× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

12 years 1 month ago #251106 by DieSwartKat
Nunu, ek dink nie enige iemand dink jy is 'n obsessiewe nael-meisie nie. Ek dink eintlik die hele ding is 'n grap vir ons almal, humor help altyd om mens beter te laat voel en hou die atmosfeer lekker lig. Lekker om oor "gewone" goed ook te kan praat. Anyway, mooi versorgde naels skep altyd 'n goeie indruk, so go for it ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 month ago #251105 by Nunukie
More more :)
Hoop jule het 'n lieflike naweek gehad

Jame - Yeah vir AF :evil:

Meisiekind...ek debateer ook altyd die POAS ding met myself. Ek verkies ook 'n "heads-up" vir 'n BFN voor die bloedtoets...dis asof ek myself kan mentally voorberei.... :silly: (As if)
Wel, daar is nog tyd vir 'n BFP...so hou moed :heart:

Swartkat, shoe jy is aan die roll ne! Hoop die spoegtoets help jou ;)

Tintinkie - Hoe gaan dit met die 2ww?

Ek was Saterdag vir sonar. 3 follies is mooi groot en toe al 16mm. Ek het LH toets vanoggend en gaan vandag vir CD 12 sonar..ons hoop hulle is dan so 18-19mm. As hul mooi gegegroei het, trigger ek vannaand en is KI Woensdag (Vir die eerste keer op CD 14) ...so ek kan my naels doen Donderdag...LOL :blush:
Julle, wil net se ek is nie so erg oor my naels nie..dis net dat ek vir volgende 2 weke uitstedig gaan wees en met al die voorbereidings en reelings en die KI is die week nogal DOL. Ander tye sal ek my naels LAG LAG kanseleer :blush: en nie worry daaroor nie
Nadat ek die 3 mooi follies gesien het voel ek weer mooi positief oor die rondte....ek dink die Gonal F het defnitief gehelp met grootte en kwaliteit. :)

Lekker daggie julle :rock:

ME: 33, PCOS
DH: 31, Low Morphology
TTC since 2006
Clomid & Natural Remedies
2011
IUI #1: BFN
IUI #2: Cancelled
BREAK
2012-2013
Natural remedies - No luck
2014
New FS
March: LAP - Romoval of Pollyp & Endio
June: IUI #1 -Fertomid (100mg) - BFN
July: IUI #2 - Clomihexal (100mg) - BFN
Aug: IUI #3 - Clomihexal (100mg) & Gonal F (450 IU/0.75ML) - BFP
Beta #1: 154
Beta #2: 390
M/C 9 weeks - Heartbroken
Taking a break :)
2015 - Let's try again
May: IUI#4 - Fertomid 100mg & Gonal F 450 IU/0.75ML

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 month ago #251104 by Jame
More julle...

Tinktinkie bly jou siklus verloop so goed.

Meisiekind, enige updates? Ek is sooo met jou. Ek verkies ok eerder om voor die toets uitslae te weet. My senuwees sal dit nooit hou nie.

Swartkat, laat weet bietjie hoe werk daai speeksel sisteem van jou. Ken dit glad nie. Wat mens nie deesdae als kry nie.

Lagogies sterkte met jou 2ww.

Nunukie, laat weet hoe lyk jou naels die week :laugh: ! Hoop als verloop vlot die week.

Ek gaan woensdag vir my HSG scan. Sien Doc weer Vrydag. As als okey lyk het ons belsuit om die kans te vat en die eiertjies te vervoer na die nuwe lab toe. Ek bid so dis die regte besluit.

Lekker wekie julle!

Me: 33, DH:33

March 2012 healthy girl conceived naturally.

TTC#2 since Jan 2013

Laparoscopy Oct 2013, all fine

DH: SA motility bit low

IUI#1 Jan 2014 = BFN
TI Febr 2014 = BFN
IUI#2 March 2014 = BFN
TI April 2014 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 month ago #251101 by DieSwartKat
More almal, alweer Maandag :cry:

Meisiekind, dit is waarskynlik nog bietjie vroeg vir BFP, hou my vingers gekruis vir goeie nuus later in die week :cheer:

Tinktinkie, laat weet wat se die dok? Klink alles baie belowend! Ek kry sommer so piepie-rillingtjie langs my rugraat van opgewondenheid vir jou.

Jame, bly jou tannie-met-die-rooi-kar het kom kuier. Ek weet wat jy bedoel van bly wees as AF opdaag, ek was ook destyds 'n Provera pasiënt omdat my siklusse belaglik lank was. En dan kerm ek weer die volgende 3 dae van maagpyn en rugpyn. Mens is ook nooit tevrede nie! :laugh:

Nunukie en Lagogies, wat's nuus daar?

