Halooo almal. Skuus ek was die laaste rukkie so stil... Was en is steeds hectic met die laaste week of twee se merkery by die College.
Vir die girls wat wag vir AF/BFP - Vasbyt - It's not over till the fat lady sings, so julle is almal nog in die running. Hou vir julle duim vas.
Ek het mos so twee, drie weke terug begin met progesteroon behandeling - Die begin van 'n hele nuwe lewe, of so voel dit vir my. Sjoe. Ek kan nou nog nie glo dat my hele probleem toe by 'n tekort aan progesteroon gelê het nie. Een van julle girls het my gevra wat my simptome was voor die progesteroon behandeling en hoe dit nou is... Hier kom dit nou!
Simptome:
Mood changes, anxiety, nervousness, irrational fears, irritability.
Depression.
Headaches, migraines.
Hot flushes (also known as hot flashes or night sweats if they occur at night).
Low sex drive / libido.
Menstrual problems such as irregularity or heavy bleeding.
PMS.
Menopause and peri-menopause problems.
Breast disorders, pain, tenderness.
Endometriosis.
Pyroluria.
polycystic ovary syndrome (PCOS).
Postpartum depression.
Weight gain.
Infertility.
Miscarriage.
Ek voel stukke beter noudat ek op die behandeling is. My moods is meer stabiel, ek is minder moeg en my libido is terug! Jippeeee! My hare val minder uit, minder (amper niks) krampe en pyn, rug minder seer, maag probleme opgelos, veluitslag het verbeter, boobies ook nie meer so baie seer nie. Ek het definitief op die klok geovuleer die maand en is baie positief oor ons toekomstige baba planne - Ek is tans in my TWW - Periode is veronderstel om volgende Donderdag te begin. Ek hoop egter vir 'n BFP, so ek hou duime en tone vas. Dit voel regtig asof 'n groot berg van my skouers af is, asof ek ligter is. En dit is klaar baie beter.

Oh, ja. En ons het om die beurt elke tweede dag gebd, sedert laas Sondag, selfs 'n paar dae daarvoor ook. So ons het ons deel gedoen.
Sedert ovulasie, so twee dae daarna tot en met vandag, is ek huilerig vir enige iets en is heeeeeeeltyd honger (My maag dink my keel is afgesny, al het ek net 'n uur terug gegeëet). My liggaamstemp bly hoog, neus toe, borste bietjie geswel, piepie baie, ens. My maag voel ook bietjie geswel - bloated?? En ek voel heeltyd "nat" daar onder. En o jimmel, ek is vreeeeeslik naar! lol! Vrydagoggend het ek gedog ek gaan dood van naargeid - Sondagaand en gisteraand ook. Geen krampe tot dusver nie.
Ek is egter te bang om opgewonde te raak en dan is dit weer 'n bfn. Ek is dus geduldig en is positief oor die behandeling wat my so beter laat voel.
Sal julle op hoogte hou!
Mooi bly en sterkte vir almal op dieselfde journey!