× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

12 years 3 weeks ago #252701 by Hbwoman56
HI Almal

DIS POSITIEF. Het sommer al drie toetse gedoen. Kon nie glo nie. Het so min simptome. Is die heeldag al tranerig, seker die hormone en opgewondenheid. Hoop die liewe Heer bewaar hierdie klein blip.

Jammer te hoor van BFN DieSwartkat, positief bly. HOe vroeg was dit?

Sal vanaand weer met almal opvang.

Lekker daggie.

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://daisypath.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 3 weeks ago #252696 by wanda
Hi Anzel

Ja ek wou my so verbeel het, Volgens my men app moet ek die 17 Nov begin.

Ons vat dit maar rustig, ek is op geen meds die maand nie en sal seker eers weer volgende jaar die FS gaan sien as alles so uit werk.

Ek is tans op dag 18 ek het ook n 28 dae siklus maar my app het dit nou verander na 30 dae aangesien ek laas maand 2 dae laat was

Ek sukkel net so met my ashma, ek se vroer ek het met al my swangerskappe gesukkel met my bors dit is die enigste keer wat ek my ashma pompie 24 uur by my moet dra, so ek is goed raad op.

Ek het geen teken van O gehaat die maand nie geen.

Wel ek hoop jy kry jou BFP sommer spoedig

Me - 34
DH - 30

TTC #2 - 8 Years
1 DD - 17 Years
Love my Girl children are worth more than GOLD

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 3 weeks ago #252686 by AnzelMama12
Hallo girls

Nog steeds niks nuus by my nie. Nog in my tww. My af is veronderstel om teen volgende Vrydag te begin, as ek op die 28 dag siklus werk - Myne is average 29 dae lank.

Sover het ek en manlief so elke tweede,derde dag gebd. En dis ook nou die eerste maand sonder die meds (clomihexal). Ek het nie regtig enige hoop vir die maand nie, maar probeer nogtans. Anyway, ek't geen funny simptome, behalwe vir effense aknee, kramp pyne in buik, effense gevoelige boobs en sinus, postnasal drip en toe bors nie (Dit laasgenoemde kan dalk net simptome van hooikoors en draai van die seisoen wees). Ek is self nie eers seker of ek ovuleer het nie. Ek het wel ovulasie simptome gehad laas week - seer lae rug, krampe in buik, baie seer en gevoelige boobies en kopseer.

So ek weet nie. Na my vriendin aangekondig het sy is swanger, sommer net so, per ongeluk, sonder om te probeer, het ek maar besluit om dit eers rustig te vat. Wil nie soveel druk op my en manlief plaasvind nie - En ook nie dat hulle dink ons kompeteer met hulle nie. So ons vat dit baie rustig. As dit die maand gebeur, dan gebeur dit. Indien nie - Dan hervat ons die pogings in Januarie 2015. :)

Sterkte met al die girls wat hierdie week toets - Hoop vir 'n BFP Vir julle. Vir die res van julle - Sterkte met die tww of al die ander aktiwiteite waarmee julle besig is.

Sterkte met die trek, Fairymommy - Ek HAAAAAT trek. Moes vir werk 8 keer in vier jaar trek en ek hol sommer dadelik weg as ek hoor van trek. Dit is baie stresvol en plaas baie druk op verhoudings. Wees egter net rustig, vat bietjie rescue drops (heeltemal natuurlik) en vat dit een dag op 'n slag. Soos hulle sê - Mens eet 'n olifant happie vir happie... :)

Charneq - Ek is ook in die onderwys veld - Gee klas by die plaaslike College vir N4 tot N6 studente. Love die vier vakansies en die heerlike ure. Goeie werk om saam kiddies te wees in die middae na skool.

