Die 2ww maak my ook mal. Ek het my verbeel dat AF weer hierdie Sondag moet begin, daarom wou ek Saterdag toets. Het vroeer na my dagboek gekyk en AF moet eers volgende Woensdag kom, so sal seker eers volgende Maandag kan toets
Fairymommy, het jy nog nie getoets nie? As AF more due is dan behoort jy al 'n akkurate resultaat te kan kry? Ek het dieselfde simptome, maar die honger voel bietjie beter. Steeds moeg elke dag, maar nie so erg soos die paar dae rondom ovulasie. Ek het oor die naweek vir die eerste keer in 3 jaar sooibrand gekry, en was Vrydag aand 22:30 dodelik naar nadat ek 7pm bietjie paella geeet het wat niks snaaks eers ingehad het nie. Krampe nog elke dag, omtrent daagliks hoofpyn, rugpyn en baaaie creamy CM. Dit freak my eintlik uit...TMI!!
Tanzie, nog so 1 of 2 keer BD, dan kan jy nie meer doen nie. Jy't alles reg gedoen hierdie siklus, na vanaand se BD is dit officially nie meer in jou hande nie. Nie dat ek probeer impliseer dat ons self so 'n wonderwerk kan laat gebeur nie, maar jy verstaan wat ek bedoel. Moet se, ek is noggal bietjie verlig dat die hectic BD vir so twee weke verby is, ongeag die resultaat wat ons volgende week gaan kry. Dis harde werk om elke dag jou beenhare te skeer
HoopVirDieBeste, ek is seker jou KI het gewerk! Nou net moed hou suster, jou 2 pink strepies is om die draai!