Zarah, jammer om te hoor van jou oom. En jammer ook dat jy nie hierdie maand met KI kan begin nie
Ertjie1 - hoop nie die Fertomid het te veel newe-effekte nie - sterkte!
Hopeful - mans en hulle bakkies ne - toe maar, een van die dae sit julle 'n karstoeltjie op die agter sitplek!
Debs - ek dink jy moet maar eerder vir DH laat toets, mens weet nooit. Ek was agterna kwaad vir my ginekoloog, want hy het my 3 maande op Fertomid gesit en toe eers na dit my DH getoets en toe het hy 5% morfologie. So 3 maande was gemors. Dalk is jou DH heeltemal fine en het jy niks om oor te worry nie.
Snoekie - dankie vir die inspirerende storie - dis net so amazing.
Hallo aan al die ander!!
AFM Ek werk dat ek klap om al my werk afgehandel te kry voor ek oor twee weke vir my laparoskopie gaan. Ek gaan seker 'n week en 'n half afgeboek wees, so als moet in wees voor ek op siekverlof gaan. Ek voel nou baie rustiger oor die lap - behalwe vir een of twee nagmerries wat ek gehad het daaroor - LOL! Ek wil dit nou net agter die rug kry sodat ons kan aanbeweeg.