Hallo dames!
Ek is nie op hierdie stadium TTC nie, maar ek lees gereeld hierdie gesprek en voel al of ek julle begin ken. Lalie jou post het my so kwaad gemaak dat ek nie langer kon "lurk" nie, ek moet net iets se.
Kortliks my storie: Ek het laasjaar na 4 jaar se TTC (ek is nou 36) swanger geraak en my dogtertjie is in Oktober gebore. Dit was eintlik so n skok, ons het heeltemal opgegee op kinders, en het besluit om nie die FT pad te volg nie as gevolg van die vreeslike emosionele "roller coaster". My swaer en sy vroutjie het dit gedoen en dit was baie swaar op hulle (n groot deel daarvan is dat hulle nie kommunikeer nie maar dit daar gelaat) en ons het net besluit dis nie vir ons nie. Februarie was so n besige maand vir ons, ons het elk omtrent 4 ure slaap per nag gekry en ons dood gewerk en ek het dr toe gegaan met wat ek gedink het is n blaasinfeksie. Ek sweer, ek en my man het seker net 1 keer daardie maand by BD uitgekom, en toe se die dokter vir my "Geluk mevrou, jy is 4 weke swanger"!!

Jy kon my omslaan met n veertjie!! My dogtertjie is nou amper & maande oud, geen komplikasies met swangerskap, geboorte of baba nie. So.... in kort, dis nou my storie.
In elk geval, Lalie jou post het my so kwaad gemaak dat ek nie langer kon "lurk" nie, ek moet net iets se. Wie de h@l gee hom die reg om so iets te doen, en dit nog nie eers in persoon nie?!! LAlie, as ek reg onthou is jy nog net 26? Jy het nog so baie moontlikhede en tyd is aan jou kant, wie is hy om sommer so op te gee op jou?? Dit maak my so boos!!
Hier is baie baie goeie Fertiliteit Spesialiste in Jhb, n vriendin van my het op 46 swanger geraak laasjaar na IVF. Moenie opgee nie, en moenie dat hulle jou negatief maak nie!!