva tester ook wat ek van Nuvida af bestel het (ek het R300 betaal en dit lyk soos ‘n lipsticl) – maar die was net so onakurraat vir my. Het jy al probeer Temp charting doen? Snoekie is blykbaar ‘n boffin daarmee.

Zettie – baie hugs vir jou.

Nunukie – baie welkom hier – glo jy sal gou tuis voel. Ek het ook PCOS – maar ek is wat hulle noem ‘n “maer PCOS”. Ek het verlede jaar Junie laparoskopie en Ovarian drilling gedoen nadat ek glad nie op Fertomid gestimuleer het nie. Daarna het ek 2 siklusse femara en inspuitings gebruik..dit het nogsteeds nie gewerk nie. Maar ek dink die dr het my nie behoorlik gemonitor nie. Toe gaan ek Oktober na ‘n FS toe – ek was weer op Femara en Gonal F en die FS het my baie mooi gemonitor. Op dag 14 het ek aan elke kan ‘n ryp follie gehad en het toe lucrin gebruik. Ons het op Dag 16 KI gedoen en vandag is ek 8 weke swanger. Baie sterkte met jou padjie – ek weet dis nie maklik nie.

Hallo aan al die ander dames – hoop dit gaan goed met julle elkeen.

AFM – was vanoggend weer by die dr vir ‘n sonar. Alles lyk perfek – babatjie groei nog mooi en sy hartjie klop nog sterk. Dr kon hom net nie so lekker gemeet kry nie want die boontjie le nie reg vandag nie – seker maar net nie lus vir fotos vandag nie. Verder is dr baie tevrede. So ek sien nou weer my gewone gynae die 14e Februarie op 12 weke.

Julle almal moet ‘n lekker naweek he.

xx

Me: 30 (PCOS)
DH: 31

TTC: Since September 2012
May 2013 – Fertomid - no follicles
June 2013 - Laparoscopy and Ovarian Drilling
Aug 2013 - 2.5mg Femara and Ovidrel (homeplan) - BFN
Oct 2013 - 2.5mg Femara, Menopur, Ovidrel (homeplan) - BFN

28 Oct 2013 - Move to a FS - Dr Johan Pentz

05.12.2013 - Femara, Gonal F, Lucrin - IUI - BFP 18 December 2013 Beta 127..So blessed!

3.01.2014 - first scan 6 weeks 1 day - one perfect heartbeat.
14.02.2014 - 12 week scan - absolutely perfect and all going well.
10.03.2014 - It's a little girl!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago - 12 years 8 months ago #245714 by LizzieJvr
Hi Nunukie

FS het vir my ook gese om gewig te verloor. nadat 4 siklusse met meds en inspuitings nie gewerk het nie en 'n laparoskopie in junie. Ek het ook PCOS. Dit voel omdat niks gewerk het nie, die FS dan se mens moet gewig verloor.
As ek mag vra waste diet is jy nou op?

Me: 35 PCOS
DH: 38

TTC: Since Jan 2011
Nov 2012 - Jun 2013 - Fertomid, Menopur, Glucophage +- 5 Cycles
Jun 2013 - Laparascopy and Ovarian Drilling
Jul 2013 - Laradex
Still No Ovulation
POA: Trying to loose weight and then IUI in Mei/June
Still not pregnant. Took a gap for 5 years.
Oct. 2018 - Want to start TTC Journey again.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #245713 by Blommie
Jooste - Ek sien nou jy is weer swanger. Baie baie geluk vrou

Hexy - sjoe het lank terug van jou gehoor. Jou seuntjie het te vinnig groot geword.

Debs - Baie geluk met Aiden se geboorte. Ek love daai bos hare

Zettie - ek bid elke dag vir jou!!! groot druk vir jou

Ek vang nog op.

[link=http://lilypie.com] [/link]
File Attachment:

[link=http://daisypath.com] [/link]
File Attachment:

My Ovulation Chart


File Attachment:



[link=http://lilypie.com] [/link]

ttc since: Jan 2011
June 2011 - December 2011: Progesteroon behandeling
Jan 2012 - June 2012 - Clomid 100g
June 2012: ML SA toets alles reg
Aug 2012 - Lap - Alles skoon
Sep 2012 BFP 13dpo
Sep 2012 - Miskraam
Oct 2012 - BFP 13dpo

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #245709 by Nunukie
HI.

Ek was by PanLab - Dr Tobie De Villiers. Ek gaan nou na Dr Slabbert. Hy is by Panorama Hospitaal. Ons woon indie Noordelike voorstede en soek 'n FS naby genoeg om te ry vir die IUI's. Ek het op 'n ander Forum baie positiewe aanbevelings gekry van Dr Slabbert. Ek het nou al met die suster gesels by hom en sy is so vriendelik en behulpsaam. Sy het my gebel en gese die Dr wil solank al die toetse weer doen en my man moet gaan vir 'n SA (Ou toets is ouer as 2 jaar). Hul het ook gevra by watter dieetkundige ek is en watter medikasie gebruik gaan word. So hy lyk asof hy weet wat hy doen....

ME: 33, PCOS
DH: 31, Low Morphology
TTC since 2006
Clomid & Natural Remedies
2011
IUI #1: BFN
IUI #2: Cancelled
BREAK
2012-2013
Natural remedies - No luck
2014
New FS
March: LAP - Romoval of Pollyp & Endio
June: IUI #1 -Fertomid (100mg) - BFN
July: IUI #2 - Clomihexal (100mg) - BFN
Aug: IUI #3 - Clomihexal (100mg) & Gonal F (450 IU/0.75ML) - BFP
Beta #1: 154
Beta #2: 390
M/C 9 weeks - Heartbroken
Taking a break :)
2015 - Let's try again
May: IUI#4 - Fertomid 100mg & Gonal F 450 IU/0.75ML

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account