× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

12 years 3 weeks ago #252675 by Hbwoman56
Naand almal,

Sjoe dinge besig die kant, studeer deeltyds en my datums heel verkeerd gehad en moet Vrydag al my assignments in he in plaas van oor twee weke (moontlike pregnancy brain) en skryf nog oor n week n eksamen.
Ons hou net net kop bo water.

Sterkte fairmommy met die trekkery, dis erg stresvol. Net positief wees als sal uitwerk.

Lyk of paar future mommies toets die week, baie opgewonde en bid dat dit positief sal wees.

Ek nou net toetsie gedoen, want moegheid word nie beter nie en weet nie meer of dit van studies is of swangerskap nie. Is opCD29' ongelukkig het ek nie baie goed track gehou van my siklusse die laaste paar maande nie, so nie seker of ek op n 28dag is nie. Elkgeval, daar is n baie baaaaaie ligte strepie wat n moontlike plus kan maak, papiertjie se enige indikasie is n positief, maar voel nie of dit goed genoeg is nie. Sal moreoggend weer toetsie vat en kyk of daar meer duidelikheid het. Nou net iets kry om te doen vanaand om my kop van dit af te kry, swot gaan nie werk nie.

Wens het meer simptome gehad dan spu ek meer positief gevoel het.
Elgeval sal more weer update. Lekker aand vir almal.

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://daisypath.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 3 weeks ago #252674 by charneqsmith
Goeie naand dames! Wat 'n besige (en reenerige) Maandag. Dog ek reply gou terwyl die kos in die oond is.

Tinktinkie- Bly alles het goed afgeloop Donderdag. Onthou dit vat net enetjie. Ek hou styf saam jou duim vas.

Fairychild- Sterkte en hou ons op hoogte!

Swartkat- Niks is onmoontlik nie. Ek toets ook hierdie week. Woensdag is 14Dpo, so ek gaan wag tot dan. Alhoewel ek voel ek is uit.

Sterkte vir julle, hou duim vas vir julle BFP's!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 3 weeks ago #252673 by fairychild
Hi almal,

Swartkat ek toets ook hierdie week. Vandag CD 27. My siklusse is 30 dae die afgelope paar maande. Het nie regtig enige simptome nie. Borste is sensitief vandag maar dit gebeur soms voor AF ook. Bfn vanoggend maar ek dink ek is bietjie haastig :-)

Hou duim vas jy kry 'n bfp die week!

Me: 35
DH: 38
TTC since Sept. 2014

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 3 weeks ago #252668 by Fairymommy
@ Die SwartKat moes die laaste reelings die week gemaak het. :angry:

maar het nou net ander plek gekontak kan moontlik help maar gaan my dubbel die geld kos (R5000 vir 10 km)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 3 weeks ago #252666 by Tinktinkie
Hi julle, hoop dit gaan goed met almall!

Meisiekind, dalk was hierdie siklus sonder die meds net wat jou lyfie nodig gehad het.. Dit is eintlik ongewoon vir n dr om vir meer as 5mnde die meds te doen, gaan jul ander behandeling oorweeg, of maar by die meds bly? Weet dit was vir ons n groot em moeilike besluit en nie net die volgende stap nie...

Jame, hoe gaan dit met jou? Vat jy dit sommer net rustig? Dink so aan jou die afgelope tyd :heart:

Swartkat, hoop dit is die roompIes wat die ding doen vir jou ;) klink na belowende simptome, hou duimvas vir jou!

Fairymom, sterkte met die trek reel, disnaaklig as mense jou drop!

Wanda, hoe gaan dit met ML?

Charne, jys nog vroeg dame, moenie nou al moed verloor nie!

EOE (everyone else) sterkte met wat aangaan, hoop jul het n goeie week!

Afm, ons het toe Donderdag n baie goeie kwaliteit embriotjie teruggeplaas. Als het vlot verloop. Wou so graag 2tjies insit, maar dr en embrioloog het dit baie sterk nie aanbeveel nie. So ek hoop maar die enetjie split :lol: Doen Donderdag en Saterdag Beta toets... Ek probeer glad nie symptom spotting doen nie, en ook nie my mind opmaak oor wat ek dink gaan gebeur nie, hoop maar net vir die beste

Lekker wekie julle!

Me: 30 lean pcos
DH: 33 male factor
Married 7yrs

Ttc since Oct 2011

DH had varicocelectomy Sept 13
Jan - May 14 - Femara =BFN
March 14 - Move to FS
May 14 - Hysteroscopy
June 14 - IUI 5mg Femara = Canceled
July 14 - IUI 5mg Femara, menopur and ovitrelle = BFN
Aug -Sept 14 - IVF with IMSI and ICSI - Hyperstimulated - no transfer.
6 frozen blastocysts
30 Oct 14 transfer 1 5BA blastocyst
6 Nov - 1st Beta 55
8 Nov -2nd beta 130!
We are so thankful

Daughter born at 33 weeks

File Attachment:




.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 3 weeks ago #252665 by DieSwartKat
Fairy, hoe is dit moontlik?? het julle nie 'n ooreenkoms met hulle nie, iets geteken of so? Of selfs per epos net bevestig nie?

Ek sou dit nie daar los nie, ek sou baklei. Hulle het mos 'n deal met julle?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 3 weeks ago #252662 by Fairymommy
Ai ek weet die het niks met swangerskap te doen nie.. wil net bietjie afpak. :(
ons trek die 1ste Dec (net so 10 km) vandag laat weet die moving company hulle het nou trek gekry vir daai datum Kaap toe (geld geld geld) en ons nou gedrop. ek het juis iemand gekry sodat ek dit rustig kan vat .. gaan weer 19de probeer vir baba. nou kry ek niemand anders nie want almal alreeds volgeboek. :cry:
Ek tjank al die heeldag

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account