× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

11 years 10 months ago #253102 by Tinktinkie
Jame-meisie, sjoe, wat n brawe besluit. Ek salueer jou sommer vrou! Dit moes n baie moeilike besluit gewees het, maar respekteer dit so van jou. Baie sterkte vorentoe, en kom laat weet tog asb as daar nuus is. Ek bid en hoop saam met jou dat jul wonderwerkie net om die draai lê. :heart:

Me: 30 lean pcos
DH: 33 male factor
Married 7yrs

Ttc since Oct 2011

DH had varicocelectomy Sept 13
Jan - May 14 - Femara =BFN
March 14 - Move to FS
May 14 - Hysteroscopy
June 14 - IUI 5mg Femara = Canceled
July 14 - IUI 5mg Femara, menopur and ovitrelle = BFN
Aug -Sept 14 - IVF with IMSI and ICSI - Hyperstimulated - no transfer.
6 frozen blastocysts
30 Oct 14 transfer 1 5BA blastocyst
6 Nov - 1st Beta 55
8 Nov -2nd beta 130!
We are so thankful

Daughter born at 33 weeks

File Attachment:




.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #253094 by Twinkle
Hello Julle

Ek kom loer gereeld nog hier in

JAME - baie sterkte en ook "geluk" met jou besluit. Daar is HOOP glo my, ons het van die heel begin af besluit GEEN KI, GEEN IVF ons sal die homeplan doen en dit is waar ons gaan stop juis oor ons ook 1 gesonde gelukkig liefdes kind het!!! En wat gebeur Oktober daar kry ek my BFP - was so geskok gewees omdat ons vrede gemaak het om net een son skyn seuns kind te he! Ek glo Bid en Vertrou dat dieselfde met julle sal gebeur - vat dinge rustig en vergeet van TTC!!! Wonderwerke gebeur nog elke dag!

Al julle ander dames raak RUSTIG hou op om in elke simptoom iets te lees raak rustig julle sal jul self MAL maak ... Glo hoop en Vertrou dat elke een van julle binnekort daai BFP foto sal post - TTC is nie vir sussies nie....

STERKTE

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #253092 by DieSwartKat
More al julle lawwe goeters, raai wie is terug en vars na 'n week by die see?

Ek het nou vining opgevang en eerste die forum gelees voor my werksemails :laugh:

Ek wil eerste net vir Jame 'n boodskappie skryf. Ek gaan jou sommer baie mis, jy het altyd 'n snaakse ding om te se en kan altyd 'n grappie van 'n swaar situasie maak. Jy was altyd baie ondersteunend en het altyd baie belang gestel in almal se situasies. Ons gaan jou mis. Alhoewel ek ook verstaan waarom dit tyd is om n breek te vat. Ons was nog nooit in die posisie om IVF te kon bekostig nie (as dit sou nodig wees), geld is ongelukkig 'n kwessie en almal moet keuses maak en besluite opweeg. Vir jou eie gemoedstoestand is dit ook 'n goeie ding om 'n breek te vat, wees 'n slag selfsugtig en dink aan jouself en jou gesinnetjie, in plaas van 'n babatjie wat nog nie bestaan nie.

Intussen is dit ok om hartseer en teleurgesteld te voel, jy is ook mos maar net mens. Maar ek weet dat ons jou in die nuwe jaar op die forum gaan sien, wanneer jy ook vir ons jou foto met jou 2 pink strepies kom wys. Ek sien uit daarna, sodat ons weer kan saam kerm oor swangerskap pyne en skete. xxx

Vir die res, ek vang later met jul op, klink of dit goed gaan. Anzel, lyk my jy het 'n groot deurbraak gemaak, hoop dit werk!

AFM, ovulasie was gister (CD14), het eergister my postitiewe OPK gehad. Ek en ML doen die BD elke 3rde dag, hy is omtrent soos 'n kat wat 'n piering room gekry het. My toetsdatum behoort 6 Desember te wees (ook my 6de huweliksherdenking), hoop om kort op die hakke van Meisiekind en Fairymommy se goeie nuus te wees!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #253091 by Jame
More julle almal!

