More Dames, Jammer so stil die week geword.
Baie geluk Tintinkie, dis so n wonderlike gevoel is baie opgewonde saam met jou. Weet jy gaan n fantasitiese geseende swangerskap en geniet elke simptoom, dis alles herinnering van die ongelooflike mooi wonderwerkie.
Swartkat, net positief bly. Baie jammer te hoor van jou skoon sussie, dis n aaklige gevoel. Sal bid vir hul vir genesing in die moeilike tyd.
By my sink realiteit nog in. En elke steek pyntjie laat my hardloop om te gaan kyk of daar bloeding is. Weier om enige iets te dra wat erg op my maag druk so ek het n shopping spree verskoning gehad. ML try my kry om te relax en net eerste paar weke te geniet, maar is nog moeilik. Het die bloed toets gedoen en als is bevestig, maar nou is my yster telling te laag. Healthy diet here i come.
Baie lekker week verder vir almal, ons almal GLO HOOP VERTROUE in die wonderwerke van die Here en dat ALMAL sy groot Seen sal ontvang.
Dankie vir almal se wonderlike liefde en ondersteuning op die blad. My hormone hardloop skoon weg en ek pik n traantjie, want so mooi dat vrouens mekaar so kan bystaan wanneer niemand anders verstaan nie. Jul almal is pragtige mensies.
.