× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

12 years 2 weeks ago #252876 by Meisiekind
Tanzie, I also get sore (.)(.) from around the day before ov until at least 4 days thereafter. Its due to the rise in progesterone. In some cases an estrogen rise may also cause this, so really there is not much you can read into it with certainty. If your gynae says that ov happened, then I'd believe that.

Anzel, ek self is teen die tyd al alergies vir simptome spotting. Het by myself en vele ander dames hier al hoeveel keer dieselfde soort post gesien en op die ou end eindig dit in baie hartseer op. Vir daardie rede sou ek sê moenie te veel in simptome lees nie. Jou simptome klink wel ook soos die tipe goed wat mense post wanneer hulle wel 'n BFP kry, so ek dink die kanse is 50/50.

As ek feitlik kyk na wat jy sê, gestel inplantasie by jou is op 11dpo (die pienk spotting kan dit aandui) dan is dit definitief nog te vroeg vir POAS. Selfs 14dpo mag dalk te vroeg wees. So hou jou POAS goedjies dan eerder tot 14dpo of later. Die ewcm is gewoonlik 'n teken van verhoogte estrogeen, wat gebeur in vroee swangerskap, maar kan ook gebeur kort voor die rooi heks opdaag. So weereens nie veel wat mens daaruit kan wys raak nie.

Ongelukkig lyk dit vir my of jy maar sal moet uithou vir nog 'n paar dae om te sien wat gebeur. Probeer om nie te veel te dink aan what-if's en maybe's nie, want dit kan mens regtig mal maak - glo my as ek sê dat ek weet presies hoe dit voel. Ons het almal altyd die beste voorneme om nie simptome spotting te doen nie, of nie te vroeg te POAS nie, maar in daai laaste dae van 2ww vlieg al daai voornemens maklik by die venster uit en vergeet ons maklik van realiteit. Mens sien net die simptome raak wat mens wil sien.

Ek hoop vir jou dat ek nou al hierdie goed verniet sê en dat julle binnekort goeie nuus kry. :)

Me: 38 (PCOS, anovulation, endo)
DH: 41
DS: Our miracle boy conceived naturally, born Feb 2012
DD: Our miracle girl conceived naturally, born Sep 2019

TTC#2 June '13
Dec '13 - Dec '14: 8 cycles Fertomid (4x50mg; 4x100mg) - referred to FS May 2014
Jan '15: Laparoscopy and hysteroscopy - removed Endo, improved structure of 1 tube
Apr '15: IUI#1 - BFN
May '15: IUI cancelled, too many follicles
Jun '15: IUI#2 - BFN
Oct '17: IVF aspiration
Nov '17: FET#1 - BFN
Apr '18: FET#2 - BFN
Jun '18: FET#3 - BFP - early MC
Aug '18: FET#4 - BFP - early MC
Sep '18: FET#5 - BFP - early MC
Jan '19: Natural BFP!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 2 weeks ago #252867 by AnzelMama12
HI, girls

Ek is vandag op CD 26 van 'n 28/29 dag siklus. Iets funny het gebeur, en ek wil graag jul input hieroor kry. Ek en my man het gisteraand bietjie "speeltyd" gehad. Die aand daarvoor het 'n sulke steek krampe by my eierstokke gekry, maar dit net ignoreer. 'n paar dae voor dit sulke brand gevoel kolle net onder my naeltjie - soos 'n kramp, maar dit brand. Binne. Onder my naeltjie.

Deur die nag gisteraand moes ek op om 'n draai te loop, toe ek voel maar ek't 'n swaar gevoel in my buik en my lae rug baie seer. Vanoggend toe is daar spotting gemeng met ecwm - so pienkerige kleur. Ek sit ook die hele oggend met 'n seer lae rug en ongemaklikheid in buik.

Nou wonder ek - As ek geovuleer het wanneer ek gedink het ek geovuleer het, is ek vandag op 11 DPO, twee of drie dae voor my periode. Is dit net periode pyne?? Of wat is aan die gang?

Ek sukkel al van Maandag af met 'n ongelooflike kopseer ek kan iets oorkom. Ek is ook moody like hel, my boobies is baie grooter (maar nie seer nie), met slegte sooibrand/reflux, lae rug ongemak en ek't 'n veluitslag gekry, wat als ongewoon is vir my tipese periode - veral nie so vroeg al nie. Dit kan ook PMS wees, maar gewoonlik voor my periode is my boobies baie seer. So ek weet nie wat aangaan nie.

EK't gelees dat implantation tussen 6dpo en 12dpo kan gebeur, so ek is nog in die window. Maar ek wil nie te opgewonde raak nie.