Hierdie is my koebaai boodskappie. Ek heet die hele ttc ding nou vaarwel. Ons sou nog IVF gedoen het maar daar teen besluit. Die odds is alklaar nie great nie en met my ou baarmoeder se toetsandjie nog minder. Ek sal nie eens R50 by rolette tafel speel met ons odds nie wat nog te se van R40k. :dry:

Baie sterkte vir jul almal. Vasbyt, MAAR kyk mooi na julself al beteken dit partykeer om so bietjie terug te staan met die baba ding. Geniet jul ML. En hou op symptom spotting doen. Jul sal julself hengse guns doen om nie dinge in als te lees nie. En onthou alle fertility meds boots juis swangerskap simptome na, so chill, eet 'n chocolate , luister dalk bietjie heavy metal ;) .....enigiets om jou brein van dit af te kry. Dis die enigste raad wat ek het. :heart:

Jul sal my verskoon as ek spesiale SHOUT OUT gee aan Meisiekind en Swartkat. Ek hoop jul 2tjies kry spoedig 'n boet of sus vir jul kiddies. Meisiekind ek en jy loop veral al lank saam. Ek sal beslis kom inloer om jul 2 se status te bestudeer ;) ! :heart:

Ek is dannkbaar vir die pragtige dogtertjie wat ek het en net so ontvang het sonder om eers te probeer wat nog te se van sukkel. Sy is perfek, pragtig en gesond. Wie weet my GOUE EIER kom verras ons dalk net.

Mooi daggie vir jul almal.
xxx

Me: 33, DH:33

March 2012 healthy girl conceived naturally.

TTC#2 since Jan 2013

Laparoscopy Oct 2013, all fine

DH: SA motility bit low

IUI#1 Jan 2014 = BFN
TI Febr 2014 = BFN
IUI#2 March 2014 = BFN
TI April 2014 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #253079 by Fairymommy
Naand meisiekind. Ek gaan maar ook probeer uithou tot 3 Dec. Ek is nou 3 DPO en het vandag omtrent heeldag geslaap. Wat wierd is !! Ek vat nooit eers middag slapie nie. En waar ek gewoonlik 05h30 op is , het manlief my 08h30 wakker kom maak. Ek weet dit is vroeg maar wil nie te happy word nie :blink:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #253077 by Meisiekind
Hello dames

Sjoe fairychild, klink of jy op erenstige medikasie is. Dis 'n moeilike situasie en besluite om te neem. Hoop jy kry gou daai afspraak by die spesialis.

Swartkat, klink of julle lekker kuier. Partykeer is dit net wat mens nodig het om jou aandag af te lei en dan gebeur dinge vanself sonder al die toetse ens.

Anzel, klink vir my jy't nou op iets belangriks afgekom. Hooplik help daai progesteroon room sommer gou. Jy noem dat jy sommer beter voel op alle vlakke - sal jy omgee om 'n paar goed te noem wat verander het? Sal graag meer wil weet omtrent die effek van lae progesteroon vlakke op mens se liggaam.

Fairymommy, bly om te hoor jy't jou smiley gekry. Lyk my ek en jy is dan cycle buddies, want ek toets op 1 Des (wel kom ons hoop ek haal daai datum sonder om in te gee op die POAS versoeking :whistle:).

Wat my betref, nog redelik oortuig dat ov 'n paar dae terug op CD18 was, soos verwag. Vandag op 5dpo en (.)(.) nog seer, maar nie te erg nie. IBS sukkel nog soos gewoonlik. Andersins is alles maar meestal dieselfe. Vreeslik moeg deesdae en tel die dae af totdat my vakansie kan begin. Nog 4 weke om te gaan... dit voel soos 'n ewigheid! :)

Me: 38 (PCOS, anovulation, endo)
DH: 41
DS: Our miracle boy conceived naturally, born Feb 2012
DD: Our miracle girl conceived naturally, born Sep 2019

TTC#2 June '13
Dec '13 - Dec '14: 8 cycles Fertomid (4x50mg; 4x100mg) - referred to FS May 2014
Jan '15: Laparoscopy and hysteroscopy - removed Endo, improved structure of 1 tube
Apr '15: IUI#1 - BFN
May '15: IUI cancelled, too many follicles
Jun '15: IUI#2 - BFN
Oct '17: IVF aspiration
Nov '17: FET#1 - BFN
Apr '18: FET#2 - BFN
Jun '18: FET#3 - BFP - early MC
Aug '18: FET#4 - BFP - early MC
Sep '18: FET#5 - BFP - early MC
Jan '19: Natural BFP!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #253058 by Fairymommy
Hi almal. Welkom aan al die nuwe dames. So begin my TWW :blink: het gister op CD 15 my smiley gekry . Nou net wag tot 3 dec dan kan ek toets. :woohoo:
Hou duim vas vir almal. Geniet julle naweek.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account