Hello Dames Andie, Hopeful, Zarah, Bea, MMCC, Naomi en al die ander! Ek onthou altyd net 3 goed op 'n slag...
Zarah! Ek dink ek sou ook 'n hartaanval gekry het!! Ek het net hierdie ongelooflike positiewe gevoel in my hart vir jou!!!
Ek was BAIE ongelukkig gewees gister, my Dr se ontvangsdame bel my en se vir my sy en die Dr het nou gepraat {Ek gaan eerder nie sy naam noem nie, want ek dink amper daar is 'n dame daar by hom, en ek wil nie he dit moet hulle negatief maak nie}
Hy het nou besluit, Jammer hy kan my nou nie meer help nie. Ek moet maar 'n ander FS soek, want die een wat hy ken is baie besig. My File is nou "TOE"
Wie de *&*(%$ is hy actually? Ek het amper 'n jaar van my tyd gemors by die Dr, wat absoluut net sy gaai half aan my afvee. Ek was vir Ovarian Drilling, vir Laps, op Medikasie. En dit is nou maar net hoe dit is.
Mense, daar gaan soveel emosies in so storie, ek se vir my Man gisteraand, dit voel asof my Dr my net los. Dit is amper vir my erger dat hy net se, Sorry, soek vir jou 'n ander Dr. Is hy nie veronderstel om dit vir 'n mens persoonlik te se nie?
Ek is vandag weer my ouself, ek SAL nie dat 'n DR my gemoed so beinvloed, en my Negatief maak nie. Ek is 'n gesonde vrou, en sy woorde gaan my nie van my Plan af maak nie. Ek sal nou die BESTE do&*(&% Dr soek in PTA/JHB en 'n nuwe PVA kry.