Hallo Dames,
Sjoe ek wil eerstens se ek is baie jammer dat ek so vreeslik stil is die laaste tyd, maar ek weet nie of ek kom of gaan nie. Ons trek die naweek na 'n groter huis so ek moes reel om my meubels om te laat kom van Wellington af, ek moet die woonstel waar ons nou bly op pak en ek moet werk doen vir my man se besigheid... En bo dit alles is my liefste dogtertjie moeilik in die dag. Sy wil net vir Mamma he, en Mamma is mos maar te gewillig om haar vas te hou, want sy laat my hele wereld tot stilstand kom.
Ek is baie jammer oor al die BFN's wat ingekom het die week!!!
Ek het net so vining geloer na die laaste 70 posts, dit is hoeveel ek gemis het.
Ertjie,
Ek wil Spesiaal net vir jou vertel. Hopeful is reg met wat sy jou vertel het. Ek was die hele Fertomid storie deur, het 2 siklusse 50mg, een siklus 100mg en een siklus 150mg gedoen ek het nie op enige een gestimuleer nie. En net so terloops ek het die 150mg siklus oor kerfees saam met 16 skoonmense in een huis gedoen... NIE PRET NIE! Dok het my toe op Femara gesit het met 3'de siklus swanger geraak met Anja.
Die dokters hier gebruik nie Femara nie, maar my Gynie hier het gese hy is bereid om dit vir my voor te skryf as ek kan onthou wat die dosis is en hoe hy daarna moet monitor. So praat met jou dokter en se jy wil Femara probeer. Dit het baie minder newe efekte en dit werk!
En nou wil ek graag 'n storie met julle deel. Dit gaan lank wees so byt vas en lees dit asb.
Ek het 'n baie goeie vriendin, My beste vriendin. Sy het PCOS, Graad 4 Endo en paar ander problem waarvan ek nie eers die name ken nie.
Sy was ook by dieselfde dokter as ek en Naomi in Paarl. Sy het ook al die siklusse Fertomid deur gegaan tot op 150mg. Sy het gestimuleer so die dokter het vir lank aangehou met behandeling. In 2010 het sy na 2 jaar swanger geraak en hulle het 'n pragtige dogtertjie gehad. Na die geboorte het haar problem net meer en erger geraak. Hulle het 'n knop in haar bors gekry. Gelukkig was dit nie kanker nie, maar dit is newe efek van die hoe dosis meds wat sy oos so lang tydperk geneem het. Die gevolg is dat die dokter nie regtig weer meds wou gee vir haar nie. Hulle wil die jaar weer swanger geraak het. Die dokters het lankal vir haar gese en sy het al aanvaar dat met al haar problem is daar net geen manier dat sy op haar eie sou swanger raak nie.
Die dokter het toe ingestem om weer te probeer, maar hy sal net 2 of die siklusse doen en sy loop die risiko dat hulle nie sal swanger raak nie en historektomie moet he op 29/30.
Sy bel my toe noudie dag en sy sy voel nie heeltemal haarself nie, en het toe gePOAS. Daar was toe twee baie fyn lyntjies en sy wil toe weet hoe gemaak. Ek se toe maar sy moet bloed toetse laat doen, want sy is op baie sterk meds wat sy daagliks moet neem. Sy bel my toe die middag en se maar sy weet nie hoe om die toetsie se uitslae te lees nie. En enige iemand wat al self gegaan het vir bloods weet die suster mag nie vir jou die uitslae verduidelik nie. En julle weet ook dat as jy nie swanger is nie staan daar MOERSE groot gesryk NOT PREGNANT. asof daai donerse papiertjie dit probeer invryf. ek se toe maar sy moet doek vir daai groot
NOT PREGNANT boodskap.
sy se toe maar sy kry nie dit nie. toe vra ek maar wat se die papiertjie. sy se toe maar daar staan net dat haar telling is 103, en sy verstaan nou nie wat dit beteken nie. Ek Glo in my hart dit was net pure skok wat haar intelek onderdruk het... want sy is eintlik baie slim en het al so baie toetse laat doen.
Die punt is die dokters het gese sy sal NOOIT op haar eie kan swanger raak nie.
Wel die dokters het blykbaar nie dit met God bespreek nie, want sy is nou swanger sonder een pilletjie of spuitjie.
God is wonderlik en hy sal voorsien. Haar liggaam sou nie nog medikasie kon hanteer nie, so toe voorsien Hy sonder die dokter se hulp. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek glo God het dokters met kennis geseen om ons te kan help, maar die dokter sou haar nie kon help sonder om haar in gevaar te stel nie.
Wou maar net die sukses storie met julle deel.
Geseende Paasfees aan almal.