Hi julle!!
Ek is nog hier, net verskriklik besig. Ons het 'n verskriklike gestelery by ons Johannesburg winkels ontdek so dit gaan dol om al die losses te probeer calculate van die kant af en sisteme in plek te kry om dit te voorkom. En natuurlik word ALMAL nou oor daai selfde kam geskeer en word heeldag begil en beskree
Wou net sê vir Lagogies, baie baie baie geluk.

Ek wens vir jou die allerwonderlikste swangerskap toe. Gaan jy vandag vir opvolg toetsie?
Zettie, sterkte vir jou follie scan vandag!
Chrizzie, moenie so gou moed verloor nie. Ek is seker hulle sal nie vir jou iets voorskryf wat gevaarlik is vir daai mense daar binne jou nie. Dis veiliger om eerder daai infeksie so gou moontlik weg te kry.
Zarah, my vriendin. Jy weet waar ek is as jy wil praat...
Welkom aan die nuwe gesiggies!!
Naomi, ek en jy wag dan mar saam die maand!
Aan al die ander wonderlike dames... Julle is gegroet. Ek lees elke dag al die updates en ek sê elke aand 'n gebedjie op vir elke liewe een van julle.
Niks nuut my kant nie. AF het soos verwag Vrydag opgedaag. Nog 3 weke tot ons weer moet gaan vir die semen analise.