Ek het gister met 'n bang besef dat ek waarskynlik ovuleer, al die simptome is daar. Ek is nou eers 6 dae na laaste AF-dag, so dit was heel onverwags vir my. EK het vanoggend gegoogle en daar is so bae vrouens wat ovuleer in die eerste paar dae na AF, nooit gedink ek is een nie (ek was beslis nie voorheen nie, maar blykbaar kan 'n Nova/Mirena jou siklus opfoeter).

Ek het my spoeg-toetsie-mikroskoop-affere laas week bestel en dit is nog in die pos, maar ek gaan nou-nou in middagete Clicks toe stap en 'n OPK koop. Dis presies hoekom ek dinge bietjie wil monitor voor ons TTC begin volgende maand, ek gaan sommer elke dag my spoeg analiseer en kyk wat aangaan.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 month ago #251084 by Meisiekind
BFN sover... Het vanoggend weer besef ek verkies dit om op die stokkie te pieps, eerder as om eerste die bloedtoets te doen en dan heeldag te wip van die skrik as die foon lui. En ek weet darem ook al om nie te veel te dink van 'n BFN op 11dpo nie - daars nog baie tyd. :)

Tinktinkie, mooi so met daai follies van jou. Klink vir my jul PVA is 'n wenner! :)

Lagogies, hoe gaan dit nog met jou en die 2ww?

Me: 38 (PCOS, anovulation, endo)
DH: 41
DS: Our miracle boy conceived naturally, born Feb 2012
DD: Our miracle girl conceived naturally, born Sep 2019

TTC#2 June '13
Dec '13 - Dec '14: 8 cycles Fertomid (4x50mg; 4x100mg) - referred to FS May 2014
Jan '15: Laparoscopy and hysteroscopy - removed Endo, improved structure of 1 tube
Apr '15: IUI#1 - BFN
May '15: IUI cancelled, too many follicles
Jun '15: IUI#2 - BFN
Oct '17: IVF aspiration
Nov '17: FET#1 - BFN
Apr '18: FET#2 - BFN
Jun '18: FET#3 - BFP - early MC
Aug '18: FET#4 - BFP - early MC
Sep '18: FET#5 - BFP - early MC
Jan '19: Natural BFP!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 month ago #251083 by Lagogies
Meisiekind het jy al gepieps?

Tinktinkie jy is follie masjien!

Hello al julle ander dames. Geniet die sondag

Me: 42 low AMH
DH: 50 all well

2012
IUI #1 BFN
Nov 2012 IUI #2BFP! M/C 7 weeks
2013
IUI #3, #4, #5, #6
IVF #1 Sept 2013 BFP! 4 weeks So Blessed! Oct 2013 10 weeks no heartbeat. Evac. Heartbroken
2014
IVF #2 IUI #7 IVF#3 IUI #8 BFN
IUI #9 Sept 2014 BFP!!!!! 4 weeks. Thank you God, you have answered our prayers
28 May 2015 Little Boy born.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 month ago #251082 by Tinktinkie
Hallo julle!

Jame! Woweeee! So bly vir jou - soveel,positiewe dinge in een week - nou nie dat mens wil hoor dat n keiser die oorsaak is van infertiliteit nie, maar bly jy het antwoorde gekry. En ook nie aldag wat ons juig oor AF nie, maar vrek! Sy kan ons dag ook maak as sy wil, ne! Nou is dit all systems go van hier af! Wat is die immediate pva nou?

Meisiekind... Ek gaan slaap sommer vroeer om vinniger op n stokkie te kan pipi! Dr Google kan mens partykeer soveel hoop gee :P Sterkte, hou duim vas vir jou fxfxfx

Nunukie - exciting week wat voorle!!! Hoe lyk jou tydlyn? Is dit naels of KI ? Of KI dan naels? Hoop jy is nie te woes besig nie, sodat daai follies darem kans kry vir bevrugting!

Swartkat - jy tel seker slaapies af? ;)

Ek was gister vir n scan, so 9/10 follies elke kant van rondom 11mm. So dit lyk darem nie oorgestimuleer nie, dan kan ons die siklus nog terugplaas... Het begin cetrotide spuit en progynova drink ook. Maandag scan ons weer en dan hoor ons die pva! Moet sê dit is vir my baie beter as KI en TI. Ek het nooit goeie nuus gehad na enige scans nie. Eerste keer wat alles verloop soos wat verwag word.

Me: 30 lean pcos
DH: 33 male factor
Married 7yrs

Ttc since Oct 2011

DH had varicocelectomy Sept 13
Jan - May 14 - Femara =BFN
March 14 - Move to FS
May 14 - Hysteroscopy
June 14 - IUI 5mg Femara = Canceled
July 14 - IUI 5mg Femara, menopur and ovitrelle = BFN
Aug -Sept 14 - IVF with IMSI and ICSI - Hyperstimulated - no transfer.
6 frozen blastocysts
30 Oct 14 transfer 1 5BA blastocyst
6 Nov - 1st Beta 55
8 Nov -2nd beta 130!
We are so thankful

Daughter born at 33 weeks

File Attachment:




.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account