Hallo dames,
Lagogies - hoe hou jou senuwees dit? Dis amper tyd! Ek dink so baie aan jou - hou al my duime en tone vas dit dit SAL werk! Wanneer toets jy? Ek so jammer om te hoor van jou worshondjie...mens raak so geheg aan die diertjies!
Hope - Sterkte met die wag van die IVF goedkeuring, hoop regtig jy kry dit - dis mos maar 'n aardige bedrag wat ons so vir die goed moet betaal... mens voel net partykeer dat jy sal selfs MEER betaal... as dit net SAL Werk.
Biance_Christian - Enige nuus oor die Follies? Hoe lyk dit nou? Onthou mens het net 1 goeie een nodig om die ding te doen (al wil mens meer he om kanse te verbeter). Hopelik is daar 'n GOEIE een vir jou en dis al wat jy nodig het.
Bea, Zarah - Hoe gaan dit?
Ek het self so bietjie pyn opdie oomblik na verlede week se Lap. FS was baie bly dat hy die operasie gedoen het, daar is 2 X Groot Poliep verwyder buite linker Tube & nog kleiner 1 binne. Asook weereens dele wat aanmekaar gegroei het, so hy het dit maar weer losgemaak en skoongemaak. Mens kan nie dink al die goed na presies 1 jaar van vorige Lap nie. Ek sien die FS Vrydag, so sal dan maar sien wat volgende is. (En Snaaks genoeg... net so 2 weke terug vra ek op die forum "Wat is Poliep" wel, nou het ek dit sommer ook gehad
Lekker week vir julle almal!