Ek het laas week Donderdag en weer Sondag getoets en albei kere BFN - Heel duidelik te vroeg getoets. Ek het twee cheapies oor, maar te bang om hulle op te mors. Ek mag nie nog koop nie. lol.

Enige insigte? Of is ek net besig om mal te raak so terwyl ek wag vir die rooi heks om my te oorval??

Ekt myself belowe ek sal nie symptom spot nie...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 2 weeks ago #252864 by tanzie
Morning everyone,just a quick question?
who else experienced sore breasts from day 15 straight up until currently day 21?My boobies are so eina :cry: :cry: ,i have read that this could mean you did not ovulate?however my gynea has reassured me I have ovulated...?also I havent been on any meds since last year june so its not because of meds?if i am out this month then i will be starting with 50mg fertomid again to give things a extra boost?

Thank you all for all your advice and kind words so far :kiss: :kiss: :kiss:

<a href="lilypie.com/">lmtf.lilypie.com/uVhsm8.png" width="400" height="80" border="0" alt="Lilypie Maternity tickers" />


[link=http://www.babygaga.com/][image noborder]tickers.babygaga.com/p/dev265pr___.png[/image][/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 2 weeks ago #252862 by Meisiekind
Hello almal!

Hoop dit gaan nog goed. Baie besig aan my kant, so ek kry maar min kans om te post.

Fairychild, hoe gaan dit? Het julle al nuus oor jou man se werk? Ken die gevoel en wens dit vir niemand toe nie.

Swartkat, altyd jammer om te hoor oor die tannie met die rooi kar na 'n 2ww. Hoop dis nou die begin van 'n goeie siklus vir jou.

Wanda, dink so baie aan jou. Dis nie 'n maklike vraag om te beantwoord nie en die antwoord verskil van mens tot mens. Wat myself betref is ek definitief nog nie naby aan opgee nie - weet nie of ek ooit kan nie. Maar dis hoe ek nou voel. Mens weet nooit wat die toekoms inhou nie.

Ek het eendag 'n interesante stelling gehoor waaraan ek gereeld dink. Mens is so geneig om alles op te offer vir jou kinders (of om kinders te kan hê), dat mens maklik jou man/vrou kan afskeep in die proses. Soms met blywende skade aan die huwelik. Die ding wat mens moet onthou is dat wanneer die kinders eendag uit die huis is, is dit net jy en jou man wat oorbly. Mens moet ten spyte van alles genoeg aandag aan mekaar gee sodat julle nie eendag vreemdelinge vir mekaar is nie (of erger, opeindig in 'n egskeiding nie).

Die ander ding wat vir my baie gemoedsrus gee is die weete dat net God se plan my gelukkig kan maak. Ek besef dis baie moeilik met 'n moontlike histerektomie wat oor jou kop hang, want dis 'n vreeslike drasiese stap met geen omdraai kans nie. As dit absoluut onvermeidelik is, dan weet jy dat dit nie God se plan vir nog 'n baba was nie. Dit maak baie seer om so iets te aanvaar, maar wanneer mens vrede daarmee maak gaan jy sien dat jy daar deur kan kom en ok is met ander mense se swangerskappe en babas om jou. Ek het geen idee wat julle padjie vir julle gaan inhou nie, maar ek hoop regtig dat julle in Desember goeie nuus kry en dat 'n histerektomie nie nodig gaan wees nie.

Sê vir ML hy moet ook 'n bietjie moed hou en sy kop oplig. Hy't nou net eers begin met die antibiotika, so aan sy kant is dit baie moontlik dat sy swemmers binnekort perdfris gaan wees en dalk het julle sukses sonder allerhande prosedures.

Klink seker of ek myself weerspreek, maar wat ek seker eintlik wil sê is moenie te gou moed opgee nie. Wees net rustiger en vat dinge stap vir stap. Moenie te ver vooruit dink aan wat alles verkeerd kan loop nie. En as dinge dan nie uitwerk nie, maak vrede daarmee sodat julle kan aanbeweeg. Weet dan dat die plan vir julle nie is wat jy gedink het dit moet wees nie, maar dat dit die beste pad vir julle gaan wees.

Sterkte! :heart:

Me: 38 (PCOS, anovulation, endo)
DH: 41
DS: Our miracle boy conceived naturally, born Feb 2012
DD: Our miracle girl conceived naturally, born Sep 2019

TTC#2 June '13
Dec '13 - Dec '14: 8 cycles Fertomid (4x50mg; 4x100mg) - referred to FS May 2014
Jan '15: Laparoscopy and hysteroscopy - removed Endo, improved structure of 1 tube
Apr '15: IUI#1 - BFN
May '15: IUI cancelled, too many follicles
Jun '15: IUI#2 - BFN
Oct '17: IVF aspiration
Nov '17: FET#1 - BFN
Apr '18: FET#2 - BFN
Jun '18: FET#3 - BFP - early MC
Aug '18: FET#4 - BFP - early MC
Sep '18: FET#5 - BFP - early MC
Jan '19: Natural BFP!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 2 weeks ago #252855 by wanda
Hi Julle

Swartkat baie dankie vir jou woorde is so waar. Op die staduim staan ek te naby aan alles. My enigste ding is babas en swangerskappe verdwyn nie mens moet leer om te cope.

