Hi Julle, hier gesels dit darem nou dat dit klap.
Tryingfor3 - welkom hier by ons. Ek het ook reeds 'n dogtertjie - sy word volgende week 3 en ek verstaan hoe dit voel as jy nog 'n kind wil hê - daardie drang is net so sterk en die pad is ook met tye moeilik en hartseer. Ek stem saam met wat van die ander gesê het - moet jy nie dalk by 'n FS uitkom nie? So baie van ons is al van die wal af in die sloot gehelp deur gynaes en so baie tyd is al vermors voor ons die regte hulp gekry het. Sterkte vir jou pad vorentoe!
Lalie, bly jy is aan die gang met die nuwe FS - ek hou al my duime vas dat jy baie gelukkig by hom sal wees.
Hopeful, nou raak die dae darem regtig min!! Dankie vir die mooi gedig van gister
Zarah, hoe hou jy uit met die 2ww? En hoe gaan dit met die geen koffie drink nie? Ek het nou al twee dae niks koffie gedrink nie - wel 'n hot chocolate gister... Ek oefen maar vir volgende maand!
StellaK, gaan dit al bietjie beter vandag? Sterkte, is jy nog by die huis? xxx
Clueless - dankie vir jou storie van gister.
Hallo aan al die ander: Zettie, Debs, MMC, NaombiB - hoe gaan dit met julle?
AFM: Ek het nog steeds nie die kliniek gebel vir my ovarian reserve uitslae nie - dalk is ek bang dis nie goeie nuus nie! Maar ek dink ek sal bietjie later vanmiddag bel. Kan net nie glo ek gaan oor twee weke met IVF begin nie - dit het nog nie lekker ingesink nie. Ek is net so hartseer vir my vriendin - sy het hierdie maand haar eerste IVF gedoen - 8 pragtige eiertjies geaspireer, maar toe het net een bevrug (hulle het ICSI gedoen waar die sperm in die eier gespuit word) en hy het toe ook nie verder ontwikkel nie. Ek is so hartseer vir hulle.