Haai julle, jip, ek is ook nog hier! Lekker om van almal te hoor.
Twinkle, ek kan nog steeds nie glo hoe gevoelloos/ignorant mense kan wees nie - daar is nooit 'n te groot gap tussen twee kinders nie, regtig waar... my ouma het nege kinders gehad - die oudste en jongste verskil twintig jaar - en vandag as volwassenes is hulle almal baie close, maak nie saak hoe groot die ouderdomsverskil nie.
Lagogies, hoop dat daar mooi en baie follies is.
Klippie, voor jy jou oë uitvee is dit Desember - nou net afdraende van hier af. Gaan jy terug V P toe in die Kaap?
Betti, sterkte tot dan - ek hou duimvas.
Andie, dit is wonderlike nuus en ek is soooo bly vir julle - so lank daar hoop is! x
Zarah, hoe gaan dit met jou broer se klein prinsessie?
Maretha, ja ek het al drie keer assisted hatching laat doen. Hulle doen dit gewoonlik vir ouer vroue omdat hulle glo die wand/dop van die eier is harder as jy ouer is. Of hulle doen dit ook met frozen transfers omdat die vries ook die dop harder maak. In my geval het hulle dit gedoen omdat ek al soveel mislukkings gehad het. Dit word gewoonlik op dag drie na aspirasie gedoen, maar volgende keer sal ons wag tot op dag vyf om te kyk of my embrios oorleef tot dag vyf.
AFM: Ek sien die FS hierdie week vir 'n opvolg chat. Ek weet eintlik nie wat om vir julle te sê nie - ek het nou al ses mislukte IVF's agter die rug. So wanneer gee 'n mens op? Wanneer is genoeg genoeg? Die laaste siklus het baie goed gegaan met ses eiertjies en drie embrios - almal graad vier. En omdat ons reeds 'n dogtertjie het, kan ons (en die fs) nie verstaan waarom ek nie weer swanger raak nie - ons het al alles gedoen: laps, histeroskopies, ens. Maar ons is nog nie reg om op te gee nie, en my man voel ons moet ten minste nog een keer probeer. Ekself is onseker oor wanneer ons moet opgee: elke keer as ons "daar" kom, kan ek net nie opgee nie. Ek het die naweek iets bemoedigend in Leef-tydskrif gelees: "Pyn is tydelik, maar om op te gee is vir ewig." - Lance Armstrong
So vir hierdie oomblik, is dit waaraan ek vasklou.
So huidige PVA:
DHEA - drie 'n dag om te help met follies
Scratch op CD2 om nuwe DNA te laat groei
Soft stimm: beste uitwerking vir my
Assisted hatching...
Ek is ook op die Banting (Tim Noakes)-diet en doen nou Pilates.
Lekker week almal! x