× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

13 years 2 months ago #239117 by ellam
Hallo Julle!

Baie dankie vir al die mooi Welkom’s! B) Moet sê, dit is lekker om te weet ek kan met julle my journey deel! Dit is so lekker om mense te hê wat presies verstaan waardeur ek gaan.

Snoekie, baie dankie vir jou storie – die is baie hulpvaardig, maar laat my so baie meer vrae vra. Ek is heel deurmekaar en weet nie wat om te maak nie… Die vragies sal maar volg. Baie sterkte met die melk, ek hoor my sus het ook maar daarmee gesukkel met haar meisiekind. Sy kry melk en dan vir ’n ruk het sy nie meer nie dan kom dit maar weer terug. Wat vir haar die beste is, is om byvoeding te gee om seker te maak dat haar dogtertjie genoeg voeding inkry.

Ek en ML wil vreeslik graag einde volgende jaar begin met ons gesin. Hy reken al het ek PCOS moet ek nie van die pil afgaan voor die tyd nie. Hy sê dat mens steeds dadelik swanger kan raak en dan gaan dit dinge vir ons moeilik maak. Ek verstaan wat hy bedoel, maar soos Snoekie ook gesê het, moet mens tenminste ’n jaar normaal probeer voor jy kan gaan vir behandeling (ek leer maar nog al die afkortings, so verskoon maar die uitgeskryf).

Ek was 5 jaar terug deur my gyni gesê ek het PCOS en hy het my dadelik op die pil gesit en Metforum voorgeskryf. Ek is nou al meer as ’n jaar nie meer op Metforum nie omdat dit my suikervlakke so laag laat daal het dat ek amper nie kon opstaan nie. My insulien vlakke het weer heeltemal na normaal terug gekeur. Ek monitor dit ook en doen ’n “check-up” elke drie maande. Gyni kan glad nie meer siste op my eierstokke sien nie omdat ek op die pil is… Hy reken dat ek eers na drie maande vandag ek nie meer op die pil is, sal kan sien hoe my PCOS gevorder het. Ek is steeds baie oorgewig en werk hard om iets daaraan te doen. Ek weet die gewig sal ’n tydjie neem om af te kom, maar ek is aktief en maak seker ek eet mooi. Volgens my toetse is al wat fout is met my my hoe BMI – die res is reg…

Ek sal baie graag van die pil wil afgaan sodat ons kan kyk hoe my siklus is en of dit vir my nodig gaan wees om vir vrugbaarheid behandeling te moet gaan. Ek wil graag dit voor die tyd uitvind sodat ons daarvoor kan beplan. Ek word nie jonger nie (al 30 jaar oud) en sal graag so gou as moontlik wil begin probeer omdat ek weet dit gaan nie binne die eerste maand gebeur nie.

Is ML reg, moet ons wag? Of watse raat kan julle gee? :(


Baie sterkte vir julle almal! :heart: :heart:







Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 2 months ago #239116 by Debs
Hi hopeful! Dit is blighted ovum, dis waaroor ek ook so paranoid was. Dit is as daar n vrugsakkie is maar geen baba (stellak het dit mos gehad). Dit is as iets met d selverdeling verkeerd gaan dan absorbeer j liggaam dit voordat dit verder 'verkeerd' ontwikkel.

Dnt stress!!!

Hoe laat is j afspraak?

X

Me: 30
DH: 32

Nov 2012 - Off Yasmin (8.5 years on BC)

Nov 2012 - Feb 2013 Not TTC

Mar 2013 - TTC BFN

April 2013 - TTC BFN

23 May 2013 - BFP!!!!! 4w1d
EDD 29 Jan 2014
C-section date 16 Jan 2014

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 2 months ago #239115 by Debs
Lalie is dit nie dalk miskien implantation bleeding nie?

Me: 30
DH: 32

Nov 2012 - Off Yasmin (8.5 years on BC)

Nov 2012 - Feb 2013 Not TTC

Mar 2013 - TTC BFN

April 2013 - TTC BFN

23 May 2013 - BFP!!!!! 4w1d
EDD 29 Jan 2014
C-section date 16 Jan 2014

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 2 months ago #239114 by Bea
Hopeful, geniet die scan vandag! Ek het ook die naweek aan 'n blighted ovum gedink - maar ek dink nie dis moontlik met IVF nie - want hulle plant tog 'n "volledige" embrio terug. 'n Blighted ovum is as daar niks in die eiertjie is nie. Kom update asb! En geniet dit!!

