Sjoe, almal was gister weer op….lekker !!! Ek probeer nou al ‘n rukkie om op te vang, maar sukkel met al die werkstake tussen deur. Skies julle, lyk my ek kan nie meer kort post nie.
Liz, lekker, baie geluk met jul 1ste huweliks herdinking !!
Hi Tienks, shame arme kat. Hoop sy is gou beter en hoop die rekening is bekostigbaar.
Hi Kriek, lekker om van jou te hoor en ek is bly om te hoor dit gaan goed. Geluk met die nuwe werk.
Charlaine, jy kan maar gerus meer kom in loer. Geluk met die kamer skuif van sussa !
Marie, wow net 15 weke oor, dis so min en na Desember is dit nog minder. En wow, maar jy is klein !! Love jou boepie phodie !!
Beertjie, bly jy kon so plek kry. Nee, myne pyn nie, maar ek het so nou en dan ‘n gevoel van alles raak net skielik beknop hierbinne en dan gan dit weer weg. Elke swangerskap is mos maar anders. Soos ek van die ander dames verstaan het, is daar maar net sekere mense wat rekmerke kry en ander nie. Dis in mens se gene blykbaar.
Karin, wow, jou pensie is ook pragtig, nee man moenie skaam voel nie, dis ‘n klein wonderwerkie wat jy dra, hoe ronder hoe beter.
Daarsy Slakkie, sê hulle !! PS: Ek is so bietjie jaloers op groter preggy bellies, ek wou ook ‘n grote gehad het, sodat almal kan sien ek is swanger. Miskien groei hy nog, het darem in die laaste week lekker gegroei.
Strikkels en Slakkie, hoop julle voel more beter, maar julle mag maar gatvol voel as julle wil – help tog nie om dit in te hou nie !!
G, geniet jou kuier !!
Hi Morgs
Hoop nie ek het iemand vergeet nie.