× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Dames wat al lank hierdie paadjie stap

12 years 4 months ago #249091 by klippie
Hallo dames! Jammer ek het so lank laas gepost. Ek het wel al julle posts geroofkyk. Maar ek sien hier is nou 'n tendens besig om te gebeur op hierdie thread, so ek moet net post!

Bea en Lagogies. So jammer oor julle BFN :heart: Dit is baie moeilik, ek weet. Dis groot hartseer en die kommer oor finansies maak dit net soveel erger. Stywe drukkie vir julle! :heart:

Zarah, baie sterkte vir julle. :heart: Ek respekteer jou besluit. Dit vat baie "guts". En so kan julle nou op ander positiewe dinge fokus en mekaar. En wie weet miskien gebeur daar eendag 'n wonderwerk!

Aan al die ander dames! Dit lyk vir my almal hierso het 'n reuse depro tendens geslaan! Almal is so mismoedig. :ohmy: En ons het lanklaas 'n BFP gehad, so hier is geen positiwiteit nie, en om die waarheid te sê, mens voel mens het niks om oor positief te wees nie! :cry: Maar hou net moed! Vir elkeen van ons is daar iets beters bestem as nou, ons moet net geduldig en met blymoedigheid wag! Asseblief girls, moenie moed verloor nie! :rock:

AFM: Ek het ook maar besluit om bietjie my attitude te "adjust". Ek kry skaam - in die verlede het ek mense met kinders verpes :blush: want ek het gedink kinders word vir ander mense gegee om my te straf en te laat sleg voel omdat ek nie kinders het nie :blush: As ek hoor iemand is swanger, dan het ek haat en nydigheid in my hart gehad. Ek het geweier om na baby showers te gaan of persente te koop. As ek mense in die winkel gesien het met 'n pram en 'n baba wat huil, het ek sommer my oë gerol. As mense se kinders rondgehardloop het in die winkel of erêns, het ek sommer ongeduldig na die ma gekyk.... :blush: Ja, dis half vieslik. Maar toe lees ek nou die dag 'n motiveringstukkie oor Hanna se gebed en onvrugbaarheid, toe staan daar: dit wat jy begeer, moet jy jouself mee omring. En ek begeer 'n kind! So in plaas daarvan dat ek nou baba en kinder situasies vermy, gaan ek deel wees daarvan. Dis nou 'n klein verskil, maar ek glimlag ondersteundend vir elke mamma met 'n skreuende baba op die heup, sê vir vreemde mense in die winkel hulle kinders is oulik, het 'n uitnodiging aanvaar na 'n baby shower (het actually ander verpligtinge gekanselleer om dit te gaan bywoon!!!). En ek gaan volgende keer saam met my vriendin as sy volunteer werk by die kinderhuis doen. So ek hoop my beter gesindheid sal my ook laat beter voel, want ek was op 'n kol erg erg depro!

Ag dit was nou 'n lang storie, maar ek hoop ek het ten misnte een van julle bereik en bietjie beter laat voel!

Sterkte vir die week wat voorlê - ek dink aan julle almal xxx :heart:
The following user(s) said Thank You: Bea, hope83

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #249088 by Bea
Lagogies, jammer om te hoor

Dink aan jou Zarah xxx

Hope, jammer daaroor - sterkte vir 13 Junie by die FS

Twinkle, nou ja, dan is dit maar op 2015! :-)

Chrizzie, geluk met die nuwe werk.

Hallo al die ander dames.

AFM: ek is maar skaars omdat dit vir my ook al moeiliker raak om aktief in te loer. Soos julle weet het ek al vyf mislukte IVF's agter die rug. Ons het die afgelope maand met IVF #6 begin, maar het op die ou einde gekanselleer omdat daar net 2 follies was, so dit is maar moeilik.

Sterkte, dink aan almal, dit is nie 'n maklike pad nie, maar ek glo ons sal nog BFP's uit hierdie thread kry. xxx

ME: 40 - stage 4 endo, left tube removed
DH: 42

4x laparoscopies
5x hysteroscopies
4x IUI - BFN
12x IVF/ICSI/PICSI - BFN
Planning our next step: donor eggs, adoption or living happily ever after with an only child

May 2016: Lucky nr 13 IVF (own eggs) - BFP! First beta 253, second beta 1100.
First and second ultrasound: one perfect little heartbeat.
10 week scan: identical twins in one sac!!

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #249083 by hope83
Lagogies, geen woorde sal die seer weg vat nie. Al wat ek kan sê is ek dink aan jule :heart: :heart:

Zarah, dis n moelike besluit wat jule nou geneem het maar dis ook net n besluit wat julle alleen kan neem. Alle sterkte met die pad vorentoe. Hoop vir n wonderwerk vir jule. :heart: :heart:

Na 3 dae se spotting het AF besluit om te kom inloer. Het gehoop op n wonderwerk ma ja nou gaan ons ma die 13Junie hoor wat die dr te sê het oor die ivf.