Wanda - Ek en jy is mos amper op dieselfde siklus, so jou tww is mos ook tans in proses?? Of is als nou op hold agv van manlief se kondisie en die antibiotika waarop hy is? Ek dink so aan jou - Sterkte man! :)

Ek moet nou eers weer hol - Al my merkwerk is darem klaar en is besig om toesig te hou. Skryf ook weer Dinsdag volgende week eksamen - Goeie manier om my kop weg te hou van symptom spotting. lol!

Lekker dag, almal. Hoop dis 'n great een!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 3 weeks ago #252684 by tanzie
morning everyone...

I feel really down-on the good side been bding since last week almost everyday then every other day...its CD13 now but no sign of ovulation yet(cm) only a few cramps=(???
Maybe it will still come?
I really do not want to use any ov tests,i want it to try happen without me having to force it n a way...DP very broody and all my friends are pregnant,this wait is driving me insane......

Hope you all have a lovely day....
xxxxxx

<a href="lilypie.com/">lmtf.lilypie.com/uVhsm8.png" width="400" height="80" border="0" alt="Lilypie Maternity tickers" />


[link=http://www.babygaga.com/][image noborder]tickers.babygaga.com/p/dev265pr___.png[/image][/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 3 weeks ago #252682 by wanda
Hi Julle

Ek hoop dit gaan nog goed met almal aan die kant hoop almal hou dit nog bymekaar.

Fairrymom Sterkte met die trekkery dit kan nogals rof wees hoop jy kry iemand anders ek pes dit net so as mense n mens net so drop

Hbwoman dit klink baie belowend hoop vir n BFP vir julle

Tinktinkie dit gaan goed hy drink sy antibiotika nou kan ons net wag en sien.
Ek het bietjie gaan navorsing doen en op swat oor alles en op n baie intresante artikel af gekom. Die dokters kan antibiotika voor skryf tot hulle blou is jy moet iets doen om daai antibiotika te laat werk.
Dit is deur n dookter geskryf hy en snaaks genoeg is dit dieselfde medikasie as wat manlief nou drink hy se daar dat mens elke aand n half uur na die pil die sperms moet laat uit kom dat al die etterselle uit kom en jou prostaat nuwe bloed kan produseer en dit is hoe die infeksie weg gaan

Manlief het my amper nie geglo nie moes dit vir hom print dit maak so baie sin

Hy drink ook nou zinc en vit C om dit te help op klaar

Ons sal oor n maand weet of dit gewerk het

Dan net n update van my kant af. Ek het al vir n week baie Weard symptome my borste is gevoelig en ek is erg moody, Sukkel so met my ashma ek het jare laas so met my bors gesukkel ek het aknee oor my hele lyf en vreeslike tand en tandvleis pyn in my onder kaak.

Ek het nou al myself mal probeer dink. Ek bly terug eindig toe ek in 2010 swanger was. Ek het die begin des presies dieselfde symptome gehaat het dit toe geskryf aan hormone, het die 6 des getoets en dit was negatief bloed en POAS die 13 Januarie het hulle my op geneem sonaar het bevestig ek is 18 weke swanger onvermydelike miskraam.

Ek probeer nie daar aan te dink nie maar elke keer wat ek my ashma pompie gebruik wonder ek wat de hel aan gaan dat my bors so toe is.

Genoeg van my

Wil net vir almal hier se sterkte en n baie lekker week

Me - 34
DH - 30

TTC #2 - 8 Years
1 DD - 17 Years
Love my Girl children are worth more than GOLD

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 3 weeks ago #252679 by DieSwartKat
BFN vir my, het nie regtig iets anders verwag nie.

Vanoggend was my eerste POAS in 3 jaar en 1 maand. Dit sou darem regtig te maklik gewees het as vandag BFP was. Dis nog vroeg vir my, sal maar sien.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 3 weeks ago #252676 by fairychild
Dankie Charneqsmith. Ek dink ek is uit. Het nou-nou net begin om pre-menstruele pyne te ontwikkel.

Hbwoman - dit klink nogal belowend. Hoop jy kry more bevestiging

Me: 35
DH: 38
TTC since Sept. 2014

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account