Maretha, sterkte met die terugplasing - is jou embabies al in?
Zarah, so bly om te hoor jy voel bietjie beter. Hulle sê mos: TTC is nie vir sissies - en dit is so waar. Jy is baie sterk en jy sal hier deur kom. Op die einde gaan als die moeite werd wees. xxx
Bytjie, amper tyd om daai hartkloppie te hoor. Ek kan dink dat jy baie senuweeagtig voel, maar dis amper verby x
Lagogies, voel jy nog krampe - ek dink ook dis 'n BFP vir jou.
Klippie, wanneer is jy in die Kaap?
Chrizzie, jammer oor die heks... ai man. Wanneer dink julle om daai twee frosties terug te sit - eers heelwat later vanjaar?
Twinkle, ek het die boek gekoop - dit in Exclusive books in die waterfront gekry - dis oral uitverkoop. Maar dit verskil van die dieet wat my dokter vir my gegee het - so ek is bietjie confused oor watter een ek presies moet volg. Dis min of meer dieselfde, behalwe dat my dr vetvrye melk ens aanbeveel en steeds drie porsies stylsel per dag, terwyl Tim Noakes sê vol vet melk, room, kaas, ens. en geen stysel. Die hele ding bly maar een groot debat. Maar ek is vanoggend 1kg af en my man 2kg!! Ek dan as ek weer met IVF begin sal ek bietjie probeer om stysel in te werk soos oats in die oggend, maar vir nou wil ek gewig afskud.
Hallo Zettie, Blommie, Nella, Nunu, Lynkie, Slakkie, Strikkie, Andie... wie nog? Hoop dit gaan goed met julle.
Lekker dag almal