Lalie, ja dit kan enigiets beteken - ek dink dis te gou vir implantasiebloeding - hoor maar by die fs - dalk is dit niks - sterkte.

Dankie Snoekie xxx. Jou dogtertjie is te pragtig - die partytjies raak net ouliker en ouliker - was juis Saterdag by 'n derde partytjie - te cute. Bly jou melk is nou meer.

Naomi - jammer oor daai BFN!! Groot drukkie vir jou xxx

Stella, baie dankie xxx. Hoe gaan dit nou met jou man? Is ovulasie al naby?

Welkom EllaM.

Lagogies, jammer dat jy nou nog 'n maand moet wag - dis tog so frustrerend.

AFM: Heerlike naweek gehad - lekker ontspan en rustig geraak oor die IVF. Vanoggend laaste Femara gedrink - begin more met die Progynova. Spuit steeds in. Sien die fs môre op CD8 - baie nuuskierig om te hoor hoeveel follies daar is. Sal in die middag kom update.

ME: 40 - stage 4 endo, left tube removed
DH: 42

4x laparoscopies
5x hysteroscopies
4x IUI - BFN
12x IVF/ICSI/PICSI - BFN
Planning our next step: donor eggs, adoption or living happily ever after with an only child

May 2016: Lucky nr 13 IVF (own eggs) - BFP! First beta 253, second beta 1100.
First and second ultrasound: one perfect little heartbeat.
10 week scan: identical twins in one sac!!

File Attachment:
File Attachment:
The following user(s) said Thank You: ellam

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 2 months ago #239111 by Hopeful
More Julle,

Laggogie, sorry dat jy moet wag dit SUCK!!!! Julle wat gaan aan met al die FS wat weg is die cycle?????????

Zettie, hoe gaan dit by jou het jy toe provera gekry?

Naomi, ek is vreeslik jammer oor die BFN groot groot drukkie vir jou!!!!!!!

Stella, hoe gaan dit daar is ML al beter?

Ellam baie welkom hier!!!!!!! Ek is seker jy gaan sommer gou tuis voel

Bea hoe gaan dinge aan jou kand het jy oor die nweek n scan gehaad? ek kan nie wag vir n update nie!!!!!

Lallie, SO SO SO excited oor IVF dit is awesome!!! Jong bloeding kan soveel dinge beteken en dis nie altyd iets om oor te stress nie maar die beste is maar bel die FS. Ek is seker alles fine maar maak liewers seker by hom.

Snoekie dit is altyd lekker om van jou te hoor. Ek is bly die seening het goed geaan en daai koeke is stunning!!!!! En Anja is net te pragtig!!!!

Shoe ek hoop nie ek het iemand vergeet nie :blush: as ek het vra ek onverskoning.

AFM: Dit gaan goed hier die naarheid kom en gaan en die moegheid het nou ingeskop maar ek het dit net lekker rustig gevat die naweek :) lekker baie DVD gekyk. Ons sien vandag die dokter en dan behoort ons die hartkloppie te sien ( nog nie hoor nie ). Iewers het DH gelees oor Blatend Ovum ( skuus ek weet nie hoe om dit te spel nie ) en nou is hy paranoid daar oor hy maak my mal, so hoopenlik na vandag is hy ook rustiger.
Anders gaan dit goed en ek sal kom update na die scan

Me: 26
DH: 30 ( Low SA )
TTC #1 since March 2010

IVF ( ICSI ) #1 23 May - 6 Follies
29 May - ER 6 eggies, 4 good size 1 small and 1 premature
30 May - 5 fertilized
03 June - Day 5 Transfer 2 x Blast ( 1 Grade 5 and one Grade 4 )
13 June - Beta Test 116 BFP!!!!!!
First Scan - 1st of July @ 6w3d Only one but we are very excited for our little Broodjie!!!!!
Second Scan - 8th of August @ 11w6d Got the shock of our lives to see not one but two little healthy babies in there!!!!!!!


File Attachment:
The following user(s) said Thank You: ellam

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 2 months ago #239110 by Lalie12
More Dames!

Snoekie die fotos is stunning! Dankie dat jy dit kom deel het!! :heart:

Ek wil gou iets uitvind.. Dit is die EERSTE keer wat dit met my gebeur. Ek is nou net verby Ovulasie. Vandag is CD20 vir my. Ek het CD17 geovuleer. Maar van gister af, het ek begin "bloei" nie baie nie, dis amper soos spotting. Het dit al met enige van julle gebeur? Is dit iets om my FS oor te bel? Eks bang iets is nou weer fout... :cry:

Lalie x

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 2 months ago #239104 by Snoekie
Goeie More Dames...

