Baie geluk Hbwoman!

Mag jy 'n baie gesonde swangerskap hê. Voorwaar die vinnigste wat iemand hier nog 'n BFP gekry het.
Charne, hoe gaan dit? Het jy intussen weer gePOAS, want daai eerste een was baie vroeg. Ek sou dit nog kans gee.
Swartkat, dis definitief nog nie te laat nie. En solank as wat AF nie opdaag nie is daar altyd 'n kans.
Tinktinkie, amper toets tyd. Dink aan jou.
Wanda, bly om te hoor dat julle nou beter weet wat ML makeer. Klink of julle 'n goeie plan beet het. Interesante simptome wat jy nou het. Ek sou ook nie kon help om te dink aan vorige swangerskap simptome nie. Soortgelyke iets het met my gebeur waar ek ook erge simptome gehad het soos toe ek swanger was met my seun, maar toe draai dit uit om iets heeltemal anders te wees. Het my amper mal gehad. Dit mors met mens se kop, maar moenie dat dit jou onderkry nie.
Hier is so baie posts die afgelope 2 dae, so jammer as ek iemand gemis het. Sterkte aan almal in die 2ww!
AFM, is vandag op CD5 en halfpad deur my pakkie Fertomid. Sien uit daarna om die maand hooplik 'n kans te hê op 'n BFP, want ek was maar afgehaal oor ons die vorige 2 maande nie eers by 2ww kon uitkom nie.
Charne en Tinktinkie, omtrent die meds. Alhoewel dit al amper 'n jaar is sedert ek die eerste keer Fertomid gebruik het, was daar verskeie faktore wat ons in ag moes neem. Die eerste 4 siklusse was op 50mg en het nie eintlik gewerk nie. So toe ek oorgeskuif het na my huidige FS en hy my dosis verander het na 100mg, het ons basies van voor af begin tel. So ek het nou 3 siklusse op die hoër dosis gehad, waarvan ons nie die laaste een kon benut nie agv moontlike bedreiging van Duitse masels. So eintlik het ons nog net 2 keer 'n behoorlike kans gestaan op BFP. Dis hoekom ek en ML besluit het om vir eers die Fertomid nog kans te gee.
Dis verbased hoe vinnig 'n jaar verby gaan. 4 siklusse op die lae dosis waarvan sommige siklusse heelwat langer gevat het as wat dit moes; 3 sikusse op die hoër dosis (besig met 4de) en dan die 2 verpligte breuk maande tussen in. Het regtig nie aan die begin gedink dit gaan so lank vat nie, maar hier is ons nou. Miskien ook maar beter dat mens nie vooruit weet hoe lank die pad gaan wees nie, want dan sien mens dalk nie kans daarvoor nie. Dis nie aldag maklik om te hoor van amper almal om jou wat swanger raak nie (gister weer van iemand gehoor), en dan wil almal weet wanneer is dit jou beurt vir no 2 (want no 1 het mos 'n boetie of sussie nodig). Ten minste baie nuwe goed geleer en nuwe vriende hier gemaak, so dis darem al klaar 2 goeie goed wat hiervan gekom het.
Lekker week julle!