Ek moet stem dat ons onder so baie druk is met so baie veranderinge en werk en alles. Dit is seker net 10 keer erger as jy weet die dokters het gese teen Desember sal ons moet besluit het vir n histerektomie en dit maak mens meer mal.

Ek wil iets met julle deel wat n vriendin my vertel het ek dink altyd so daar aan sy het gese sy het alles gehaat in die lewe behalwe n baba geld om vir 10 babas te sorg n wonderlike man 2 karre maar dit het nie haar leegte in haar hart vir n baba gevul nie. Ek probeer myself besig hou bak koek verf werk, werk en nog meer werk, Miskien moet ek ophou so baie goed doen en net relax

HBwoman dankie vir jou boodskap word waardeer

Ek gaan nou elke dag voluit leef en minder stres ek gaan ook nog kom in loer maar sal julle op hoogte hou as die dokter des sien alles groei weer vas sal ek gaan vir die histerektomie en vrede maak daar mee.

Hoop vir almal van julle sukses met baie BFP

Geniet julle week

Me - 34
DH - 30

TTC #2 - 8 Years
1 DD - 17 Years
Love my Girl children are worth more than GOLD

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 2 weeks ago #252848 by DieSwartKat
Hallo julle,

Aai Wanda, ek weet ook nie wat om te sê nie. Behalwe dat hier onlangs 'n paar sukses stories was van 'n paar dames wat ook 'n bitter lang pad met TTC gestap het. En toe tog hul BFP gekry het.

Ek sal nooit vergeet nie, toe ek vir my eerste sonar gegaan het in 2011 met my dogtertjie, was daar 'n Indiër-paartjie in die dok se spreekkamer. Sy sou haar keiser die volgende dag kry. Hulle het 9 jaar ge-TTC voordat sy swanger geraak het, kon nooit IVF of sulke goed bekostig nie. Watse ongelooflike mense, wat aanhou probeer het en nooit moed opgegee het nie. Die Here (of Allah, in hulle geval) gee vir elkeen 'n babatjie wanneer die tyd reg is. Maklike gesê dat jy net moet geduldig wees, maar ek dink nie daar is 'n ongeduldiger spesie as 'n vrou wat graag wil swanger raak nie :heart:

Mag ek iets persoonliks kwytraak, en moet asb nie aanstoot neem nie? As ek so deur jou posts van die afgelope rukkie gelees het, het ek altyd die indruk gekry dat jy op die oomblik baie oorweldig voel met alles. Hierdie is dalk 'n goeie geleentheid om jou gemoedstoestand te verbeter, en dan in die nuwe jaar vars te begin. Jy en jou man kry duidelik baie swaar, 'n baba is 'n seël op enige huwelik, maar dis regtig nie die moeite werd om so hard te probeer dat alles anders om jou vergaan nie.

Die laaste ding wat enige baba nodig het is 'n ma wat van haar trollie af gegaan het. :laugh: So maak seker jy kyk mooi na jouself sodat alles gereed is vir wanneer jy ook daai foto met die 2 pink strepies vir ons kom post.

En dis nou al van my kant af. Sjoe, gelukkig het ek nie 'n sielkundige geword nie. Dis noggal hectic om so "diep" te wees!

AFM, my tannie met die rooi kar het vanoggend opgedaag. Uiteindelik.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 2 weeks ago #252847 by Hbwoman56
HI Wanda

Ai ek dink nog die heeltyd aan jou van ek jou laaste boodskap gelees het. Ek weet nie presies hoe jy voel nie, maar ek kan myself indink. n Hele paar jaar terug het ek en my eks man baie lank probeer om swanger te word, maar niks het gebeur nie. Ons het baie druk op ons huwelik gesit en hy het my blameer dat ek nie swanger kon word nie. Ons is toe later aan geskei. My raad vir jou is, just let go. Stres kan veroorsaak dat jou hele liggaam shut down. Dis presies wat met my gebeur het, daar was niks fout met my of my eks man nie. Die spanning van ons huwelik was net te veel gewees. Ek wil saam met jou man stem, en fokus op mekaar. So graag soos jy daai donker kop wil he, is dit baie balangrik om jou donker kop aan jou sy op te pas. Dalk gaan dinge beter wanneer die spanning weg is.

Baie sterkte en wees net positief.

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://daisypath.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account