Hopeful, wat vertel jy my nou?! Ek het nie geweet mens mag nie BD na IVF nie?!
Andie, baie geluk met die groot nuus - mag jy 'n pragtige troue hê!
Zettie, bly jy het jou verjaarsdag geniet. Ek hou duimvas vir jou volgende siklus.
Lagogies, sterkte vir jou nuwe siklus ook - moenie worry oor die dokters nie, dis hul werk en hulle is dit gewoond.
Stella, shame, hoop hy is sommer gou beter!
Naomi, hoop jy kan bietjie ontspan die naweek - sterkte, mens weet nooit.
Zarah, terug na die CD3 sonar, die dokters is regtig alles gewoond. Vra vir ekstra handdoekpapier vir die bed - seker hulle sal als reg hê.
AFM: Vanoggend die drie ampules Menopur gemeng - was bietjie senuweeagtig - maar als goed gegaan en my man het my ingespuit. Na al ons KI's is hy al 'n pro. Ook drie pilletjies Femara gedrink. Ek voel fine, bietjie emosioneel - het baie gehuil gisteraand. My man is onder verskriklike druk by die werk en hy het gisteraand gesê hy kan nie opgewonde raak oor die IVF nie.

Met my dogtertjie in die hospitaal was ons albei baie weg van die werk, en hy moet vanoggend ook weer na haar kyk. Maar hopelik kan ons die naweek net rustig raak en fokus. Toe AF hierdie week kom was ons nie regtig voorbereid nie, al het ons so lank gewag.