Ellam,
Baie welkom hier op die beste groepie op die beste forum, HEHEHE.
Elke vrou hier sal jou in alles ondersteun en antwoorde gee waar hulle kan.
Ek is een van die gelukige PCOS mammas. Hier is my storie baie kortliks.
Ek het geweet ek het PCOS voor ek en my ML/DH (Manlief/Dear Husband) getrou het.
so ons het nie lank gewag na die troue voor ons begin probeer het nie. ons het vir 'n jaar natuurlik probeer, want geen gynie sal voor 'n jaar se natuurlikke TTC (Trying to concieve) begin met behandeling nie. Ek het September 2011 begin met Fertomid, waarop ek gladnie gestimuleer het nie ek is in Feb 2012 oorgesit op Femara waarop ek baie mooi gestim het en het in April 2012 swanger geraak. My dogtertjie is in Jan 2013 gebore en is nou net oor 5 maande oud en ek is smoor verlief op haar.
Die behandelings en hoe mense daarop reageer is so verskillend, sommige mense raak vinnig swanger en ander stap 'n langer pad! ek hoop werklik jy is een van die gelukkiges wat sommer vinnig swanger raak!

Dellie,
Ek wou nog vir jou se, moet nie OPK's gebruik om ovulasie te bepaal nie, die feit dat jy PCOS het gee fals resultate, ek het baie geld gemors voor ek dit uitgevind het. Hie beste manier om OV vas te stel is om Temp charting te doen.

Lagoggies,
Ek wil net ook vir jou se baie welkom by ons groepie. Soos ek vir Ellam ook gese het, almal hier sal help waar hulle kan en as ons nie antwoorde het nie kan jy verseker weet daar sal altyd 'n kuber skouer wees! Jammer om te hoor jou FS is weg op Kongres!

Lalie12
hellooo. wonderlik om van jou te hoor!
Sterkte met die IVF wat voorle. Ek is sommer opgewonde oor al julle IVF girlies! hier kom sommer klomp BFP's, ek weet dit sommer!

Hopeful,
Hoe gaan dit met jou en die simptome? Ek is baie jammer oor die skrik wat jy gehad het! Kyk mooi na jouself en babsie en vat dinge maar rustig!

Zettie,
Ek was so lank terug op... Ek wou nog se ek is baie bly jy het jou party geniet, sal graag foto'tjie of twee wil sien van hoe dit gelyk het!

Bea,
Ek is baie bly om te hoor jou dogtertjie is beter. Jammer dat dinge nou so rof gaan by julle. Dit is soos jy se al die hormone mors lelik met mens se emosies! Sterkte Vriendin.

Zarah,
Ek stem, moet liewer nie vir ML se van die Abstenance na IVF nie. HEHE. Se maar eers vir hom van die "brug" as julle voor hom staan. Maar die 6 weke na die geboorte is geen seks baie maklik, jou lyf is seer ek julle alby is so moeg en fokus net op daai kleine lyfie en voor jy jou oe uit vee is daai 6 weke veby en dan gaan mens weer tekere soos twee jong getroudes, verlief van voor af hehehe.

AFM,
Die dokter het my nou op medikasie gesit om my melk meer te maak want dit was besig om op te droog. Anja raak net ouliker by die dag. en verder het ek nie eintlik nuus nie.Sy was by haar eerste verjaarsdag partytjie gewees, ek heg 'n foto'tjie aan van haar in haar outfit met die oortjies wat sy by die partytjie gekry het.
Haar insening het baie goed afgeloop. Ek sit 'n soto by van die koek wat ek gebak het. Die een is van waar ons dit opgestel het en die ander een is net 'n close-up van die koekies.

Hoop julle het almal 'n stunning week. Sterkte vir almal wat pille moet dring of in hulle 2WW is.



Snoekie
:heart:

Me: 30
DH: 32
TTC: Since August 2010
Sept '11 50mg Fertomid: 1 Follicle BFN
Oct '11 50mg Fertomid: No follicles
Nov '11 100mg Fertomid: No Follicles
Dec '11 150mg Fertomid: No Follicles 46 day cycle
Feb '12 Femara and Glucophage: OV'ed BFN
March '12 Femara and Glucophage: OV'ed BFN
April '12 Femara and Glucophage: BFP!!!!
21 Jan 2013 Birth of my little girl, Anja.

Jan 2014: Informaly starting to try for nr 2. No Medication... Just enjoying the journey for now.

File Attachment:
Attachments:
The following user(s) said Thank You: ellam

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account