hallo daar,
Lalie, ek sou verseker al op dai stokkie gepieps het
Hopeful, sterkte vir die troue, ek het volle vertroue dat jy 'n baie goeie MC sal wees
Debs, geniet die naweek weg. dis altyd pret.
Zarah, solank jy hou by 1 koppie 'n dag glo ek sal als ok wees. my dr het wel gese dat decaf heeltemal ok is.
AFM, ek het 'n aaklige oggend agter die rug. ek het skaars die pille gesluk, toe kry ek die vreeslikste pyne. het vieslik opgegooi en 'n spul pynpille gedrink. nie lank na die pille nie, toe begin die groot vloed. nou ja, toe spandeer ek maar 'n halfuur op die troon en die volgende 3 ure in die stort. soos my geluk in die lewe dit nou het, toe hardloop ek nou uit toilet papier ui ook

my liefste man het toe uit 'n onderhoud (hy het darem die onderhou gevoer) uit gestap om vir my 'n paar goedjies te bring - hy is net die grootste engel die laaste 3 dae.
dinge het darem nou gestabiliseer en ek het die pyn en die naarheid so bietjie onder beheer. ek dink ek het nou al my kwota pynpille in vir die dag, so ek sal maar sien hoe lank ek kan uithou - dis seker van die baie pille dat ek so naar is.
daar is darem goeie nuus ook. ek het jul so ruk terug vertel van my vriendin met die epilepsie wat 'n kind wil aanneem. hulle het woensdag 'n 14 maande oue dogtertjie gekry.
hoop almal het 'n goeie naweek