Sterkte aan almal. xoxo

Me: 31
Hubby: 33
TTC since Sept 2009

2012 / 2013: Laparoscopy/Hysteroscopy/D&K -
Remove endometiosis

May 2013: IUI cancelled
Nov2013: IUI cancelled

Jun' 14: IVF - BFN
May'15: Ready for 2nd IVF....lets get started

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #249076 by Twinkle
Lagogies - so baie jammer oor daai BFN !!!! Ek het nie woorde wat jou gaan laat beter voel nie - weet net dat ek saam jou gehoop en Gebid het en ek hou jou steeds in my gebede!

Zarah - Sterkte liewe mens...mag jy vrede vind in jou besluit en pas jou steeds op - ek hoop en Bid dat Liewe Jesus wel eendag vir jou die grootste geskenk ooit sal gee.

Bea - hoe gaan dit ? Ek is stil maar voel vir my ek het lank laas iets hier van jou gelees... Dink nog elke dag aan jou ook en Bid dat jy ook jou BFP sal kry...

Chrizzie - baie geluk met julle nuwe werk - ek self het by n nuwe werk begin BESTE besluit NOG gewees

Bytjie - lewe jy nog?

Al die ander dames baie sterkte vir hierdie nuwe week, nuwe siklus en amper nuwe maand - ek bid dat elkeen van julle geseen sal word met n gesonde babatjie.

AFM - steeds geen PVA nie ek het 3 maande se Fertomid maar geen idee of ek dit ooit gaan drink nie - ek dink nie vreeslik aan ttc nie en toets ook vir NIKS nie... Ek lees wel elke post hier en dink aan julle - kan amper se julle is ysters - dit is glad nie n maklike padjie nie maar glo en vertrou dat dit vir elke een die moeite werd sal wees op die end... Toe ek nou hier kyk dink ek en daar is die ttc vir 2014 baba ook verby dit is nou 2015 .... Pas julle vreeslik mooi op en hou moed....

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #249072 by Zarah
More dames

Lagogies, ek is baie jammer.

Dames, my TTC journey het tot n einde gekom sonder n BFP.
Ons het vrede gemaak met n lewe sonder kinders.

Ek wens julle all sterkte toe. Ek sal nie meer hier kom loer nie want dis net te moeilik.

Dankie vir al die jare se ondersteuning. Sonder julle, sou die pad eensaam wees.

Mooi bly
V

Me: 41 (Endometriosis stage 4 & Fibroids)
DH: 36

TTC since Nov 2011

Laps: Aug 2011, July 2012, Jan 2013 & Feb 2017
Myomectomy: May 2018
Lots of timed cycles with clomid & progesterone = BFN
IUI 1: May 2013 = BFN
IUI 2: June 2013 = BFN
IVF 1: Aug 2013 (Clomid, Menopur 4ER & 3ET) = BFN
IVF 2: Feb 2014 (Clomid, Menopur 3ER & Nothing to transfer) = Cancelled Cycle
IVF 3: May 2014 (GonalF, Menopur 1ER & 1 very slow divider ET) = BFN
IVF 4: September 2014 = BFN
IVF 5: October 2015 = BFN

THE END..not yet

IVF 6: October 2018 = BFP (2 miracles on board) Our boys were born sleeping at 21 weeks.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #249065 by Maretha5
Lagogies - so jammer! Dink aan jou vandag!

Me: 34

Jan 2013- Laparoscopy infection flues trapped
May 2013 - Laparoscopy tubes damaged
Jun 2013 - Laparoscopy to remove tubes but FS could save it, bad condition
Sep 2013 - IUI Menopur, Failed
Nov 2013- IVF Menopur, BFP - M/C 5 weeks
Feb/Mar 2014 - gonalF, failed
Apr 2014 - taking break
May 2014 - Laparoscopy
June 2014 - Oct 2014 - Trying naturally (small chance) before another IVF (if needed)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 4 months ago #249059 by Lagogies

Me: 42 low AMH
DH: 50 all well

2012
IUI #1 BFN
Nov 2012 IUI #2BFP! M/C 7 weeks
2013
IUI #3, #4, #5, #6
IVF #1 Sept 2013 BFP! 4 weeks So Blessed! Oct 2013 10 weeks no heartbeat. Evac. Heartbroken
2014
IVF #2 IUI #7 IVF#3 IUI #8 BFN
IUI #9 Sept 2014 BFP!!!!! 4 weeks. Thank you God, you have answered our prayers
28 May 2015 Little Boy born.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account