Goeie More al julle mooi dames! Hoop julle het die naweek gate uit geniet
Ek moet net met julle deel wat ek vanoggend besef het. Ons nader mos nou paasfees, wat die Kruisiging van Jesus herdenk....
Ek voel baiekeer dat die feit dat ons "sukkel" om swanger te raak ONREGVERDIG is. As ek Carte Blanche giseraand kyk verstaan ek nie hoe mense kinders kan weggee, verwaarloor of aanrand nie. Ek verstaan nie hoekom sulke kinders dan in sorg geplaas word van ander mense en nog verder seergemaak en ABUSE word nie. Dit is ONREGVERDIG!
Ek besef vanoggend Jesus verstaan die ONREGVERDIGHEID. Jesus is ONREGVERDIG gekruisig. HY moes sterf vir die mens se sondes om ons te red. HY was bang en hartseer.....Hy het gebid en God gevra om die lydingsbeker by hom verby te laat gaan, maar nogsteeds gevra vir GOD se wil om te geskied.
Ek het vanoggend besef ons is nie alleen nie. Jesus verstaan ons frustasie, woede, hartseer en gevoel dat dit als net ONREGVERDIG is...Hy was ook in 'n ONREGVERDIGE situasie en het 'n BAIE DUUR prys betaal
Ek bid gereeld vir al julle dames...en onthou ons is nie alleen nie
Lekker week vir almal