Sexy-h, jammer om te hoor van die pyn, hoop dis gou beter. Ek weet nie, ek dink dis moeilik om te sê - ek het met my beta van 10 niks swaar/stukke gehad nie. My kollega het nou die dag ook baie swaar gehad toe stuur haar dr haar vir 'n bloedtoets, maar toe is daar geen telling - net swaar AF. Maar jy was bietjie laat, so miskien was dit. Hoop dit klaar gou op, dis niks lekker nie.
Lagogies, ek is so verskriklik jammer om dit te hoor. Ek het regtig so gedink jy sal 'n BFP kry omdat jy laas een gekry het. KI is dalk nie 'n slegte idee tussen-in nie - en soos jy sê - laas het jy so 'n BFP gekry. Dink aan jou xxx
Zarah, ja nee wraggies, alles kos geld. Vriendin vertel nou die dag vir my van hul kleintjie se aanneming - R400 000 in totaal - kan jy glo?! Dit was wel oorsee.
Twinkle, dis goed van die korter siklus. Met al die hormone wat ek die afgelope twee jaar gebruik is myne ook nou baie meer gereeld - amper 28 dae elke maand.
Klippie, hoe gaan dit met al die inspuitings? Spuit jou man jou in? Groei follies groei!!
Maretha, hoe behandel die 2ww jou nog? Wanneer toets jy?
Hallo al die ander.
AFM: Aaklige Candida-infeksie

Dis al die hormone - het dit nooit gekry voor ek met fertiliteitsbehandeling begin het nie. Nou seker al my vierde keer - uuuurgh.