Hi julle!
Dis vrek koud in pta vanmore. En hier het ek gedink dis lente
Dankie meisiekind, ek het nei eens geweet mens kry pilletjie om af aan te help nie. Ek gaan hom beslis mail en vra. Was ok nice vir my, hy het sy kaartjie vir my gegee en gese ek kan hom enigtyd mail en beantwoord elke dag sy emails.
O en weet jul wat se hy, as FS besef hy net weer van vooraf dat elke babatjie wat gemaak word, natuurlik of andersins een groot wonderwerk is. Dit vat net een goue eiertjie. So kom ons hoop een vd gevriesdes is geplate in GOUD.
Ek en ML het besluit ons gaan kans vat en eiertjies transport na hul lab toe. So ek bid baie hard dat die oukies dit sal maak. Sal seker so in Okt wees, want hul protokol strek oor 2 siklusse.
Okey maar nou genoeg van my. Sterkte met almal wat die 2 weke wag ding doen. Lagogies dink aan jou. Nunukie bly jou follies lyk goed jong! Hoop die maag voel beter. Meisiekind, jy kan amper piepie

. Tinktinkie hoe gaan dit met jou ivf siklus? swartkat, ek glo jy jaan x-mas hou met 'n ertjie xxx!
Lekker dag julle!