Hi Almal
Jammer ek is so skaars!
Bea, baie jammer om te hoor!
Sexyhexy, hoop jy verjaar lekker!
Hope, sterkte met die ivf. Jy is mos by GSH? Weet jy al wat dit gaan kos?
AFM: Ek lees almal se posts en dink elke dag aan julle!
Ek is bietjie op 'n slegte plek...wil niks van babas en mense se swangerskappe nou weet nie, dis net te erg. So baie mense wat ons ken raak nou swanger of hul babas word nou gebore, so dis bietjie te veel vir my.
Ons wou Junie/Julie ons laaste 2 frosties gebruik het, maar my man begin 1 Julie by 'n nuwe werk en moontlik ek ook, so dit gaan net nie dan goeie tyd wees nie.
Ek oorweeg dit ook om iemand te gaan sien. Zarah, was dit nie jy wat by iemand was nie? Ek bly in die Noordelike Voorstede en wil nie na gewone sielkundige gaan wat nie verstaan nie. Kan een van julle dalk iemand aanbeveel?
Anyway, genoeg gekla!
Ek hoop almal het 'n heerlike Sondag en aan almal wat al Mamma's is - Gelukkige Moedersdag!