Baby baie welkom! Ek het aangesluit toe ek op moedverloor se vlakte was. En die klomp dames is ongelooflik. Dit is die uitlaat wat mens so nodig het, want ander verstaan nie die dinge nie.
Bell en Dellie. Ek hou so duim vas vir Bfp by julle. Die 2ww is aaklig en tyd sleep.
Bea hoe gaan dit met die siklus? Ek hoop die follies more is pragtig. Onthou al is dit min. Een of twee is genoeg.
Hopeful lekker dat jy kom update. Jy raak seker al haastig vir die prinsesse.
Debs en Stella hoop dit gaan nog goed met julle seuntjies. Onthou ons pensie fotos as ons weer tee drink
Zarah ons mis jou. Kom loer in.
Andie die daggies raak nou min. Is al die reelings nou in plek.
Snoekie en Blommie julle moet kom inloer.
Nella, Kayla en chrizzie - geniet die siklusse wat so bietjie homeplan en min druk is. Die gestruktureerde is so sleg as alles gereguleer word.
AFM: Ek voel goed. Nie te veel ms nie maar so moeg! Borste nog gevoelig en piepie my dood. Ek kla nie.my vlge sonar is 5 Niv by gynae en 7 Nov fetal assessment. Ek sien so uit om daar verby te kom. Ej sal bietjie meer gemoedsrus he.