× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Dames wat al lank hierdie paadjie stap

12 years 7 months ago #247301 by Twinkle
Bea ek gaan maart ook af vat ... :-) juis oor desember baba en die rus kans wat so lekker is ...

Klippie - ek sal nie daaroor worry as ek jy is nie - die mense by die kliniek is vreeslik nice en sal jou inpas indien jy laat is of as jy vroeg is jou vroeer help.

Ek het so 70km gery en ook nooit geweet hoe ek die verkeer gaan vang nie - was n keer amper n uur te vroeg en is toe vroeer gehelp was al laat ook en toe ook gehelp ... hulle sal jou omstandighede verstaan --- ONTSPAN net geniet jou vlug en bid eerder dat die vliegtuig op tyd is as wat jy worry oor die kaapse verkeer - tog niks wat jy nie gewoont is van daar bo nie ne.

geniet julle naweek dames

Klippie sterkte nie seker nie maar neem aan jy vlieg maandag!!! Geniet jou dag in die mooie kaap!!! xxx

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #247299 by klippie
Dankie Maretha5 en Bea.

Wel ek het net 45 minute, so hopenlik werk die verkeer saam!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #247297 by Bea
Klippie, ja, gee maar ekstra tyd, veral 8:30 in die oggend - dis 'n besige tyd. Jy kan altyd gaan koffie drink in die hospitaal se restaurant.

Maretha, hoe voel jy vandag?

Lagogies, hoe gaan dit met die krampe - amper tyd vir toets.

Chrizzie, dis te verstane, al die babatjies om mens bly maar erg.

Bytjie, voel jy darem nog rustig?

Haai Twinkle, wanneer begin jy met jou homeplan?

Zarah, hoop jy voel al bietjie beter vandag xxx

Sexy-h, hoop die pil behandel jou nog goed.

Nunu, jy's stil?

Hall al die ander: Zettie, Nella en almal, hoop dit gaan goed.

AFM: niks nuus nie, dieet maar. Onseker of ek weer volgende maande IVF wil doen, want ons gaan weg vir vyf dae en dit gaan dalk sleg val. Plus einde Maart is mos Desember baba??

ME: 40 - stage 4 endo, left tube removed
DH: 42

4x laparoscopies
5x hysteroscopies
4x IUI - BFN
12x IVF/ICSI/PICSI - BFN
Planning our next step: donor eggs, adoption or living happily ever after with an only child

May 2016: Lucky nr 13 IVF (own eggs) - BFP! First beta 253, second beta 1100.
First and second ultrasound: one perfect little heartbeat.
10 week scan: identical twins in one sac!!

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #247296 by Maretha5
Hallo Klippie,

Ek sal dink gee jouself so 1h15. (Of bietjie korter). Dis nie ver van die lughawe af nie, maar net ingeval Daar iets is wat die verkeer ophou.

Baie sterkte!!

Me: 34

Jan 2013- Laparoscopy infection flues trapped
May 2013 - Laparoscopy tubes damaged
Jun 2013 - Laparoscopy to remove tubes but FS could save it, bad condition
Sep 2013 - IUI Menopur, Failed
Nov 2013- IVF Menopur, BFP - M/C 5 weeks
Feb/Mar 2014 - gonalF, failed
Apr 2014 - taking break
May 2014 - Laparoscopy
June 2014 - Oct 2014 - Trying naturally (small chance) before another IVF (if needed)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #247293 by klippie
Hallo dames

Ek het net gou 'n vinnige vragie vir die dames in die Kaap: As ek 08h30 op 'n weeksoggend vanaf die lughawe ry, en die verkeer is soos dit altyd is, hoe lank sal dit my vat om by die Akliniek te kom?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #247292 by Twinkle
Maretha - sterkte met jou 2 weke wag ...

Lagogies - nog net die naweek dan toets jy???

Bytjie jy gaan vlg week dr toe of nog n week?

Dink sommer aan elke een van julle - geniet die naweek!!!

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #247278 by Chrizzie
Sterkte Maretha!

Lagogies, ek is seker dis jou maand!

Bea, ons weet nog nie wanneer ons weer gaan probeer nie. Voel nog nie gereed nie... Daai Tim Noakes dieet werk regtig. Lees bietjie oor die PCOS stukkie. My man het al amper 10kg verloor. Ek volg dit nie so streng nie, maar het al 3kg verloor. Ons eet steeds so nou en dan pizza en so. 'n Vriend van ons het al 15kg verloor en sy cholestrol is af en dit met al die volroom van als!

Hallo aan al die ander dames! Mis dit soms om te kan saam praat oor scans en medikasies en en en, maar dink dis bietjie my beurt om vir julle te kan bid.

My neef-hul se tweeling is die week gebore op 32 weke. (Natuurlik is ek so bietjie jaloers) Ek is alweer opdaai punt wat ek nie babatjies wil sien nie en dit vir my erg is om te hoor as iemand anders swanger is- alhoewel jy bly is vir hulle... maar mens gaan mos maar deur sulke fases.

Dis amper naweek! Ons gaan bietjie Sound of Music kyk!

Lekker middag!

:heart:

TTC since January 2011
Me -30, PCOS - not ovulating
DH- 30, everything fine
#1 IUI June 2012 BFN
Hysteroscopy and Laparoscopy March 2013
#2 IUI June 2013 BFN
#3 IUI July 2013 BFN
#1 IVF ICSI September 2013 BFN (4 frosties)
#2 IVF FET - December 2013 BFP, early mc
#3 IVF FET - December 2014 BFP! Praying for our miracle!
EDD: 31 August 2015
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account