Hello liewe dames
Ek was die laaste paar dae so besig dat ek net nie kans gekry het om hier uit te kom nie. Het Donderdag regtig goor gevoel op CD1. Die dag daarna was ek skielik weer my ou self en sien weer kans vir alles. Dit het my laat dink dat hormone darem maar 'n groot invloed het op mens se gemoed. Mens dink partykeer dat jy nie lekker in die kop is nie (veral gedurende die 2ww

), maar eintlik moet mens al die hormone blameer en besef dat dit nie jy is nie.
Nou moet ek julle eers 'n storie vertel. Laas Woensdag post 'n ou werkskollega van my en ML op Facebook dat hy gaan pa word ("Its confirmed, I'm going to be a daddy"). Ek dink dink toe nogal ewe dat dit darem maar nice is, want hy is al in sy veertigs en ek wens dit vir enige iemand toe om darem ten minste een keer 'n ouer te kan word. So wens ek hom uit die diepte van my hart geluk en voorspoed toe. Volgende dag (op die einste Donderdag wat ek so goor gevoel het), kry ek 'n private Facebook boodskap van hom af. Dit was alles net 'n joke gewees. Hy stuur toe vir my een of ander "kettingbrief" tipe ding waar dit sê dat almal wat geantwoord het op sy post, nou moet deelneem. Mens moet kies uit 'n lys van 10 frases, wat jy dan moet post sonder om te sê hoekom jy dit doen. Dis alles sulke vernederende tipe goed soos dat jy nou net jou (.)(.) gebruik het om uit 'n verkeerskaartjie te kom ens. Ek was lanklaas in my lewe so verskriklik kwaad gewees.

Was letterlik die res van die aand kwaad en emosioneel gewees. Ek het nie sulke ongevoelige mense in my lewe nodig nie, so toe gaan unfriend ek hom. Vir my is dit een van daai goed waaroor mens eenvoudig nie joke nie. Mense soos ons gaan deur baie om tog net 'n ou babatjie te kan hê. Miskien is ek te fyngevoelig en hormonaal, maar dis hier waar ek die lyn trek.
In elk geval, daardie aand voor ek gaan slaap lees ek 'n stuk wat my laat besef dat mens nie moet toelaat dat sulke tipe goed jou geluk steel nie. So ek het besluit om op te hou kwaad wees en nie weer daaraan te dink nie. Wou dit net met julle deel sodat julle nie dalk ook in dieselfde strik trap nie.
So ek's nou CD4 en het gister begin met my meds (100mg clomihexal). Sien uit na die maand wat voorlê.

En hooplik is September die maand vir baie BFPs op hierdie thread!
Tinktinkie, bly die prosedure het goed afgeloop, al kan die terugplasing eers later plaasvind. Soos Jame ook gesê het, al is mens haastig is dit beter om eerder te wag tot jou liggaam 100% gereed is vir die terugplasing. Dankie tog vir IMSI wat dit moontlik maak om nog altyd jou ML se swemmertjies te gebruik. Hoop jy voel gou beter en dink aan jou!
Jame, dis sulke goeie nuus dat jou nuwe FS alles vind wat fout is en weet wat hy doen. Wys jou net mens moet nooit moed opgee nie. Sterkte vir Dinsdag!
Nunukie, hoop jy voel nou al 'n bietjie beter na die KI. Dis nogtans goeie nuus dat alles so mooi verloop het. Sterkte vir die 2ww.
Lagogies, jy's maar stil deesdae. Jy toets mos die week, né? Dink aan jou!
Julle moet almal 'n lekker week hê - ten minste is dit die eerste week van lente ook!