Debs, baie geluk met Aiden se geboorte - ag moeder mamma, daai gesiggie is net te pragtig.
Zettie, sterkte. Ek het 'n uur terug daai ou prentjie afgelaai waar die paddatjie die voël om die nek wurg terwyl hy in sy bek sit - NEVER GIVE UP!! Dis al wat my nou laat moed hou.
Sexy hexy - geluk met jou seuntjie se graad 1 - hy het te ougat gelyk.
Bell, dankie, dis baie spesiaal. Hoop jy kom reg met die toetsies.
Naomi, ek gaan die naweek spesiaal 'n glas rooiwyn op jou drink langs die Breederivier.
Hallo Jooste en al die ander dames.
AFM: Was vanoggend vir scratch. Het eers sonar gedoen - ek het 'n groot 5cm sist op my regter eierstok - dit verduidelik natuurlik al my pyn (wat ek baie hard probeer ignoreer). Ek moet nou op CD3 van volgende siklus terug gaan sodat FS eers kan kyk hoe die sist lyk voor ons met IVF #4 kan begin. Voor die scratch was my blaas ook nie 100% vol nie en moes ek toe eers wag - die prosedure is glad nie pynlik nie, maar dis baie ongemaklik met die vol blaas - so terwyl ek toe daar lê dink ek die heel tyd by myself: Hoekom gee jy nie net op nie????? Hoe lank wil ek myself nog hier deur sit???? MAAR soos ek hier bo vir Zettie gesê het, toe ek by die kantoor kom het ek die poster uitgeprint en dit teen my lessenaar geplak - NEVER GIVE UP! Infertility jy kan maar in jou peetjie in vlieg!!! Any way, ek het al my medikasie gekry en nou wag ek vir AF. Lekker dag dames, ek's amper oppad Breede toe vir 'n heerlike lang naweek.